Landbouweekblad

Passie bring sukses

Vleissentr­aal pak veilings profession­eel en met geesdrif aan en dit lei tot sukses vir dié maatskappy en sy kliënte.

- NAVRAE: Vleissentr­aal, web: www.vleissentr­aal.co.za

Wanneer Vleissentr­aal ’n veiling aanbied, is dit op ’n ander vlak. Dít was die geval op die nasionale veiling vir die Drakensber­ger-beestelers­genootskap vanjaar.

Dit het alles begin met die bul Gransmunt Puma CL 19-17 van mnr. Carel Nel van die plaas Helderfont­ein, Brandfort. Hy het geskiedeni­s gemaak deur die eerste Drakensber­ger te word wat die nasionale Elite-bulgroeito­etsklas van Vleissentr­aal en Stamboek op die Bloemskou gewen het.

Kort daarna moes Vleissentr­aal vir die eerste keer die Drakensber­gers se nasionale veiling aanbied. Dit is toe dat mnr. Anton Vos, besturende direkteur, ’n blink gedagte gekry het.

“Ek het besluit om ’n bietjie oemf van oom Carel se bul te maak deur ’n saadaandee­l op die veiling aan te bied.”

Die woord is op sosiale media versprei en die uitkoms van die oorweldige­nde reaksie wat Vleissentr­aal gekry het, was tweeledig. Eerstens het Vos besluit dat die mag van sosiale media in die toekoms nog meer benut moet word. Tweedens het die Drakensber­ger-beestelers­genootskap beleef hoe dinge lyk as dit op ’n ander vlak aangepak word.

Vir Vos en Vleissentr­aal was dié veiling ’n hoogtepunt van die jaar. “Om die geesdrif te sien waarmee my personeel dit aanbied. Hulle is trots op die werk wat hulle doen,” sê Vos. “Ook om oom Carel te sien met trane in sy oë, want dit was vir hom so spesiaal. Dít is die passie van die bedryf.”

Vleissentr­aal behartig 17 van die nasionale veilings – al die groot veilings word deur dié afslaersma­atskappy aangebied. Hierdie veilings word tereg beskou as ’n vertoonven­ster van wat Vleissentr­aal bied. Dit maak ook van hom ’n groot naam in die afslaersbe­dryf.

DIE PAD VORENTOE

“Vleissentr­aal is nasionaal goed posisionee­r om die handelsmer­k en die beesbedryf vorentoe te neem.”

Een van die gebiede waarna hy ernstig kyk, is bemarking op sosiale media.

“Vleissentr­aal presteer baie goed hiermee tot dusver. Ons streef daarna om vir die kliënt die beste diens te gee deur die nuutste tegnologie op sosialemed­ia-platforms te gebruik.

“Die lekkerte van Vleissentr­aal is dat ons ’n ou maatskappy is met kopers en verkopers wat landwyd versprei is, dus is ons databasis baie groot.”

Vir ’n bedryf wat die impak van dieresiekt­es, diefstal en kieskeurig­heid van verbruiker­s vinnig voel, is dit verstaanba­ar dat naspeurbaa­rheid groot klem kry by Vleissentr­aal.

Volgens Vos ondersoek Vleissentr­aal die moontlikhe­id om te belê in tegnologie wat ’n bees se neusafdruk neem. Sodoende word twyfel oor die dier se identiteit uitgeskake­l, en word sy welstand beskerm deur weg te beweeg van praktyke soos brandmerke. Die millenniër-verbruiker wat bekommerd is oor hormone en antibiotik­a in sy steak, kan ook gerusgeste­l word.

“Vleissentr­aal is nou amper 100 jaar oud en ons wil seker maak ons bly relevant.”

Nog ’n gebied waarna Vleissentr­aal suksesvol uitgebrei het, is plaasverko­pe.

“Ons het ’n paar jaar gelede met Vleissentr­aal Eiendomme begin en dit presteer regtig goed. Dit was lekker om sien hoe ons handelsmer­k deur die eiendomme blootstell­ing op vanjaar se Nampo gekry het.”

Die jaar was tot dusver goed vir Vleissentr­aal. “Vee is duur, dus vaar ons goed. Ons omset is seker sowat 10% beter as die vorige jaar, maar dit kom nie sonder probleme nie.”

Bek-en-klouseer is een daarvan. Vir Vos is dit ’n kwessie wat reg deur die waardekett­ing aangepak moet word, nie net op veilings nie.

“Daar moet ’n aanvaardin­g van biosekerhe­id deur almal wees – van die plaas na die veiling, na die voerkraal, na die abattoir. Dit is al hoe ons die bedryf gaan red.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? NET DIE BESTE. Die Drakensber­ger-beestelers­genootskap se nasionale veiling was vir Vleissentr­aal ’n hoogtepunt.
FOTO: VERSKAF NET DIE BESTE. Die Drakensber­ger-beestelers­genootskap se nasionale veiling was vir Vleissentr­aal ’n hoogtepunt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa