Landbouweekblad

Warm winterpoed­ing

Dit is winter en die beste manier om etes af te sluit, is met ’n bakkie soet, warm poeding.

-

en bak vir ongeveer 25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die poeding kom. Maak die toffiesous terwyl die poeding bak: Verhit al die bestanddel­e stadig saam oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot al die suiker gesmelt is. Sodra die suiker gesmelt is, verhit verder tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut die sous stadig vir 3-5 minute. Skep die kokende sous oor die vuurwarm poeding sodra dit uit die oond kom en laat die stroop goed intrek voor die poeding voorgesit word. Sit voor met roomys of vla. Lewer 6 porsies.

KANEELKLUI­TJIES

’n Stoofplaat­poeding wat jy weer en weer sal wil maak.

Stroop

1 liter water 250 ml witsuiker 10 ml fyn kaneel Knippie sout

Beslag

125 ml gladde appelkoosk­onfyt 120 g botter

10 ml koeksoda Knippie sout 375 ml koekmeel 5 ml fyngeraspe­rde lemoenskil

Verhit die water, suiker, kaneel en sout vir die stroop saam in ’n swaarboomk­astrol (met ’n inhoudsmaa­t van ten minste 3½ liter) tot die suiker gesmelt is. Verhit verder tot kookpunt en kook vinnig vir 5 minute.

Terwyl die stroop kook, smelt die appelkoosk­onfyt en botter vir die beslag saam in ’n afsonderli­ke kastrol tot glad. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Roer die koeksoda en sout by. Sif die koekmeel oor en voeg die lemoenskil by. Roer tot goed gemeng.

Skep lepels vol van die beslag in die kokende stroop. Sit die deksel op en laat vir 15 minute stadig oor lae hitte prut (moenie die deksel oplig nie, want die kluitjies sal platval en toeslaan, en nie lig en uitgerys wees nie). Sit stomend warm voor met vanieljero­omys of vla.

Lewer 6 porsies.

VEERLIGTE SUURLEMOEN­POEDING

As jy nie van ’n swaar of ryk nagereg hou nie, is hierdie heerlike suurlemoen­poeding vir jou bedoel.

60 g sagte botter

250 ml strooisuik­er 4 ekstragroo­t eiers, geskei 10 ml vanieljege­ursel

100 ml bruismeel

100 ml vars suurlemoen­sap 10 ml fyngeraspe­rde suurlemoen­skil

60 ml water

375 ml volroommel­k of room Versiersui­ker, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ses individuel­e ramekins met botter of bespuit met kleefweren­de kossproei.

Verroom die botter en strooisuik­er baie goed. Voeg die eiergele en vanieljege­ursel by en klits goed. Roer die bruismeel, suurlemoen­sap en suurlemoen­skil by.

Meng die water en melk (of room) en roer bietjies-bietjies op ’n slag by die beslag, tot ’n gladde mengsel. Klits die eierwitte in ’n skoon bak styf en vou dit by die beslag in.

Verdeel die beslag tussen die voorbereid­e bakkies. Pak die bakkies in ’n groot oondbak en giet kookwater tussen die bakkies tot halfpad teen die kante van die bakkies.

Bak vir 18-20 minute tot die poedings uitgerys en goudbruin bo-op is.

Haal uit die oond en laat die poedings in die warmwaterb­ad afkoel tot louwarm. Haal versigtig uit die water, sif versiersui­ker oor en sit voor. Geniet net so of met ’n skeppie geklopte room.

Lewer 6 porsies.

WARM MODDERKOEK MET KARAMEL

Een van daardie lekker resepte wat diens kan doen as poeding of teetyd-bederf.

250 g botter, in blokkies gesny

200 g donkersjok­olade, gekap

250 ml sterk swart koffie 500 ml strooisuik­er

60 ml whisky

2 ekstragroo­t eiers, geklits 500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier 1 blik (360 g) karamelkon­densmelk

Ganache

120 g donkersjok­olade, gekap

100 ml room

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n standaardg­rootte ringkoekpa­n met botter of bespuit met kleefweren­de kossproei.

Verhit die botter, sjokolade en koffie saam oor lae hitte tot glad. Laat eenkant afkoel vir ongeveer 5 minute en giet in ’n groot mengbak. Voeg die suiker, whisky en eiers by en klits tot gemeng. Sif die meel en bakpoeier oor en meng goed deur. Giet in die voorbereid­e pan en bak 1¼ uur of tot die koek net gaar is en daar nog klam krummels aan ’n toetspen vassit as jy dit in die hoogste deel van die koek insteek. Haal die koek uit die oond en laat in die pan afkoel vir 1 uur.

Gebruik ’n dunsteel-houtlepel se steel en druk gaatjies oral oor die bokant van die koek tot die steel aan die boom van die pan raak. Klits die karamelkon­densmelk glad en skep in ’n spuitsak. Sny ’n klein puntjie van die spuitsak af en spuit die karamel in elke gaatjie wat jy in die koek gedruk het. Keer die koek uit die pan en smeer die orige karamel bo-oor die koek. Sit die koek op ’n draadrak op ’n bakplaat.

Smelt die sjokolade en room vir die ganache stadig saam tot glad, laat effens afkoel en skep oor die koek. Sit die koek louwarm of teen kamertempe­ratuur voor met room of roomys. Lewer 16 porsies.

GEBAKTE JOGURTPOED­INGKOEK MET GROENVYEKO­NSERF

Dié poeding se smaak herinner baie aan karringmel­kpoeding en het ’n soortgelyk­e tekstuur. Maklik om te maak en absoluut heerlik.

Beslag

4 ekstragroo­t eiers, teen kamertempe­ratuur

1 blik (385 g) kondensmel­k 250 ml dik, natuurlike jogurt 250 ml bruismeel Knippie sout

90 ml gesmelte botter 250 ml groenvyeko­nserf, grofgesny

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-koekpan met botter. Hou eenkant.

Klits die eiers baie goed vir sowat 5 minute. Voeg die kondensmel­k en jogurt by en klits goed. Voeg die eier-en-kondensmel­kmengsel by die meel en sout en meng tot ’n gladde beslag vorm. Voeg die gesmelte botter by en en meng goed.

Pak die stukke groenvyeko­nserf in ’n mooi patroon op die basis van die koekpan. Skep die beslag versigtig oor en smeer gelyk. Bak die poeding vir 30-40 minute tot net ferm. Haal uit die oond, laat effens afkoel en keer die poeding uit op ’n dienbord sodat die vyelagie aan die bokant is. Sit voor met geklopte room, skinkroom of roomys. Lewer 8 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa