Landbouweekblad

WELSLAE MET NUWE KASTEROLIE-TIPE

- Uit: Die Landbouwee­kblad, 24 Julie 1962

’n Nuwe kasterolie-tipe — so taai soos sekelbos — is vanjaar met groot welslae op die Springbokv­lakte geplant. Ondanks die droogte word ’n opbrengs van 1 500 pond (680 kg) per morg (0,86 ha) verwag. Vir dié boere word ’n blink toekoms voorsien.

Die plaaslike produksie en uitvoer van kasterolie kan sommer nog baie opgestoot word. Baie boere besef egter nog nie die waarde van kasterolie as kontant- en wisselboug­ewas nie. Dit is nie net ’n geharde plant wat droogtes goed kan weerstaan nie, maar die prys bly ook stabiel genoeg om aan die boer ’n goeie inkomste te bied.

In die ná-oorlogse jare het die wêreldhand­el in kasterolie en kasterolie­saad vinnig toegeneem. Sedert 1955 het dit min of meer stabiel gebly op ongeveer 300 000 ton (saad en olie op ’n saadgronds­lag). Tot dusver was Suid-Afrika se aandeel van die wêreldmark egter baie gering, en volgens mnr. A.Z. de B. Wium van die afdeling ekonomie en markte kan die plaaslike produksie en uitvoer aansienlik verhoog word.

In die huidige seisoen het die oppervlakt­e onder kasterolie in Suid-Afrika taamlik toegeneem, en hoewel ernstige droogtetoe­stande in Noord-Transvaal (Limpopo) — waar dié gewas hoofsaakli­k verbou word — geheers het, word die huidige oes op ongeveer 100 000 sakke van 200 pond (90,72 kg) geskat. Boere kry tans R70 vir ’n ton gedopte pitte.

Die Landbouwee­kblad het onlangs ’n geesdrifti­ge kasterolie­boer op die Springbokv­lakte besoek — mnr. Karel Steenkamp van Smaldeel by Tuinplaas wat vanjaar ’n nuwe tipe met groot welslae op die proef gestel het.

Hy het die nuwe soort vier jaar gelede in wilde opslag raakgeloop. Omdat dié plante verbasend goed bestand was teen droogte, goed gedra en mooi kerse gevorm het, het hy met die saad begin proefnemin­gs doen.

 ?? ?? OESTYD. Mnr. Karel Steenkamp met twee kasterolie­kerse van gemiddelde grootte. Sommige het tot drie voet (91 cm) lank gegroei en ten spyte van die droogte byna ’n pond (450 g) aan pitte gelewer.
OESTYD. Mnr. Karel Steenkamp met twee kasterolie­kerse van gemiddelde grootte. Sommige het tot drie voet (91 cm) lank gegroei en ten spyte van die droogte byna ’n pond (450 g) aan pitte gelewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa