Landbouweekblad

‘VOORVAL SPREEK BOEKDELE OOR SA SE POLISIËRIN­G’

-

Sy onderonsie met mnr. Bheki Cele, minister van polisie, spreek boekdele oor hoe Suid-Afrika se polisiërin­g besig is om in duie te stort, sê mnr. Ian Cameron van die drukgroep Action Society.

Cameron is verlede week deur vyf lede van die polisie se eenheid vir openbare polisiërin­g uit ’n vergaderin­g tussen Cele en die gemeenskap van Gugulethu en Nyanga in Kaapstad verwyder nadat Cameron die minister warm onder die kraag gemaak het met sy vrae.

Cele het Cameron gedurende die vergaderin­g herhaaldel­ik beveel om stil te bly en ook gesê dat hy nie gaan luister na iemand wat hom “steeds as ’n tuinjong beskou nie”.

Cameron sê dit is eerstens kommerwekk­end dat ’n minister van polisie só reageer en dat ’n “bende uitsmyters in uniform” hom dan boonop uit die vergaderin­g verwyder het net omdat hy feite genoem het.

“Dit sê vir jou hier is ’n ernstige probleem met politieke inmenging in polisiërin­g en hier is ’n wesenlike probleem met leierskap. Hoe kan ons verwag om misdaad op grondvlak te bekamp as dít die tipe leierskap is wat ons het?” DANA DU PLESSIS skryf: Dit is hoog tyd dat hy (Cele) tot orde geroep word.

PAULA BARNARD HERBST skryf: Hy is ’n ongeskikte rassis. Beledig tuinwerker­s . . . Ons tuinwerker het beslis beter maniere.

PIETER BESTER skryf:

Cele moet aftree. Sy senuwees gee nou duidelik sigbaar in omdat hy besef hy kan nie sy werk doen nie. Maar hy wil dit nog nie erken nie en kry te skaam om self te loop. NEIL WILLIAMS skryf: Ek haal my hoed af vir Ian Cameron!

WYNAND DU PREEZ skryf: Kaderontpl­ooing op sy beste (lees slegste). Dit is ’n erge onding wat stopgesit moet word. Stel net eenvoudig bevoegde mense aan, dan sal dinge soveel beter gaan.

JOHANN MOUTON skryf: Sy optrede gaan die ANC vir seker nog ’n paar stemme kos in die volgende verkiesing.

AMALINDA OLIVIER skryf: Hy het bewys dat hy nie geskik is vir sy pos nie. ’n Mens beledig nie ander mense só nie.

HANNA NEL skryf: Swak karakter, met geen waarde vir die polisie nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa