Landbouweekblad

SIKLIESE BOERDERY ÁL GENADE IN TAAISTE WOESTYNLAN­D

-

Die tydige aanpassing van veegetalle volgens die beskikbare weiding is ál wat sukses verseker in die dorre suide van Namibië. In ’n deel waar veeboere dikwels met minder as 50 mm reën per jaar tevrede moet wees, gedy mnr. Nico Strauss teen die verwagting in.

Boerdery in Suider-Afrika is meestal nie maklik nie, maar in die suide van Namibië is dit nóg moeiliker en produsente moet op ’n spesiale manier boer. Net ’n handjie vol boere kan in sulke uiterstes vooruit boer.

Soos mnr. Nico Strauss van Velloor die streek beskryf: Die taaiste van taai toestande, waar die afgelope somer se 150300 mm reën as uitermate baie bestempel word. Soms is hulle net 40-50 mm in ’n hele jaar beskore.

Kennis van die omgewing en sy beperkings is voorvereis­tes om hier te seëvier. Saamstaan en mekaar help moet deel van sulke boere se lewenswyse wees. DroogVello­ordrif-grenspos tehulp word sorgvuldig verdeel en boere help mekaar oor en weer met weiding.

“Anders kan ons maar oppak en trek, want niemand kan die mas alleen opkom nie,” sê Strauss wat met Dorpers en beeste by Velloor, 20 km noord van die tussen Namibië en Suid-Afrika, boer. Die verste dele van sy groot veeplaas is 50 km van mekaar. Hy het ook besproeiin­gsgrond verder stroomop in die rigting van die Nakop-Ariamsvlei-grenspos.

Velloor is ’n Vlaamse woord wat “fluweelagt­ige gelykte” beteken, en verwys na die indruk wat ’n mens ná ’n goeie reënjaar kry wanneer jy deur Strauss se veld ry. Die grashalms lyk amper fluweelagt­ig.

Van só ’n sagtheid is daar egter min sprake in hierdie klipharde gebied. Dit het ’n jong Strauss van meet af aan agtergekom toe hy in 1993 gaan boer het ná sy studie vir die graad BCom in finansiële rekeningku­nde aan die Universite­it Stellenbos­ch.

“Hier aard net aangepaste Dorpers en

 ?? FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN,
TENSY ANDERS VERMELD ?? DORPERKRAG. Menige boer sal ’n ander ras as die Dorper aanbeveel, maar vir mnr. Nico Strauss is dit die ras wat vir hom die beste werk op sy plaas in die klipharde suide van Namibië.
FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN, TENSY ANDERS VERMELD DORPERKRAG. Menige boer sal ’n ander ras as die Dorper aanbeveel, maar vir mnr. Nico Strauss is dit die ras wat vir hom die beste werk op sy plaas in die klipharde suide van Namibië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa