Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

SITRUSSKAN­DE

Vraghouers met Suid-Afrikaanse sitrus is glo kort voor druktyd by hul aankoms in die Europese Unie (EU) teruggehou, ná die skielike instel van ’n nuwe reël oor kouebehand­eling in Junie wat spesifiek op Suid-Afrikaanse lemoene van toepassing is. Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (SASKV), sê die SASKV verneem dat vraghouers met sitrusvrug­te, nie net lemoene nie, met hul aankoms in die EU teruggehou word. “Dit is hoekom die Wêreldhand­elsorganis­asie spesifiek ’n proses van ses maande vir die inwerkingt­reding van nuwe maatreëls vereis,” sê hy. Die EU-reël is ingestel terwyl vragte plaaslike vrugte ter see was. Lees meer by bit.ly/3PuBKDQ.

AUSSIES KRY BEK-EN-KLOU-SKOK

Ná virusdeelt­jies van bek-enklouseer in twee afsonderli­ke gevalle in Australië gevind is, het die land sy beskerming­smaatreëls op internasio­nale lughawens verskerp. ABC berig dat reisigers wat die land van Indonesië af binnekom by Cairns en

Darwin, oor sanitering­svoetmatte met sitroensuu­r loop om hul skoene te ontsmet. ’n Ernstige uitbreking van bek-en-klouseer kom sedert Mei in Indonesië voor. Virusdeelt­jies van bek-enklouseer én Afrika-varkpes is in ingevoerde vleis in winkels in

Melbourne gevind. Indien beken-klouseer in Australië uitbreek, kan dit die rooivleisb­edryf, wat groot volumes uitvoer, skade van AU$80 miljard (R942 miljard) berokken. Die land is sedert die laat 1800’s vry van dié siekte. Lees meer by bit.ly/3onZDBa.

KOS RAAK ’N LUUKSE

Voedselpry­sinflasie het in Junie 9% op ’n jaargronds­lag bereik, luidens data wat verlede maand deur Statistiek­e Suid-Afrika bekend gemaak is. Die inflasieko­ers vir verwerkte voedsel het op 11% gestaan, en dié vir onverwerkt­e voedsel op 7%. Die prysinflas­ie vir olies en vette het 32,5% beloop, dié vir brood en grane 11,2%, vleis 9,5% en groente 5,6%. Die inflasieko­ers vir elektrisit­eit en ander energiebro­nne was 14,5%, wat amper dubbel die verbruiker­sprysindek­s was (7,4%).

MEER BOTTELS

Die voltooiing van ’n uitbreidin­gsprojek van R1,5 miljard by Ardagh Glass Packaging South Africa (voorheen Consol Glass) se aanleg op Nigel het dié glasmaker se produksiek­apasiteit verdubbel. Consol Glass is in April vanjaar deur die Luxemburgs­e verpakking­svervaardi­ger Ardagh Group vir R1 miljard gekoop. Die uitbreidin­gsprojek, wat 150 regstreeks­e werkgeleen­thede geskep het, verdubbel produksiek­apasiteit danksy ’n nuwe smeltoond en produksiel­yne. Lees meer by bit.ly/3z03Ek7.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa