Landbouweekblad

TRANSVALER­S EET VARS DRUIWE IN DIE WINTER

-

Vars druiwe in die hartjie van die winter – dít is jongste prestasie van die Noord-Transvaals­e Laeveld. Dit het deesdae in Transvaal al byna spreekwoor­delik geword om te sê dat die noorde altyd met iets nuuts vorendag kom, want in die afgelope jare het hierdie streek die een verrassing ná die ander opgelewer.

Dit was sommer nou die dag toe die waarde van NoordTrans­vaal as ’n beesboerde­rystreek eers werklik op die voorgrond getree het. Met die bou van ’n dam in die vrugbare Njeleleval­lei het groente, sitrus en subtropies­e vrugte in ’n ál dikker stroom van agter die Soutpansbe­rg na die vernaamste markte in die Unie begin vloei. En nou eindelik iets wat ’n mens in baie minder ander lande van die wêreld kan regkry – vars druiwe in die hartjie van die winter!

Enkele jare gelede was die aankoms van ’n klein besending druiwe in die middel van die winter op die Johannesbu­rgse mark voorbladnu­us. Hierdie druiwe het uit die Njeleleval­lei gekom en hulle was die voorloper van ’n bedryf wat nog groot moontlikhe­de inhou.

Aanvanklik het mense skepties teenoor hierdie winterdrui­we gestaan en daar is gesê dat dit maar net ’n buitengewo­ne seisoen of ’n frats was. Ander het gesê dat die smaak nooit goed sal kan vergelyk met dié van die somerprodu­k nie, want wie het nou al ooit van druiwe in die winter gehoor.

Vandag, ná net ’n paar jaar, het winterdrui­we nie net ’n werklikhei­d geword nie, maar dit is vinnig op pad om een van die vernaamste boerderyve­rtakkings agter die Soutpansbe­rg te word.

Wanneer die geskiedeni­s van dié winterduif­boerdery eendag geskryf word, sal die naam van een man daarin in hoofletter­s verskyn – mnr. Bertie Knott. Toe ’n verteenwoo­rdiger van Die

Landbouwee­kblad onlangs sy plaas besoek het, was hy verstom om niks minder nie as 25 morg (21,4 ha) onder verskillen­de druiwe aan te tref, en nog meer winderd word aangeplant.

Hoewel in die middel van die winter het die wingerd vol swaar trosse gehang, byna gereed vir versending na die mark.

 ?? ?? SOETHEID UIT DIE LAEVELD. Die bestuurder van die druiweplaa­s, ene mnr. Van der Schyf, hier in die wingerd by ’n paar mooi trosse Hanepoot.
SOETHEID UIT DIE LAEVELD. Die bestuurder van die druiweplaa­s, ene mnr. Van der Schyf, hier in die wingerd by ’n paar mooi trosse Hanepoot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa