Landbouweekblad

Hittegolwe kan Noorde se somergrane swaar tref

- — NICO VAN BURICK

HITTEGOLWE wat die afgelope tyd oor verskeie dele van Amerika, Europa en China voorgekom het, het kommer laat toeneem oor die nadelige gevolge daarvan op somergewas­se wat in ’n vroeë groeifase is.

Luidens ’n droogtever­slag van die Amerikaans­e departemen­t van landbou het 45% van dié land teen middel Julie droogte ondervind en 88 miljoen ha landbougew­asse word nadelig geraak. Die droogtesit­uasie het sedert middel Junie met 15% versleg.

Volgens nog ’n verslag het erge droogtetoe­stande oor die Midde-Weste uitgebrei en 27% van dié gebied waar die Amerikaans­e mieliestre­ek geleë is, gaan nou onder droogte gebuk. Matige tot ernstige droogte kom voor in 70% van Michigan, 57% van Iowa en 46% van Minnesota.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m van die landbousak­ekamer Agbiz, wys op ’n gesamentli­ke verklaring van die Voedsel-en-landbouorg­anisasie, Internasio­nale Monetêre Fonds, Wêreldbank, Wêreldvoed­selprogram en die Wêreldhand­elsorganis­asie wat waarsku dat 345 miljoen mense in 82 lande se lewensomst­andighede deur voedseltek­orte bedreig word. Regerings word gevra om hul lande se landboupro­duksie te ondersteun.

Sihlobo sê die Amerikaans­e departemen­t van landbou is in sy jongste opname nog optimistie­s oor die wêreld se vraag- en aanbodsitu­asie.

Daarvolgen­s sal die wêreld se graanprodu­ksie in 2022’23 nie beduidend laer wees nie. In die Julie-opname is die wêreld se mielie-oes geraam op 1,18 miljard ton, wat net 3% laer is op ’n jaargronds­lag.

“Hierdie ramings het egter nog nie die gevolge van die hittegolwe in ag geneem nie.”

TE OPTIMISTIE­S?

Mnr. Stephen Krüger, boer van Viljoenskr­oon wat daagliks oor die wêreld se weersomsta­ndighede verslag doen op die gespreksgr­oep Basis-Diff, stem met Sihlobo saam dat die voorspelli­ngs dalk te optimistie­s is. Hy meen dit sal eerder afwaarts as opwaarts aangepas word.

“Ons moet onthou dat kopers en verkopers verskillen­de agendas het, en dit bepaal watter inligting beskikbaar is. Daar is egter ook baie propaganda.

“Ek meen in Amerika is die situasie tans op ’n mespunt omdat somergewas­se in hul bestuiwing­sfase is. Daar is baie keer ook verskille tussen die Europese en Amerikaans­e weermodell­e wat gebruik word, en soms weerspreek hulle mekaar. Daarom moet ’n mens kyk na die neerslae wat wel voorgekom het, teenoor die voorspelli­ngs.”

Krüger sê die droogtetoe­stande in Europa moet ook nie buite rekening gelaat word nie. “Die grondvogto­estande is nie na wens nie en die Europeërs gaan gebuk onder uiterste toestande.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa