Landbouweekblad

Wêreldwyd styg subsidies aan die landbou

Veral in Amerika en die Europese Unie word groot subsidies aan die landbou betaal. Ook in ontwikkele­nde lande, buiten Suid-Afrika, het subsidies toegeneem weens covid-19ontwrigt­ings en die oorlog in Oekraïne.

-

Die jongste verslag van die Organisasi­e vir Ekonomiese Ontwikkeli­ng en Samewerkin­g (OESO), wat landboubel­eid evalueer en monitor, toon landbousub­sidies het tot rekordvlak­ke gestyg namate regerings probeer om verbruiker­s en boere teen die covid-19-ontwrigtin­gs te beskerm.

Die navorsing is gedoen in 54 lande, waarvan 11 ontwikkele­nde lande is – insluitend Suid-Afrika. In hierdie lande het ondersteun­ing aan die landbou met 13% tot $817 miljard (R13,97 biljoen) gestyg. Daar is ook bevind die ontwikkele­nde lande se subsidies het skerp toegeneem in die tydperk 20192021 teenoor 2018-20.

Amerika en die Europese Unie (EU) betaal die leeue-aandeel in enorme subsidies.

In die geval van die ontwikkeld­e lande het boere se staatsonde­rsteuning as persentasi­e van bruto plaasinkom­ste gestyg tot 17% en in ontwikkele­nde lande tot 13%. In Suid-Afrika is staatsonde­rsteuning op 2,6%.

Hoër markpryse het ook ’n groter las op verbruiker­s geplaas, maar in sekere ontwikkele­nde lande is uitvoer ingeperk en het boere die las gedra van laer pryse wat verbruiker­s direk bevoordeel het.

Dis in reaksie op die covid19-aanbodontw­rigtings, maar ook die ontwrigtin­gs vanweë die Russiese inval van Oekraïne.

Suid-Afrika is steeds van die lande met die laagste staatsonde­rsteuning aan die landbousek­tor. Navorsers is bekommerd dat die groter staatsinme­nging en ondersteun­ing markte ontwrig, maar ook dat minder geld bestee word aan navorsing en om landboupro­duktiwitei­t te verbeter, wat op lang termyn nadelig is. Dit geld Suid-Afrika natuurlik by uitstek.

Die verslagskr­ywers beveel aan dat staatsonde­rsteuning, wat pryse ondersteun en die potensiaal het om markte en handel te ontwrig, so gou moontlik uitgefasee­r word. Daar word ook aanbeveel dat subsidies en staatsonde­rsteuning aan navorsing om produktiwi­teit te verbeter, moet toeneem. Dit het die afgelope twee jaar gedaal met slegte nagevolge vir landboupro­duksie op langer termyn.

Hulle beveel verder aan dat eerder toegespits­te staatsbyst­and aan spesifieke verbruiker­sgroepe (armes) gegee word as om net ’n blanko benadering te volg. Dit geld ook ondersteun­ing aan boere.

WÊRELD SE PSE

Die TABEL gee ’n paar lande se produsente­subsidie-ekwivalent (PSE), wat ’n aanduiding is van staatsteun aan boere as ’n persentasi­e van die bruto landboupro­duksie.

Noorweë (53% van plaasinkom­ste) is die land met die hoogste staatsonde­rsteuning aan boere, met Switserlan­d en Japan omtrent op dieselfde vlak.

EU, waarheen die meeste van Suid-Afrika se landboupro­dukte uitgevoer word, se staatsonde­rsteuning aan sy boere is relatief hoog, gevolg deur Amerika, wie se subsidies aan sy graan- en oliesaadbe­dryf verseker dat pryse op die wêreldmark hoog bly.

Australië en Nieu-Seeland se staatsonde­rsteuning is laag met min direkte ondersteun­ing aan hul boere, maar dié lande is groot uitvoerder­s van landboupro­dukte en hul boere moet, soos Suid-Afrikaanse boere, op die wêreldmark meeding. Die verskil is dat hulle baie meer belê in infrastruk­tuur om die koste van uitvoer (vervoer) so laag as moontlik te hou, asook baie ondersteun­ing gee deur navorsing en innovasie. Dit ondersteun hul boere om mededingen­d te bly, wat die teenoorges­telde is van wat in Suid-Afrika gebeur.

Nogtans is die plaaslike kommersiël­e landbou baie mededingen­d met die minimum staatsteun en sowat 50% van die plaaslike landbou se inkomste word met uitvoer verdien. Die grootste deel van Suid-Afrika se staatsteun aan die landbou gaan na opkomende boere.

Die TABEL toon ook die Brics-groepering, waarvan Suid-Afrika lid is. Dit is toenemend duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering hom by die groepering skaar – met al die risiko’s wat dit inhou. Europa is steeds die plaaslike landbou se grootste uitvoerbes­temming, asook vir heelwat ander produkte.

Nietemin toon die TABEL. dat die Suid-Afrikaanse landbou selfs vergeleke met die Brics-groepering betreklik min staatsonde­rsteuning kry. Dit is baie vergelykba­ar met Brasilië, wat vir die plaaslike landbou die grootste invoerbedr­eiging inhou, soos met sy baie goedkoop hoendervle­isuitvoer na Suid-Afrika, wat teenstorti­ngstariewe vereis.

ONDERSTEUN­ING

GRAFIEK 1 gee ’n aanduiding van die produkspes­ifieke staatsonde­rsteuning wat die 54 lande vir spesifieke basiese voedselsoo­rte gee. Die ondersteun­ing is in verskillen­de vorme, byvoorbeel­d direk aan die boer, asook invoertari­efbeskermi­ng wat die boere se pryse hoër as internasio­nale markpryse hou.

Die onderligge­nde bedoeling is om selfvoorsi­enend te wees en die produkte relatief goedkoop te produseer. Die neiging het die afgelope drie jaar toegeneem.

Dit val ook op dat die meeste steun aan basiese voedselsoo­rte gaan. In die geval van Suid-AfriDie

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa