Landbouweekblad

Winsgewend­er beeste, vinniger! KORTOM

- cvanrooy@landbou.com CHARL VAN ROOYEN

Die wetenskap bestaan reeds om die produktief­ste diere al as kalwers te identifise­er. Maar sonder behoorlike wegings en metings en die aantekenin­g van dié data sal genetiese vordering in die stoeterybe­dryf net ’n droom bly. Die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, mnr. Riaan Theron, vertel hoe hy voor bly met die bestuur van sy Brahman-stoetery.

Die kombinasie van presiese meting, ’n eksperimen­tele benadering en ’n gesoute sakebrein het daartoe gelei dat ’n “aftreeboer­dery” die een eerbewys ná die ander opraap.

Nie net is mnr. Riaan Theron as Molatek, Landbouwee­kblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar aangewys nie, maar hy het ook reeds Breedplan se vyfster-eerbewys vir pres-tasietoets­ing vir sy wit én sy rooi kudde ontvang.

Theron en sy vrou, Helena, boer op die plaas Italie naby Koppies in die Noorduit

■ Danksy akkurate metings en presisie-beginsels is mnr. Riaan Theron se “aftreeboer­dery” ’n suksesvoll­e, gespesiali­seerde besigheid wat snelle genetiese vooruitgan­g bereik.

■ Om aan die voorpunt van vordering te bly, soek hy self nuwe teelmateri­aal in Amerika en Australië, en hoewel hy stamboomin­ligting bestudeer, verkies hy ook om bulle fisiek te bekyk.

■ Ligloop vir die ooraanbod goedkoop bulle. Theron gebruik ’n onafhankli­ke keurder om met dié groot besluit te help.

Vrystaat waar hul RAT Brahman-stoetery die kern van die boerdery is. Hulle het ook ’n kommersiël­e vleisbeesk­udde wat verskillen­de vleisrasse saamgestel is. ’n SA Vleismerin­o-stoetery, kommersiël­e vleisskape en ’n klein lêhenboerd­ery is die jongste toevoeging­s.

Theron het in 2004 sowat 400 kommersiël­e vleisbeesk­oeie gekoop en die kudde aangehou op die plaas van ’n boer van Koppies. Kort daarna het hy die plaas Italie gekoop en sy beeste daarheen verskuif. Hy het ook 30 wit Brahman-stoetkoeie gekoop en ’n verdere 30 in ’n vennootska­p bekom. In 2006 het hy die RAT-stoetery geregistre­er.

Hy het later ook rooi Brahmane by on

 ?? ?? BUL VAN ’N BUL. Een van die stoetbulle van die RAT Brahman-stoetery van mnr. Riaan Theron. Dié oudsakeman skaar hom by Breedplan se ontwikkeli­ng van beraamde teelwaarde­s, en die insameling van die inligting vorm ’n belangrike deel van sy boerderybe­stuur.
BUL VAN ’N BUL. Een van die stoetbulle van die RAT Brahman-stoetery van mnr. Riaan Theron. Dié oudsakeman skaar hom by Breedplan se ontwikkeli­ng van beraamde teelwaarde­s, en die insameling van die inligting vorm ’n belangrike deel van sy boerderybe­stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa