Landbouweekblad

DIGTER BOORDE IN DIE TOEKOMS?

-

wikkel is vir 55 grade noord nie.”

Om kostedoelt­reffend te wees, word boere gedwing om na meganiseri­ng te kyk, maar ook om skoon bome en beter plantmater­iaal te plant.

“Skoon bome en beter plantmater­iaal kan oor die eerste tien jaar ’n gesamentli­ke opbrengs van 760 t/ha lewer, nagenoeg 388 t/ha méér as swakker bome. Teen R4 444/t kan swakker bome tot ’n verlies van R1,5 miljard vir die bedryf lei. Dit kan vir boere ’n verlies van R3,75 miljoen beteken, net omdat beter plantmater­iaal en skoon bome nie geplant is nie.”

Cook meen ook boere moet kyk na kultivars wat gepluk, verpak en verskeep kan word. “Hoekom berg ons Galas vir ses maande op? Ons moet vinniger pluk, verpak en minder koue-opberging toepas. Ons is die verskaffer in die afseisoen. Pleks van produkte opberg, moet ons eerder ons beste produkte mark toe stuur voor dit oorryp raak en te lank opgeberg word.”

BEPLAN JOU PLAAS

Ouer boorde op die plaas het ’n belangrike rol, want hulle moet waarskynli­k vooruitgan­g (nuwe boorde) finansier.

“Passassier­sboorde moet wel verdwyn. As dit nie ’n bydrae lewer nie, is daar geen nut om ’n dooie perd te skop nie. Wat ouer boorde betref, moet boere hulself egter afvra wat hulle kan doen om die klas 1-uitpakpers­entasie te verhoog,” het Krige gesê.

Een nuttige wenk is om goed te beplan sodat daar tyd is om ook by ander praktyke, soos somersnoei wat belangrik vir die gehalte van appels is, uit te kom.

Hy het boere aangeraai om met hul bemarkers

4 Augustus 2022

Mnr. Graeme Krige van Fruitmax Agri voorspel dat aanplantin­gsdigthede in die naby toekoms gaan toeneem. Dit verwys nie net na bome per hektaar nie, maar ook stamme per hektaar (sekere opleistels­els laat ruimte vir twee leiers per stam).

“Ek verwag ook hoër bome, selfs eerder hoër as wye bome. Dit geld ook eenvoudige, ligvriende­like blaredakke. Ligverspre­iding is belangrik vir gehalte en dié stelsel is ook vriendelik­er vir meganiese hulpmiddel­s, wat sal toeneem.

“Ek voorsien vrugbare onderstokk­e wat volgens die aanplantin­gsperseel gekies is, asook meer nette en weerkaatse­nde materiaal.”

Daar is talle boordstels­els wat sukses waarborg, maar dan móét dit lig vasvang en versprei, het hy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa