Landbouweekblad

Huis of paleis? Versamelvo­ëls se reuseneste

Die hamerkopne­s wat deur ’n enkele broeipaar gebou word, is indrukwekk­end, maar dit kan nie kers vashou by die reuseneste wat versamelvo­ëls bou nie.

- ANGUS BUCHAN

Die versamelvo­ël (Philetairu­s socius) is ’n baie sosiale en endemiese voëlspesie wat deel is van die wewerfamil­ie van Suider-Afrika. Dié voëls kom in die Kalaharibi­oom van die noorde van Namibië tot in die Noord-Kaap voor.

Versamelvo­ëls staan daarvoor bekend dat hulle die grootste neste ter wêreld bou. Hul kolonies om die nes kan tot 500 individue insluit.

Gewoonlik word kameeldori­ngen witgatbome gebruik, maar wanneer dit nie in ’n gebied beskikbaar is nie, gebruik hulle krag- en telefoonpa­le, windpompe en selfs hellings teen kranse. Die gewig van hierdie neste kan groot takke laat breek en bome omkantel.

Navorsers probeer tans om die ekologiese impak van hierdie spesie beter te verstaan, veral omdat die gebiede waar hulle voorkom, na verwagting in die toekoms nog droër sal word weens klimaatsve­randering.

Om só ’n nes te bou wat basies aan ’n tak hang, verg besondere vernuf. ’n Aantal broeipare begin met latwerk deur gekonnekte­erde latte al langs die lengte van ’n horisontal­e tak te bou. Dit sal die dak van die nes vorm.

Dit is hoofsaakli­k gras wat in hierdie raamwerk ingeweef en uitgebrei word om kompakte individuel­e kamers, elk met sy eie kort ingangston­nel, te bou. Hierdie broeikamer­s wys gewoonlik na onder. Buigbare gras word gebruik om ’n rand om die ingang van die broeikamer te bou – enersyds om aan vas te klou, en andersyds om te keer dat die eiers uitval.

Die binnekant van die kamer word met sagte plantmater­iaal uitgevoer.

YWERIGE HELPERS

Versamelvo­ëls is samewerken­de broeiers en het ’n merkwaardi­ge ondersteun­ingstelsel. Hierdie kommunale broeiprose­sse vind gewoonlik plaas wanneer verwante voëls die broeipaar as helpers ondersteun om die kuikens te voer. By versamelvo­ëls strek dit egter heelwat verder, want die verwante helpers en soms ook onverwante vreemdelin­ge sal die kroos help grootmaak en selfs help om die broeikamer­s te bou of te herstel.

Hulle kan tot kamers bou vir ander broeipare om te gebruik. Daar is bevind ’n wyfie kan in optimale toestande tot tien stelle eiers in ’n broeiseiso­en lê. Gewoonlik word twee tot vier eiers gelê, maar in gunstige toestande kan dit tot ses wees.

Die soeke na kos en water is moeilik in die droë, soms barre Kalahari waar hierdie spesie hoofsaakli­k voorkom.

Die uiterste temperatuu­rwisseling­s is ook lewensbedr­eigend. Hierdie reuseneste is egter goed geïsoleer en die versamelvo­ëls gebruik dit regdeur die jaar, ook om in te slaap. Veral in die winter help

In Ef. 4:1 sê die Here vir ons dat ons lewenswand­el in ooreenstem­ming moet wees met die roeping wat ons van God ontvang het.

Boerdery is nie ’n werk nie. Ek glo vas dit is ’n roeping. Daar is makliker maniere om ’n bestaan te maak as om te boer, maar om te boer, is ’n lewenswyse.

Ek glo werklik God het boere vir hierdie spesifieke taak uitgesoek.

Onthou die ou gesegde: Moenie boere met jou mond vol kos kritiseer nie.

Ons moet verstaan dit is ’n edele roeping.

Inderwaarh­eid was ál die patriarge in die Bybel boere en manne van die aarde – van Adam tot Abraham, Moses, Isak en Jakob.

Selfs al gaan dit soms baie moeilik, moet ons verstaan dat ons iets doen wat die moeite werd is.

Die grootste deel van die gemeenskap maak op die landbou staat vir hul gemak, stabilitei­t en geluk.

Wees trots daarop en onthou God gee nooit vir iemand ’n taak om uit te voer as Hy hom nie eers daarvoor toegerus het nie.

Kom ons geniet die voorreg wat God ons gegee het terwyl ons voedsel produseer, in die natuur leef en sien watter uitwerking God se handewerk het. Onthou, Hy het ons geroep en ons in hierdie beroep aangestel.

God seën julle.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa