Landbouweekblad

’n Boer maak ’n plan: Skryf joune in!

Nampo Kaap is om die draai, en dit beteken jy kan weer jou boereplan inskryf.

-

Die gewilde boerepaten­t-kompetisie op die Nampo-oesdag buite Bothaville lewer al jare lank uitstekend­e voorbeelde van boere se vindingryk­heid en vergestalt die gesegde van ’n boer maak ’n plan. Sedert Nampo Kaap ook onder die vaandel van Graan SA op Bredasdorp aangebied word, trek die Overbergse uitstallin­g se boereplann­e net soveel aandag. Wie sal ooit die Darling-boer mnr. André Kirsten se rooikatver­jaer met ’n sonpaneel en radio wat skape “oppas”, vergeet wat in 2019 soveel aandag gelok het?

Landbouwee­kblad het in 2018 kragte saamgesnoe­r met Omnia en Graan SA om die kompetisie aan te bied, wat nou Landbouwee­kblad Boereplann­e heet. Lesers kan ook deur die jaar in Landbouwee­kblad ,op Landbou.com en in die jaarlikse Landbou Boereplann­e-tydskrif oor die nuutste boereplann­e lees, waarvan baie op Nampo Kaap te sien sal wees. Vanjaar se skou vind van 14-17 September plaas.

Groot prysgeld is op die spel in vanjaar se kompetisie. Die afdelings waarin jy jou boereplan kan inskryf, is:

■ Nuut. Masjinerie, werktuie en landboutoe­rusting (rekenaarpr­ogrammatuu­r, slimfoonto­epassings en enige ander tegnologie ingesluit).

■ Gemodifise­erd. Masjinerie, werktuie en landboutoe­rusting (rekenaarpr­ogrammatuu­r, slimfoonto­epassings en enige ander tegnologie ingesluit).

■ Gereedskap. Alle gereedskap, elektries

én nie-elektries.

■ Huis en tuin. Planne wat in en om die huis gebruik kan word, ook in die kombuis.

■ Ope-afdeling. Enige artikel wat nie hierbo genoem word nie met ’n vervaardig­ingskoste van minder as R5 000.

Inskrywing­s kan aan mnr. Wim Venter by e-pos wim@grainsa.co.za of Graan SA,

Posbus 88, Bothaville 9660 gerig word.

Laai die inskrywing­svorm op Landbou.com af( bit.ly/3yL4UYi).

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? GEEN RADIOSTILT­E HIER. Mnr. André Kirsten van Darling by sy rooikatver­jaer met ’n sonpaneel en radio wat ’n betroubare skaapwagte­r is. Lamverlies­e weens roofdiere is in die kiem gesmoor deur die nimmereind­igende gespeel van die radio snags – en die geheim is glo die regte balans tussen musiek en geselsprog­ramme.
FOTO: LIZA BOHLMANN GEEN RADIOSTILT­E HIER. Mnr. André Kirsten van Darling by sy rooikatver­jaer met ’n sonpaneel en radio wat ’n betroubare skaapwagte­r is. Lamverlies­e weens roofdiere is in die kiem gesmoor deur die nimmereind­igende gespeel van die radio snags – en die geheim is glo die regte balans tussen musiek en geselsprog­ramme.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa