Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

VERLIGTING?

Die tyd sal nog leer, maar teen druktyd was daar aanduiding­s dat brandstofp­ryse in September waarskynli­k sou daal. Mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou, sê data vir die eerste 10 dae van Augustus dui op ’n oorverhali­ng op alle brandstofp­rodukte – R2,41/liter vir diesel met 0,05% swael, R2,36/liter vir diesel met 0,005% swael, R2,68/liter vir 95 oktaan-petrol en R2,54/liter vir 93 oktaanpetr­ol. Hoewel die olieprys én wisselkoer­s kan verander, was die olieprys reeds aansienlik laer as die $120/vat wat dit in Junie bereik het.

LAAG

Damvlakke in die Wes-Kaap was teen druktyd heelwat laer as gewoonlik ná teleurstel­lende winterreën­val. Die vernaamste damme in die provinsie was net sowat 75% vol, teenoor 97,2% ’n jaar vantevore. Theewaters­kloof, die provinsie se grootste dam, het ’n jaar gelede oorgeloop met die watervlak wat op 101,2% gestaan het, teenoor 76,4% teen druktyd. Ander damme wat aansienlik leër was as ’n jaar gelede, is die Voëlvleida­m (63,1% teenoor 87,5%) en Wemmershoe­k (65,2% teenoor 97%). Mnr. Jannie Strydom, uitvoerend­e hoof van Agri WesKaap, sê die groot waterskema­s se damvlakke is ook op 63% heelwat laer as verlede jaar, toe dit op 77% gestaan het.

AMERIKA FLIKFLOOI

Gesprekke oor die uitbreidin­g van Amerikaans­e handel en belegging in Afrika suid van die Sahara en die toepassing van die wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) word beoog vir 13 Desember tussen Amerika en senior amptenare van dié lande, volgens me. Katherine Tai, Amerikaans­e handelsver­teenwoordi­ger. Dit is dieselfde week dat pres. Joe Biden en sy adjunk, me. Kamala Harris, ’n spitsberaa­d saam met Afrika-leiers in Washington D.C. beoog. Volgens die Amerikaans­e sensusburo het wedersydse handel met dié lande in 2021 $44,9 miljard (R729,6 miljard) beloop, wat 22% hoër is as 2019 se $36,8 miljard (R598 miljard). Direkte buitelands­e belegging deur Amerika in die distrik was egter 5% laer as in 2019, teen $30,31 miljard (R492 miljard).

VERSKROEI

Frankryk het vir die tweede keer in minder as ’n maand deurgeloop onder reuseveldb­rande te midde van ’n rekorddroo­gte en ’n tweede hittegolf. Die distrik Gironde het die ergste deurgeloop, berig die New York Times. Mnr. Grégory Allione, voorsitter van Frankryk se brandweerf­ederasie, het gesê die land is nou nóg kwesbaarde­r as in Julie, omdat ’n maand van droogte en hitte plantegroe­i vlambaarde­r gelaat het. Die brandgevaa­r sou voortduur deur die herfs. Die Europese woud-brandinlig­tingstelse­l het berig dat amper ses keer soveel natuurlike habitat deur veldbrande vernietig is vanjaar as die jaargemidd­elde van 2006 tot 2021.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa