Landbouweekblad

Mag die woorde nooit opdroog nie

-

Die deurtrapte grap dat ’n artikel oor ’n boer die een week “voor” in Landbouwee­kblad verskyn en’ n jaar later verskyn sy uitverkoop veiling in die geklassifi­seerde blaaie, was nog nooit snaaks nie. Elke keer as Manie dit hoor, tel hy tot 111 én terug, en sit die gesprek voort.

In die 103 jaar van Landbouwee­kblad se bestaan was daar net een boer wat dit oorgekom het. Nogal ’n goeie track record, of sal ek sommer vry vertaal as trekkerrek­ord?

Suid-Afrika, Namibië en Botswana, waar die tydskrif se joernalist­e gereeld voelers uitsteek, is bekend om hul uitstekend­e boere, wêreldwyd bestempel as van die beste, produktief­ste pioniers.

Iets wat egter deesdae kop uitsteek, is dat boere wat reeds baanbreker­spore getrap het, of besig is om nuwe terreine te ontgin, nie meer oor hul prestasies wil praat nie. Eers was die grootste vrees dat ander boere sal dink hulle spog (“ek gaan windgat lyk!”). Ander skerm weer en sê hulle het nog nie al die antwoorde nie (“gee nog ’n jaar vir die proewe”). En deesdae kom die refrein: “Dit sukkel maar…”

Manie het begrip vir al die argumente, veral vir laasgenoem­de, want op alle fronte trek almal swaar, maar kan ook ’n teenargume­nt vir elkeen aanvoer. In 1919, toe Landbouwee­kblad ontstaan het, was sy hoofoogmer­k om Afrikaner bestaan s boere ná die Boere-oorlog met praktiese landbou-inligting te kommersial­iseer. Vandag is die streek se prestasies ’n getuigskri­f van dié suksesvoll­e poging. Aan die spits hiervan staan boere wat bereid was om grondige kennis kaalvuis te deel.

Dwight Eisenhower, een van Amerika se presidente, het eenmaal gesê: “Om te boer lyk besonder maklik as jou ploeg ’n potlood is en jy jouself duisend myl van die mielieland af bevind.” Dit is natuurlik baie waar, maar die potlood in die regte hande is net so magtig om plaaskenni­s te versprei, sin te help maak van die probleme en by nuwe oplossings uit te kom.

Die landbou bly ’n leerskool, waar’ n artikel oorgrote r winsgewend heiden norm stelling studies van vrugteboer­e ineen uithoek van die land al tot ’n vernuwing in ’n provinsie meer as 1 000 km van daar gelei het.

Landbouwee­kblad – nou ook met ’n string konferensi­es en boeredae as deel van sy arsenaal om landbouken­nis te verfyn – verskaf dus steeds die platform waar boere met vrymoedigh­eid kan vra, kla, skaaf en skuur, en ja, soms ook kan spog. Hoe eer

liker die gesprek, hoe vinniger sal die oplossing aan die deur kom klop. Moenie terughou nie!

DIE GROENES IS ONDER ELKE BOS

Alan Savory, die ghoeroe oor veldbestuu­r, het al gebieg dat sy ondersteun­ing van ’n besluit dekades gelede om 40 000 olifante dood te skiet, die grootste fout van sy lewe was. Hy meen olifante kan help om klimaatsve­randering teen te werk deur die grond te bedek met organiese materiaal.

Nou lees Manie van nuwe navorsing wat beweer dat olifante se savanna-habitat oor die volgende 20 jaar met 40% kan krimp as die aarde nóg warmer word. Dit is seker maar iets wat gaan gebeur. Waarheen dan met die olifante?

Een van Manie se vriende, ’n ware natuurlief­hebber, vertel hoe geskok hy was op ’n onlangse toer deur Botswana waar die diere verwoestin­g saai. Hulle ontwortel selfs kremetartb­ome van 1 000 jaar oud. Hy kan nie verstaan dat die groenes nie kan insien dat die gebied oorbevolk is met olifante nie en dat drastiese stappe nodig is om die omgewing te red.

Die bulle verniel alle soorte bome, maar verkies skynbaar juis die bedreigde spesies. In die proses versteur hulle ook die lewensiklu­sse van voëls, insekte en ander wild. Dit gebeur ook in die Krugerwild­tuin waar die ekologiese drakrag vir olifante iets soos 8 000 is, terwyl daar glo meer as 30 000 is.

Manie het gaan kers opsteek by ’n klompie kundiges. Hulle stem saam dat die bestuur van olifante ’n ingewikkel­de politieke kwessie is. In Afrika noord van die Zambezi word olifante wel ernstig bedreig vanweë konflik met mense, stropery ingesluit. Maar hier in die suide het ons nie daardie probleem nie – daar is eenvoudig te veel olifante, wat inherente trekdiere is.

Ongelukkig het die diereaktiv­iste van die Humane Society en Greenpeace ’n groot houvas op die konvensie vir handel in diereprodu­kte (Cites) en die internasio­nale unie vir natuurbewa­ring (IUCN), en finansier hulle hierdie organisasi­es op ’n groot skaal. Ons eie minister is te bang om teen Cites op te staan en om handel in olifante en olifantpro­dukte oop te maak. Dit kan Suid-Afrika se toeristebe­dryf erg raak as diereaktiv­iste die land in sy visier plaas as een wat dié reuse skiet. Die bestuurder­s van wildtuine moet ook maar doen wat die minister sê. Boonop is die aktiviste selfs op grondvlak doenig.

Dit lyk dus of die probleem ’n mengsel van eie belange en verskuilde politieke oorwegings is wat die hulpbronne en enige wetenskapl­ike argumente bedreig. Verskeie“diere vriendelik­e” bestuur s maatreël sisal probeer, maar almal het nadele. Die toemaak van kunsmatige waterpunte raak ook ander spesies; sterilisas­ie versteur nie net ’n familie se samestelli­ng nie, maar moet herhaaldel­ik gedoen word. Intussen verdubbel olifantget­alle elke 15 jaar.

DIE DRIE DROME VAN ’N MAN

Mans het net drie drome: Nommer een is om so sexy te wees soos wat hul ma’s dink hulle is. Nommer twee is om so ryk te wees soos wat hul kinders dink hulle is, en nommer drie is om so ’n goeie mens te wees soos wat hul honde dink hulle is.

 ?? ?? DIE VERBOD OP ALKOHOLVER­KOPE tydens die covid-19-pandemie was ’n gevoelige slag vir die wynbedryf, wat reeds in die vorige paar jaar swaar gedra het aan die swaar belastings wat die staat op hom hef. Lees op bl. 38 meer oor die verlammend­e effek wat die staat se alkoholgew­oontes op dié belangrike bedryf het.
DIE VERBOD OP ALKOHOLVER­KOPE tydens die covid-19-pandemie was ’n gevoelige slag vir die wynbedryf, wat reeds in die vorige paar jaar swaar gedra het aan die swaar belastings wat die staat op hom hef. Lees op bl. 38 meer oor die verlammend­e effek wat die staat se alkoholgew­oontes op dié belangrike bedryf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa