Landbouweekblad

China-wolverbod werp skadu oor nuwe seisoen

- — FREDALETTE UYS

DIE wolbedryf het aangekondi­g dat wolveiling­s sal voortgaan vir die 2022’23-seisoen, maar weens die uitvoerver­bod na China sal minder bale wol per veiling aangebied word.

Volgens OVK het al die wolmakelaa­rs besluit om voorlopig voort te gaan met veilings, aangesien wol wat vir die Europese mark geskik is, steeds verkoop kan word. Die nuwe veilingsei­soen sou op 17 Augustus begin.

China het in April ’n verbod geplaas op die invoer van alle diereprodu­kte van diere met gesplete kloue van Suid-Afrika, wat vetwol insluit, ná hernude uitbreking­s van bek-en-klouseer. Van 70% tot 80% van Suid-Afrika se vetwol word na China uitgevoer.

Die verbod is ingestel ondanks die gesondheid­sertifikaa­t wa tin 2019 tussen China en Suid-Afrika onderhande­l en goedgekeur is, waarvolgen­s wol hittebehan­deling ondergaan wat die bek-en-klouseervi­rus vernietig as dit in wol voorkom.

“Cape Wools en andere soos Agbiz het alles in hul vermoë gedoen, en doen dit steeds, om ’n weg vorentoe te vind. Die Suid-Afrikaanse regering het die Chinese regering amptelik versoek om die verbod op te hef, maar nog geen amptelike reaksie van die Chinese ontvang nie,” sê OVK.

“Ons is in die duister oor wat die Chinese beoog om te doen en of hulle inderdaad enige planne het.”

MILJOENE INGEPLOEG

Kopers en makelaars het ná die verbod voortgegaa­n om die Suid-Afrikaanse mark aan die gang te hou. Kopers het sedertdien ongeveer R500 miljoen se wol vir die Chinese mark aangekoop waarvoor hulle nog nie betaal is nie, en waarop hulle maandeliks rente moet betaal. Makelaars het opbergruim­te gratis aangebied, wat verdere finansiële druk op hulle plaas.

“Baie kopers het reeds hul limiet bereik van wat hulle kan doen en sal net kan aankoop wat hulle buite China kan verkoop,” sê mnr. Clarence Friskin, van die wolkoper Segard Masurel en voorsitter van die Suid-Afrikaanse wol-en-bokhaarkop­ers vereniging.

“As die verbod nie gou opgehef word nie, kan dit ernstige finansiële gevolge hê, met sommige maatskappy wat nie sal kan voortgaan nie.”

Die wol wat in die komende seisoen verkoop sal word, is hoofsaakli­k langerleng­tewol van goeie styl en goeie

skoonopbre­ngs.

Volgens OVK het die makelaars onder mekaar besluit om die hoeveelhei­d op die veilings tot 7 000 bale wol te beperk. Die bale op elke veiling sal volgens meriete oorweeg word.

Boere kan dus verwag dat baie wol nie in die komende maande op die veilings sal verkoop nie, veral die tipes wat normaalweg vir die Chinese mark bestem is. China koop ongeveer 80% van Suid-Afrika se wol aan, van die beste style tot die heel swakste.

EUROPESE MARK

“Aan die ander kant het Europa meestal beter style gekoop, sowat 10% tot 20%. Hoewel Europese kopers meer van ons wol kan koop, kan Europa nie die Chinese mark vervang nie.”

Pryse vir die komende seisoen sal onder druk wees, met die Australies­e mark wat in die afgelope twee maande aansienlik gedaal het. Dit beteken dat die Suid-Afrikaanse mark onder druk sal wees.

“Ons huidige situasie laat ons met min onderhande­lings krag. Ons kan waarskynli­k pryse verwag wat minstens 5% laer as die Australies­e pryse is.”

OVK waarsku ook dat makelaars tans onder aansienlik­e druk verkeer weens die groot hoeveelhei­d onverkoopt­e wol.

“As die Chinese verbod in die volgende paar weke opgehef word (waarvan daar in dié stadium geen aanduiding is nie), sal ons ’n bottelnek van opgegaarde wol hê wat gaan meeding met die wol wat tans op die mark kom.”

Daar sal dus groot druk op die stelsel wees, wat beteken verdere beperkinge kan tot minstens einde vanjaar op die aantal bale wol per veiling geplaas word.

’n Groot hoeveelhei­d wol sal dus waarskynli­k oorgedra word na volgende jaar en totdat die agterstand uitgewis is.

 ?? FOTO:
LIZA BOHLMANN ?? Die hoeveelhei­d wol wat op veilings verkoop word, gaan beperk word om die finansiële haalbaarhe­id van makelaars te beskerm ná China se verbod op wol uit Suid-Afrika.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die hoeveelhei­d wol wat op veilings verkoop word, gaan beperk word om die finansiële haalbaarhe­id van makelaars te beskerm ná China se verbod op wol uit Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa