Wêreld op sy hoede vir siektes uit Afrika
Lande wat produkte uit Suid-Afrika invoer, kan toenemend aandring op gesondheidswaarborge, want die verspreiding van siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-varkpes na die res van die wêreld skep kommer oor Afrika-siektes.
“DIE handel sal met verloop van tyd strenger gesondheidsvereistes aan Suid-Afrika stel. Ons moet daarteen waak en ’n situasie probeer keer waar invoerlande vereistes stel om hul bedrywe te beskerm en waaraan ons sal moet voldoen.”
Só het dr. Gideon Brückner, kundige van die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE), op die konferensie van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in Pretoria gesê.
Brückner, wat ’n genooide spreker was, het gesê byna alle nuwe menslike siektes het ’n diere-oorsprong.
“Dit is bekend dat 60% van die patogene waarvan ons weet, van diere na mense aangesteek kan word, soos griep, voëlgriep en hondsdolheid. Sowat 80% hiervan het meer as een gasheer. Bek-en-klouseer tref nie net bokke en skape nie, maar ook ander diere met gesplete kloue of hoewe. Bykans 75% of meer van die opkomende dieresiektes het die risiko om na mense te versprei.”
Siektes kan vandag vinniger oor die wêreld heen versprei as die gemiddelde inkubasietydperk daarvoor.
“Die OIE se standaarddefinisie is sewe dae, maar in werklikheid kan ’n virus in die inkubasietydperk binne drie dae van China na Suid-Afrika versprei. Die spoed van verspreiding raak ál belangriker wat biosekerheid betref. Daar is nie meer ’n plek ter wêreld wat té afgesonder is vir siekteverspreiding nie.”
‘DUUR OM TE BEKAMP’
Die direktoraat vir dieregesondheid het op 5 Augustus bevestig daar is tans 110 gevalle van bek-en-klouseer in Suid-Afrika in gebiede wat voorheen vry van dié siekte was. Dit kom in KwaZulu-Natal, Limpopo, die Vrystaat,
Gauteng en Mpumalanga voor. (Lees meer by bit.ly/ 3pbAQAz.)
“Ons het tans te doen met ’n ongekende verspreiding soos nog nie voorheen ondervind is nie,” het Brückner gesê.
Hy het gewaarsku dat die hele Suid-Afrikaanse bevolking tans hoogs vatbaar is vir tipes O (wat in die noorde van Namibië en Zambië gevind word) en A.
“Dit sal ’n ramp van siekteverspreiding word as dit oor die hele land versprei. Bek-en
klouseer het ’n ernstige handelsimpak op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.
“Dit is hoogs aansteeklik en ’n duur siekte om te bekamp, maar ons moet die geld beskikbaar stel. Dit is ook nie goedkoop vir ’n land soos Suid-Afrika om sy siektevrye status by die OIE te behou nie. ’n Mens moet altyd dink aan die uitgawes en die infrastruktuur verskaf om jou siektevrye status jaloers te beskerm.”
MENSE RAAK ‘BLASÉ’
Brückner “raak hartseer” oor die gebrekkige kennis wat betref die noodsaaklikheid van vinnige optrede as ’n siekte, veral bek-en-klouseer, uitbreek.
“Baie produsente en beamptes beskik nie oor die nodige kennis nie, want hulle is nie opgelei nie. Die ander kwessie is die oorgerustheid van beamptes en produsente. Mense raak blasé oor die siektes.”
Volgens hom is daar dierebevolkings wat nog nie beken-klouseer gehad het of nog nooit daarteen ingeënt is nie (sogenoemde naïewe diere) in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.
“Die diere is dus baie vatbaar daarvoor. Boere moet seker maak hulle weet waarna om op te let en hoe die siekte lyk. As jy vermoed dit is op jou plaas, moet jy dit dadelik aanmeld. Daar moet b i o sekerheidsmaatreël sen’ n gebeurlikheid s plan wees .”
Brückner het gesê dit is ’n b i o sekerheid s risiko in SuidAfrika dat mense, dier een wild so na aan mekaar leef. Hy blameer veral die onwettige en onbeheerde beweging van diere vir siekte verspreiding.
“Met die uitbreking van Afrika-varkpes het ons gesien verstedeliking speel ook ’n rol, want mense neem hul diere én die risiko van siektes en die verspreiding daarvan saam as hulle van landelike na stedelike gebiede trek. Die diere word nie rondom die stede beheer nie en word as ’n bron van voedsel gebruik.”
Weens armoede benut mense ook dikwels goedkoop voedselbronne wat nie noodwendig veilig is nie.
VEILINGS ‘TYDBOM’
Hy het veilings as ’n “tydbom” vir siekte-verspreiding beskryf.
“Die diere beweeg na 10, 15 bestemmings wat almal besmet kan word as die siekte nie bekamp word nie. Die normale siklus van verspreiding van bek-en-klouseer in Mpumalanga en Limpopo was van buffels, wat ’n permanente draer van die siekte is, na rooibokke en van daar na beeste.
“Nou het die prentjie verander, want besmette beeste beweeg onbeheerd van voerkrale en veilings na ander plekke. Mense word nie bewus gemaak van die voldoening s maatreëls wat betref biosekerheid nie.”
Menslike beweging is ’n ander groot bydraer tot siekte verspreiding.
“Seisoenale feesgeleenthede, soos Paasnaweek, skep hoë risiko’s, want mense neem kos saam met hulle wat dikwels met siektes besmet is. Die mate waartoe seisoenwerkers sekere tye van die jaar oor Suid-Afrika beweeg, skep ook ’n risiko.
“Toe bek-en-klouseer in 2000 op ’n plaas by Camperdown in Kwa-Zulu-Natal uitgebreek het, het die beweging van mense van ’n besmette plaas na onbesmette plase ’n groot rol in die verspreiding gespeel. Dit het in die huidige uitbreking ook in twee of drie gevalle waarvan ek bewus is, ’n rol gespeel.”
Hy het boere gemaan om afsonderlike gereedskap in isolasie gedeeltes op hul plase te gebruik. Werkers moet afsonderlike stelle klere dra wanneer hulle daar werk sodat hulle nie die oorsaak van verspreiding word nie.