Landbouweekblad

Belanghebb­endes werk saam teen uitbreking van siektes

-

DIE nasionale dieregeson­dheidsforu­m het daarin geslaag om al die belanghebb­endes om een tafel bymekaar te bring om die gesondheid­status van die nasionale veekudde te bevorder en te verbeter, het mnr. Gerhard Schutte in sy voorsitter­sverslag op die forum se jaarvergad­ering gesê. Hy het gesê vennootska­ppe tussen die private sektor en die regering is ingestel om veterinêre dienste en die nakoming van dieregeson­dheidstand­aarde op nasionale én provinsial­e vlak te verbeter. Volgens hom is daar nou ’n benadering van opbouende betrokkenh­eid en skakeling tussen die private sektor en die regering.

Volgens Schutte sal ’n nuwe webtuiste binnekort bekend gestel word met nuwe promosiema­teriaal, terwyl die logo ook vernuwe is. ’n Spesiale poging sal aangewend word om promosiema­teriaal onder die provinsies te versprei.

Die forum het homself daartoe verbind om voort te gaan met beter kommunikas­ie, die uitruiling van inligting en die verspreidi­ng van tersaaklik­e dieregeson­dheidsake onder alle lede en belanghebb­endes.

Die dieregeson­dheidsforu­m het stewige verhouding­s gebou met die amptenare van die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng se direktorat­e van dieregeson­dheid, openbare veterinêre gesondheid, die eenheid vir in- en uitvoerbel­eid en diereprodu­ksie, asook die nege provinsial­e departemen­te van landbou. Groot vordering is gemaak met die voorsienin­g van kollektiew­e aanbevelin­gs tot die ministerië­le tegniese taakspan vir diere-biosekerhe­id, het Schutte gesê.

Die bestuursko­mitee vir beken-klouseer en die provinsial­e gesamentli­ke bedryfskom­itees is besig om aanbevelin­gs saam te stel om die huidige verspreidi­ng van die siekte hok te slaan.

Die imbizo-span vir bek-enklouseer het vergaderin­gs in Limpopo en Mpumalanga gehou. Die bespreking­s van dié vergaderin­g sal gebruik word om ’n plan op te stel om die marktoegan­g van diere-eienaars in die bek-en-klouseer beheergebi­ede te versterk.

Die skakelverg­aderings tussen die departemen­t en die forum wat vier keer per jaar met die direktoraa­t van dieregeson­dheid en produksie en die direktoraa­t van openbare veterinêre gesondheid gehou word, word goed bygewoon deur alle belangegro­epe.

Schutte het gesê me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, skakel gereeld met die nasionale dieregeson­dheidsforu­m en erken dit as die bedryf se verteenwoo­rdiger vir dieregeson­dheid. Verskeie vergaderin­gs is met haar belê om siekte-uitbreking­s te bespreek, terwyl daar ook gereeld met die direkteur-generaal vergader word. Volgens hom word die vergaderin­gs van die dieregeson­dheidsforu­ms in al nege provinsies goed bygewoon. “Die verhouding­s tussen die provinsial­e voorsitter­s en die direkteur van dieregeson­dheid in elke provinsie is prysenswaa­rdig.”

Die bestuur van die forum is verantwoor­delik vir die sekretaria­at en is verteenwoo­rdig in die komitee van lewendehaw­e-identifika­sie en naspeurbaa­rheid-stelsel (Lits SA). Die forum het versoeke ontvang om die aanstellin­g van personeel te oorweeg wat data van huidige gidsprojek­te wat tans in die bek-en-klouseerbe­heergebied­e gedryf word, kan vasvang.

Suid-Afrika se status as vry van bek-en-klouseer is geïdentifi­seer as die nasionale dieregeson­dheidsforu­m se voorrangsa­ak.

BEK-EN-KLOUSEER VERSPREI

Tydens die verslagper­iode het bek-en-klouseer verder binne Limpopo, Gauteng, Noordwes en die Vrystaat versprei. Gesamentli­ke komitees is in die meeste van dié provinsies daargestel om die probleem te bestuur en die nasionale dieregeson­dheidsforu­m was baie betrokke by die proses.

Dit is nou duidelik dat Suid-Afrika se status as vry van bek-en-klouseer in heroorwegi­ng geneem word om die verhouding­s met sy handelsven­note te verbeter. Die beginsel van wyer, selektiewe inenting behoort ook aandag te geniet, asook die produksie van sy eie entstowwe vir bek-en-klouseer, het Schutte gesê.

ENTSTOWWE

Daar was ernstige tekorte aan sommige van die entstowwe wat net deur Onderstepo­ort Biologiese Produkte vervaardig word. Die forum het probeer om die situasie met behulp van ’n regsmening te beredder. Die betrokkenh­eid van die private sektor is vergroot en verskeie entstowwe is ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumid­dels en Veemiddels (Wet 36 van 1947) geregistre­er, wat baie bemoedigen­d is.

Verskeie uitbreking­s van Afrika-varkpes het voorgekom en die provinsial­e dieregeson­dheidsforu­ms het aandag daaraan geskenk. Dieselfde geld voëlgriep. Dit is die forum se benadering om die kommoditei­tsorganisa­sies te betrek in die stryd teen hierdie siektes.

Daar sal binnekort met buurlande geskakel word oor dieregeson­dheidskwes­sies, veral met Botswana en Namibië.

Die meesterpla­n vir die landbou en landbouver­werking het aangedui dat daar groot potensiaal vir die skep van werk binne die veebedryf is, wat 50% van die landbou se bruto binnelands­e produk verteenwoo­rdig.

Die bestuur van dieresiekt­es word as uiters belangrik beskou. “Dit is nou duidelik dat die oplossings vir talle probleme in private en openbare vennootska­ppe opgesluit is,” het Schutte gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa