Landbouweekblad

Lewensvers­ekering: Stel begunstigd­es verantwoor­delik aan

Dit is belangrik om likiditeit­sbeplannin­g te doen en dan ’n begunstigd­e op jou lewensvers­ekeringspo­lis te benoem. Dit is ’n aangeleent­heid wat deeglike oorweging verg.

- DEIRDRE O’REILLY Me. Deirdre O’Reilly is ’n regs- en sakekonsul­tant by die finansiële-dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting. NAVRAE: E-pos: info@allegiance. co.za

In baie boedels verteenwoo­rdig die waarde van lewensvers­ekering ’n baie groot deel van die kapitaal wat in die finansiële behoeftes van nagelate familie moet voorsien. Die besluit oor wie as begunstigd­e van hierdie geld aangestel behoort te word, is iets wat nie in afsonderin­g geneem behoort te word nie.

Faktore wat in aanmerking geneem behoort te word, is eerstens die behoefte aan likiditeit in die bestorwe boedel.

Kontant of naby-kontantopl­ossings is nodig om te verseker dat die eksekuteur, in die afhandelin­g van sy pligte rondom die administra­sie van die bestorwe boedel, genoeg kontant het om uitgawes te delg sonder om ander bates te verkoop of te gelde te maak. Uitgawes behels onder meer uitstaande skuld en rekeninge, kontantbem­akings, administra­siekoste en finale inkomstebe­lasting, wat kapitaalwi­nsbelastin­g insluit.

Die quantum van moontlike kapitaalwi­nsbelastin­g word dikwels deur kliënte onderskat.

Waar skuld gewoonlik minder word soos ’n mens ouer word, word kapitaalwi­nsbelastin­g wat betaalbaar is vanweë die belastingb­etaler se afsterwe, gewoonlik meer omdat dit bereken word op die dikwels stygende waarde van bates by afsterwe. Dink byvoorbeel­d aan die huis waarin jy bly of plaas waarop jy boer. Appresiasi­e van die waarde beteken dat daar ’n aaneenlope­nde verhoging van hierdie koste is.

Die vermoë van ’n begunstige om finansieel verantwoor­delike en ingeligte besluite ten opsigte van die aanwending en besteding van hierdie som lewensdekk­ing te neem, is van deurslagge­wende belang.

ONDEURDAGT­E VERKWISTIN­G

Te dikwels word gesien hoe die dekking wat deur lewenspoli­sse uitbetaal is, onkundig en ondeurdag verkwis word. Dit is in skerp teenstelli­ng met die oorspronkl­ike bedoeling van die versekerin­g: om kapitaal te verskaf om ’n verlore inkomste te vervang.

Dit is soms skrikwekke­nd om te sien wat die effek van tyd en inflasie op die koopkrag van geld is, veral as daar vir ’n redelike lang tydperk na iemand se inkomstebe­hoeftes omgesien moet word. Hierdie beplanning ontbreek dikwels wanneer so ’n groot som geld beskikbaar raak.

’n Moontlike oplossing of verskansin­gstrategie kan wees om die uitbetalin­g te verdeel tussen ’n langslewen­de gade en afhanklike kinders of selfs beter, die uitbetalin­g deur jou boedel na ’n testamentê­re trust te maak. Sodoende kan ’n paneel mense van jou keuse (die trustees) kollektief besluit, aan die hand van hul huidige en toekomstig­e behoeftes, oor sinvolle aanwending van hierdie geld tot voordeel van jou geliefdes.

Die keuse van trustees asook verdere bepalings rondom hierdie trust behoort deeglik onderwaaro­nder soek en oorweeg te word en duidelik in jou testament ingeskryf te wees. Ongelukkig is die werklikhei­d ook dat vertraging­s in die afhandelin­g van die boedel soms buite beheer kan wees. Ons ondervind dat belastingb­etalers nie altyd op datum is met die indiening van hul persoonlik­e en besigheids­belastingo­pgawes nie. Met die afhandelin­g van ’n sake-eienaar se boedel moet ’n waardebepa­ling van die oorledene se belang in ’n ondernemin­g gedoen word.

Indien finansiële state agterstall­ig is, kan dit lei tot onnodige vertraging­s om state by te werk om ’n gevolglike waardasie van die besigheid te kan doen. Weereens is hier moontlike kapitaalwi­nsbelastin­ggevolge wat vooraf behoorlik gekwantifi­seer behoort te word. Agterstall­ige belasting moet natuurlik eers op datum gebring word voor die besigheid kan vererf of die finale inkomstebe­lastingopg­awe vir die oorlede ingedien kan word.

VERDERE VERTRAGING­S

’n Ander moontlike faktor wat kan bydra tot vertraging­s in die uitbetalin­g van lewensvers­ekering en afhandelin­g van ’n bestorwe boedel, is sterfte as gevolg van onnatuurli­ke oorsake of redes. Daar is omstandigh­ede ’n sterfteser­tifikaat nie onmiddelli­k uitgereik kan word nie, byvoorbeel­d wanneer ’n persoon vermis raak of die liggaam nie gevind kan word nie.

Dan is daar natuurlik ook gevalle waar ’n polisonder­soek na die oorsaak van dood weens onnatuurli­ke oorsake eers afgehandel moet word om te verseker dat ’n erfgenaam wat ’n aandeel in die oorledene se afsterwe gehad het, as erfgenaam gediskwali­fiseer word. Ten einde ’n doodseis te oorweeg, benodig alle versekeraa­rs in die eerste plek voldoende bewys van afsterwe en, vir die redes hierbo genoem, word sterk oorweging geskenk aan die oorsaak van dood. Die beginsel van De Bloedige Hand Erft Niet sal gevolglik ’n persoon wat ’n aandeel in die afsterwe van die betrokke versekerde lewe gehad het, as erfgenaam diskwalifi­seer.

Dit is baie belangrik om die aanstellin­g van ’n begunstigd­e of begunstigd­es as bevoordeel­des op lewensvers­ekering met omsigtighe­id te benader ná behoorlike likiditeit­s- en finansiële beplanning gedoen is. Hierdie besluite moet in die konteks van ’n totale boedel, en nie in afsonderin­g nie, geneem word. Om te verseker dat die aanstellin­g van begunstigd­es strook met die algehele beplanning­sdoelwitte word lesers aangeraai om hul boedelbepl­anning minstens een keer per jaar deur ’n behoorlik gekwalifis­eerde persoon te laat hersien.

25 Augustus 2022

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa