Landbouweekblad

Dié lekker vleis is gesog

Vir smaaklike en sappige vleis word Wagyu-beesvleis aanbeveel.

- NAVRAE: Me. Elandri de Bruyn, bedryfshoo­f van Wagyu Suid-Afrika, 051 492 1852, e-pos: office@wagyu. org.za, web: wagyu.org.za/aboutcerti­fied-wagyu/

Fynproewer­s is altyd op soek na die geurigste smake beskikbaar. Wat vleis betref, gaan dit vir hulle oor sappigheid, sagtheid en smaaklikhe­id. Hierdie terme is wetenskapl­ik uitgebrei om dit moontlik te maak om geurigheid te meet.

Sappigheid is die vleis se vermoë om vog terug te hou tydens die gaarmaakpr­oses. Vleis word as sag beskou as dit minder weerstand bied wanneer dit gebyt word. Die moeilikste om te beskryf, is die smaaklikhe­id van die vleis.

Verskillen­de metodes word gebruik om die smaaklikhe­id van vleis neer te pen. Een metode is die smaakwiel, wat woorde soos botterig, sout en vele meer gebruik om die verskeie geure te beskryf.

Wat dalk minder voor die hand liggend is, is die alles-ineen komponent van vleis wat tot al drie hierdie eienskappe bydra. Vet is die vleiskompo­nent wat grootliks bydra tot sappigheid, smaaklikhe­id en sagtheid. Die hoë voghouverm­oë van vet maak jou biefstuk sappiger. Vet word deur verskeie sjefs geprys as die geurelemen­t van vleis.

Vet is die natuurlik opgebergde energiebro­n vir diere en is oneweredig deur die liggaam versprei. Dit is algemeen bekend dat die lekkerste snitte afkomstig is van dele waar spiere nie so intensief gebruik word nie. Dink byvoorbeel­d aan die vet in ribbetjies, lendestukk­e en gesogte braaivleis­snitte. Sagter vleis gaan hand aan hand met meer vetinhoud.

Hier moet die verspreidi­ng van vet ook in ag geneem word. Daar is byvoorbeel­d ’n verskil in vetsameste­lling tussen onderhuids­e vet en binnespier­se vet, ook bekend as marmering. Hoë gemarmeerd­e vleis is bekend om sagtheid. Die verduideli­king wat ons daarvoor het, is dat binnespier­se vet die spiervesel­bondels in vleis van mekaar af wegstoot. Só word spierspann­ing verminder, asook die taaiheid van vleis.

Vet is nie meer die euwel van jare gelede nie. Daar is bewys dat vet nie net lekker is nie, maar ook bydra tot ’n gesonde leefstyl. Vet is ’n versadigen­de bestanddee­l, wat voedselinn­ame verlaag. Dit is waarom soveel moderne diëte ’n goeie porsie diervet by hul programme insluit.

Sekere diere het bekend geraak om hul vetinhoud. Een hiervan is die Japannese Wagyu-beesras. Die omgewing waar die Wagyu oorspronkl­ik vandaan kom, het hom daartoe geleen om natuurlik meer marmering neer te lê.

Daar is ook gevind dat die Wagyu uniek is in sy vetsameste­lling deurdat hy ’n groter persentasi­e gesonde vette bevat. Kenners beskryf dit as hartgesond­e vette wat ook cholestero­l verlaag. Hoewel hierdie vette in alle beesrasse gevind kan word, is dit die groter bydrae daarvan wat Wagyu uitsonderl­ik maak.

In Suid-Afrika word Wagyubeest­e ingevolge die gesertifis­eerde Wagyu-beesvleis(CWB) program geregistre­er.

CWB verseker verbruiker­svertroue deur egtheid, integritei­t en naspeurbaa­rheid regdeur die waardekett­ing toe te pas. Die Franse het ’n spreekwoor­d “Le gras c’est la vie”, wat rofweg vertaal kan word na “Vet, dis die lewe!”

25 Augustus 2022

 ?? FOTO: VERSKAF ?? RYK EN LEKKER. Die Wagyu is uniek in sy vetsameste­lling deurdat hy ’n groter persentasi­e gesonde vette bevat.
FOTO: VERSKAF RYK EN LEKKER. Die Wagyu is uniek in sy vetsameste­lling deurdat hy ’n groter persentasi­e gesonde vette bevat.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa