Landbouweekblad

Beesskale is akkuraat en robuus

Tal-Tec maak en verkoop al langer as 40 jaar beesskale en ontwerp en vervaardig veehanteri­ngstoerust­ing vir die rooivleisp­roduksiebe­dryf.

- Mnr. Greg Talbot is die eienaar van Tal-Tec. NAVRAE: Web: taltec.co.za, gaan na die dokumente-bladsy en laai die LS4 FOUTVIND-dokument af.

Destyds was alle skale ’n veerbalans­toestel. ’n Paar van hierdie toestelle is vandag nog in gebruik. Die grootste kwessie met daardie stelsel is dat die veerbalans ’n enkele puntlading het, en hoe kry ’n mens ’n bul om op ’n enkele punt te staan?

Die skaalkrat het ’n aantal hefbome wat die gewig van al vier hoeke oordra na een punt waar die veerbalans vasgemaak is. Dié hefbome roes, buig en verweer mettertyd en dit het ’n nadelige uitwerking op die akkuraathe­id van die skaal.

Elektronie­se skale gebruik laaiselle wat defleksie meet en dit in ’n elektriese sein omskakel. Die krag wat op die laaisel toegepas word en die elektriese uitset is eweredig. Deur die elektriese sein te ontleed, kan dit in ’n gewigskerm omskep word.

Net soos die veerbalans ’n enkelpuntl­ading het, geld dieselfde vir die laaisel. Pleks daarvan om hefbome te gebruik om die kragte na ’n enkele punt te bring, word vier laaiselle in ’n krat gesit en koperdraad word gebruik om die seine na ’n vertooneen­heid oor te dra.

Die hefbome van die ou skaal kan die akkuraathe­id beïnvloed, net soos beskadigde koperdrade van vandag se skale.

IN PRAKTYK

As in ’n bietjie meer detail hierna gekyk word, word ’n gewig van 100 kg as voorbeeld in die middel van die skaal geplaas. Dit is dus vanselfspr­ekend dat elke hoek 25 kg registreer. As al vier hoeke bymekaar gevoeg word, kry ’n mens 100 kg. As een hoek nie registreer nie, is daar net drie hoeke wat bydra, en wys die totale gewig as 75 kg.

In ’n ander voorbeeld word die 100 kg na een kant gekonsentr­eer, en die vrag word dan soos volg verdeel: A: 40 kg, B: 40 kg, C: 10 kg en D: 10 kg. As dit saamgevoeg word, is alles weer gelyk aan 100 kg. As laaisel C nie registreer nie, is die totaal 90 kg.

In albei voorbeelde het net die posisie van die las verander. Namate die las beweeg, het die uitkoms van die gewig verander.

Die mees basiese toets wat ’n boer by elke weegsessie moet doen, is ’n hoektoets: Staan so na as moontlik aan ’n hoek op die skaal, registreer ’n lesing en klim dan van die skaal af. Maak seker dat die skerm na nul teruggekee­r het en herhaal dit op die oorblywend­e drie hoeke.

Al vier geregistre­erde lesings moet dieselfde wees en dit moet elke keer na nul terugkeer.

Indien nie, moet die fout gevind en reggemaak word voordat die weegsessie kan voortgaan.

 ?? FOTO: TAL-TEC ?? SÓ MAAK MENS. Tal-Tec verduideli­k hoe om die hoektoets te doen om doeltreffe­nder te weeg.
FOTO: TAL-TEC SÓ MAAK MENS. Tal-Tec verduideli­k hoe om die hoektoets te doen om doeltreffe­nder te weeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa