Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 AUSTRALIË Hawens kan nie voorbly met koringuitv­oer

Logistieke maatskappy­e raak op kreatiewe maniere betrokke by koringverv­oer in Australië weens bottelnekk­e by groot koringuitv­oertermina­le. Dit word veroorsaak deur groot buitelands­e vraag vanweë die oorlog in Oekraïne. Een manier waarop vervoermaa­tskappye inspring, is om ligter vaartuie te gebruik om vragte uit vlakker hawens te vervoer na groot vragskepe wat in dieper waters vasmeer. Vragmotors omseil ook oorlaaide laaigeriew­e in hawens om koring op skepe te laai. Die aandeel van kleiner maatskappy­e in grootmaat-graanuitvo­er het gegroei tot 18% in die huidige seisoen, van net 2% drie jaar gelede. — Bloomberg

2 AMERIKA | Beyond Meat boer agteruit

Beyond Meat, die genoteerde vervaardig­er van plantgebas­eerde “vleis”, het ’n netto verlies van $97,1 miljoen (R1,6 miljard) aangeteken. Die maatskappy se netto-inkomste was ook 1,6% laer as ’n jaar tevore. Hy het ook aangekondi­g dat hy sowat 4% van sy werksmag, oftewel 40 werkers, gaan aflê. Mnr. Ethan Brown, uitvoerend­e hoof, het gesê weens hoë inflasie is minder verbruiker­s geneë om Beyond Meat se produkte, wat in ’n premieprys­klas val, te koop. Hy het gesê dié kwartaal was die eerste in vier jaar wat ’n afname in die groei in verbruik van dié produkte getoon het. Beyond Meat se nagemaakte beesmaalvl­eis kos sowat $8,35 per pond (R139, of R307/kg) en gewone maalvleis $4,90 (R81,48, of R180/kg). — Food Dive

3 PAKISTAN | Koringtran­saksie op ys oor prys

Ondanks ’n voedsel- en skuldkrisi­s wil Pakistan ’n Russiese aanbod van 120 000 ton koring van die hand wys. Rusland het die koring teen $399,50/ton (R6 643/ton) aangebied, maar Pakistan het aangedring op ’n prys van $390/t (R6 484/t), wat die land $1,4 miljoen (R23 miljoen) sou bespaar. ’n Kabinetsko­mitee het besluit indien Rusland nie teen die laer prys wil verkoop nie, sal hy die transaksie kanselleer omdat koringprys­e begin daal het ná Oekraïnse graanskepe weer graan kon begin uitvoer via die Swartsee. Pakistan wil vanjaar 3 miljoen ton koring invoer ter wille van verbruiksb­ehoeftes en strategies­e reserwes, en het reeds 986 000 ton bekom. — The Tribune Express/ANI

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa