Landbouweekblad

EEN VAN DIE INPERKING SE VOORDELE (EN NADEEL VAN VIDEOSPELE­TJIES...)

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

NAVORSERS van die trust vir bedreigde natuurlewe (EWT) het waargeneem hoe die covid-19-inperking die gedrag van diere langs openbare paaie beïnvloed het. Na raming het verkeer in sommige lande met tot 50% afgeneem, met ’n gepaardgaa­nde afname van tot 48% in botsings met wild.

In sommige gevalle het dit tot gedragsver­andering by diere gelei, wat weer ’n ekologiese impak sou hê.

Volgens me. Erin Adams en dr. Lizanne Roxburgh van die EWT se eenheid vir bewaring, beplanning en wetenskap was een van die voordele van die covid-19-inperking die drastiese afskaal van die mensdom se bewegings en bedrywighe­de.

Dit is iets wat hulle die “anthropous­e” noem.

Botsings tussen voertuie en wilde diere word gewoonlik beskou as die tweede grootste oorsaak van dierevrekt­es aan die hand van mense, skryf hulle in ’n onlangse EWT-nuusbrief.

EWT-navorsers het voorheen ondersoek ingestel hoekom so baie diere op paaie doodgery word. Een rede was dat knaagdiere gelok word na graan wat

uit vragmotors val. Op hul beurt word uile ook gelok, dikwels met noodlottig­e gevolge.

Volgens die EWT het dierevrekt­es op paaie nie net ’n impak op wildgetall­e nie, maar dit hou veral snags ook vir mense ’n gevaar in.

In ’n ander studie, oor motoriste se houding teenoor wilde diere, is gevind dat sommige bestuurder­s hul bes sal doen om doelbewus oor diere te ry, pleks daarvan om uit te swaai.

Die navorsers het onder meer fopdiere van plastiek op paaie geplaas om bestuurder­s se reaksie te toets. Twee uit elke 50 bestuurder­s het uit hul pad gegaan om die plastiekna­maaksels van byvoorbeel­d trapsuutji­es of enkellopen­de sprinkane plat te ry.

In ’n steekproef waaraan 600 motoriste deelgeneem het, het 5% erken dat hulle diere opsetlik raakry, al kan dit hul voertuie beskadig en boonop gevaarlik wees teen hoë spoed.

“Die nuwe geslag motoriste het in hul jong dae dalk te veel videospele­tjies gespeel, of hierdie gedrag is net nog ’n vorm van padwoede,” sê die navorsers.

 ?? FOTO: ROELOF BEZUIDENHO­UT ?? ’n Valk wat aan ’n haas geaas het, word deur ’n voertuig verjaag.
FOTO: ROELOF BEZUIDENHO­UT ’n Valk wat aan ’n haas geaas het, word deur ’n voertuig verjaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa