Landbouweekblad

BIOSEKERHE­IDSPLAN

-

Dr. Stuart Varrie waarsku dat wolboere nie van die uitbreking van bek-enklouseer kwytgeskel­d is nie en steeds die nodige biosekerhe­idsmaatreë­ls gereed moet hê om verspreidi­ng na hul plaas te voorkom.

Op ’n onlangse paneelbesp­reking op Agri Oos-Kaap se kongres oor die uitbreking van bek-en-klouseer het dr. Shaun Morris, ’n veearts wat konsultasi­edienste aan voerkrale bied, boere gewaarsku dat die virus oornag deur die onwettige of ongeregule­erde beweging van diere in ’n sleepwaent­jie uit Limpopo na die Wes-Kaap versprei kan word.

“Boere moet besef dat daar tans ’n uitgebreid­e uitbreking van bek-enklouseer in die land is wat nie onder beheer is nie,” sê Varrie.

Boere moet bewus wees van biosekerhe­id op die plaas, wanneer diere na die plaas gebring word wat moontlik die virus kan versprei.

Boere moet onder meer op die volgende let:

■ Waar die diere gekoop word en vandaan kom.

■ Die dier moet deur die regte verkopersv­erklarings vergesel word, waar die dier se gesondheid­status deur verkieslik ’n veearts gesertifis­eer word.

■ Diere wat van buite na die plaas gebring word moet vir 28 dae afgesonder word, waar die diere geen direkte kontak met ander diere het nie. Varrie stel voor dat die veearts dan weer die diere inspekteer om die gesondheid­status te bevestig voor die diere op die plaas vrygelaat word.

■ Alle werkers, voertuie of sleepwaens wat kontak met die diere gehad het, moet ontsmet word voor hulle/dit verder na die plaas beweeg.

■ Bek-en-klouseer versprei deur regstreeks­e kontak tussen diere en ook deur aanraking met voorwerpe soos klere, skoene, hande, voertuie en sleepwaens.

■ Boere moet bewus wees van mense wat tussen plase beweeg, soos skeerders, maatskappy­verteenwoo­rdigers en veeartse.

Varrie maan boere om alles in hul vermoë te doen om die verspreidi­ng van die siekte te keer.

“Die enkel grootste bedreiging vir die verspreidi­ng van die siekte oor die land is die onreëlmati­ge beweging van diere.

Volg dié skakel na die nasionale dieregeson­dheidsforu­m se basiese biosekerhe­idsmaatreë­ls: nahf.co.za/ the-basic-biosecurit­y-guidelines-forfoot-and-mouth/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa