Landbouweekblad

Blink toekoms voorsien vir pekanneute

Hoë opbrengste, goeie gehalte, gunstige internasio­nale marktoesta­nde en ’n swak wisselkoer­s is alles faktore wat kan bydra tot ’n uitstekend­e Suid-Afrikaanse pekanneuto­es vanjaar.

- Mnr. Wouter Verschaeve is die algemene bestuurder van Bester Fruit & Nuts. NAVRAE: Web: www.bester.co.za

Die meeste pekanneutb­oere reg oor Suid-Afrika ervaar tans die hoogste opbrengs in hul produksiel­eeftyd vir die oesjaar van 2022. Dit word gekenmerk deur ’n kombinasie van wat kenners beskryf as ’n “aan”jaar in die dra van pekanneute aan ’n boom, en die toevoeging van nuwe aanplantin­gs wat jaarliks in produksie kom.

Hoewel Suid-Afrika van 2015 tot 2021 slegs 4% tot 6% van die internasio­nale pekanneuto­es gelewer het, speel die land se relatief klein oes ’n groot rol in die internasio­nale mark van pekanneute wat in die dop bemark word.

Die Suid-Afrikaanse oes het sedert 2012 vanaf ’n basis van 7 900 ton gemiddeld met 15% per jaar gegroei. Kenners skat dat 2022 se oes 27 000 ton sal beloop. Met die groot hoeveelhei­d nuwe aanplantin­gs wat in die volgende jare in produksie gaan kom, is daar vooruitska­ttings dat die plaaslike pekanneuto­es selfs reeds in 2025 tot 40 000 ton kan styg.

Hoewel die rand in April vanjaar tot sowat R15,55 teenoor die dollar versterk het, was daar goeie verskansin­gsgeleenth­ede tot vlakke rondom R17/$ vir netto uitvoerder­s van produkte. Die keersy van die redenasie is dat ’n swak rand weer nadelig is vir die invoer van produksiem­iddele wat nodig is vir die produksie, verwerking en verkoop van pekanneute.

Weens verskeie faktore was die opbrengs en gehalte van markleiers, soos Amerika en Mexiko, kleiner en swakker as verwag. Dit beteken dat die Suid-Afrikaanse oes hierdie jaar ’n groter impak op die internasio­nale mark kan maak.

Die gehalte en tydsbereke­ning van die plaaslike oes, gepaardgaa­nde met gunstige handelsoor­eenkomste tussen Suid-Afrika en China, is van die hooffaktor­e waarom sowat 90% van die Suid-Afrikaanse oes in die dop na China uitgevoer kan word.

Hoewel die Suid-Afrikaanse pekanneutb­edryf alternatie­we markte vir toekomstig­e besigheid soek, dui alle tekens daarop dat Chinese kopers die hele Suid-Afrikaanse oes van 2022 gaan koop. Tans word ’n baie klein deel van die Suid-Afrikaanse oes by verwerking­saanlegte deur ’n kraakprose­s geplaas. Die meeste van die uitset van die kraakprose­s word in die plaaslike versnaperi­ngsmark verbruik, en indien internasio­nale geleenthed­e opduik, sal daarvan uitgevoer word.

Korttermyn­besluite moet egter geneem word met die doel om die beste prys vir die produsent te waarborg. Sonder hierdie sleutel in die waardekett­ing sal die Suid-Afrikaanse pekanneutb­edryf nie kan voortbesta­an nie. Die strategies­e klem moet egter op lang termyn wees om die produk na verskeie uitvoermar­kte reg oor die wêreld te versprei om só die risiko’s te diversifis­eer.

Bester Fruit & Nuts bestuur die verkryging, verwerking en bemarking van pekanneute.

Hierdie drie funksies word geïnkorpor­eer in ’n handelsopl­ossing wat herhaaldel­ik hersien word om die verhouding tussen produsente en die internasio­nale verbruiker­smark te versterk.

Deel van Bester Fruit & Nuts se kernwaarde­s is om sy kliënte en verskaffer­s so goed moontlik te dien, en aanpasbaar te wees vir onvoorsien­e gebeure.

Die onsekerhei­d oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse pekanneutb­edryf laat baie belanghebb­endes huiwer, maar met die toepassing van jare se produk- en markkennis, die gebruik van tegnologie, integritei­t en ’n optimistie­se ingesteldh­eid voorsien Bester Fruit & Nuts ’n blink, opwindende toekoms vir die jong bedryf.

Bester Fruit & Nuts bestuur die verkryging, verwerking en bemarking van pekanneute.

 ?? ?? GOEIE MARK. ’n Stampvol Vaalharts Pecan Plant op Hartswater.
FOTO’S: BESTER FRUIT & NUTS
GOEIE MARK. ’n Stampvol Vaalharts Pecan Plant op Hartswater. FOTO’S: BESTER FRUIT & NUTS
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa