Landbouweekblad

Rek jou rande só

Die opwindende tyd waarin verbouers van permanente gewasse leef, vereis kennis en wetenskap. Die waarde van biomassa, lewende én dooie materiaal, word ál hoe duideliker.

-

Die waarde van ’n deklaag is dat dit water bespaar, en dus ook die infrastruk­tuur en energie wat daarmee vereenselw­ig word. Die herwinning van ou boorde, wingerde en snoeisels voorkom die vrystellin­g van koolstofdi­oksied deur verbrandin­g, wat van 1,6 ton tot 1,8 ton koolstofdi­oksied per ton hout kan vrystel, volgens die Agroforest­ry Research Trust.

Verskeie ontledings bewys 1 ton hout bevat 3,1 kg stikstof en 4,9 kg kalium. ’n Boord met groot appelbome lewer ongeveer 100 ton hout per hektaar. Honderd ton verbrande hout bevat dus 310 kg N en 490 kg K, wat tans R36 364 werd is wat bemesting betref.

Grondtempe­rature kan aansienlik verskil. In die somer kan kaal grond 50 °C oorskry. Daarom is ’n deklaag belangrik, want dit hou grond koel en kan ’n verskil van meer as 20°Cmaak.

RENTMEESTE­RSKAP

Grond raak nie meer nie. Bestaande hektare moet bestuur word sodat dit konstant ’n hoër opbrengs lewer. Dit is dus belangrik dat boere koolstof plaas waar dit hoort: in die grond. ABC spits hom sedert 2004 daarop toe om afvalhout in ’n waardevoll­e produk om te skakel en só die landbousek­tor te help om goeie rentmeeste­rs te wees.

Africa Biomass Company (ABC) het ’n dinamiese bestuurspa­n wat bestaan uit ’n houtwetens­kaplike met ’n PhD-graad, twee ingenieurs (onderskeid­elik bedryfs- en meganies), ’n bedryfsiel­kundige, ’n geoktrooie­erde rekenmeest­er, agt boerderyku­ndiges en twee bosboukund­iges. Die maatskappy is toegespits op die lewering van dienste en toerusting, asook waardetoev­oeging op lang termyn.

KONTRAKTEU­RSDIENS LANDWYD

Met agt takke in Suid-Afrika kan ABC elke unieke boerdery met ’n bestuurspl­an help. Sy dienste sluit in ontbossing, uithaal van ou aanplantin­gs, opmaal (chip) van hout, en vervoer van die houtskerfi­es (chips) tot by ’n geskikte perseel vir verwerking tot kompos of biobrandst­of.

ABC se strooispan­ne spesialise­er in die uitstrooi van kompos en chips op die bankies van aanplantin­gs.

ABC se reeks strooiers het ’n unieke uitstrooi-aksie om die materiaal teen die verlangde wydte en dikte egalig op die bankie te plaas, selfs vir netaanplan­tings.

TOERUSTING VIR HOUTHERWIN­KING

Bandit se houtkerwer­s (chippers) is die betroubare toerusting waarop ABC se kontrakteu­rsdiens steun. Bandit bestaan reeds sedert 1983 en die eerste Bandit-toerusting het al in 1996 in Suid-Afrika begin werk. ABC monteer Bandit handvoer-hout-chippers sedert 2017 op SABS-goedgekeur­de onderstell­e. Die reeks strek van ’n handvoer-model (PTO) met ’n 150 mm-kapasiteit en 18 kW tot die grootste chipper met ’n kapasiteit van 1 143 mm en 900 kW.

WERKWINKEL­DIENSTE

ABC het ’n werkwinkel, onderdelep­akhuis en aanlyn winkel, en bied velddienst­e met gespesiali­seerde tegnici, asook ’n lemslypdie­ns.

ABC hou ’n minimum van ses maande se onderdelev­oorraad aan om in sy klante en sy eie behoefte te voorsien.

Spesiale diensvoert­uie doen kleiner herstelwer­k in die veld. Groter herstelwer­k, volledige dienste en die herbou van houtherwin­ningstoeru­sting word by ABC se hoofpersee­l op Worcester in die Wes-Kaap gedoen.

SNOEISELS

Ná deeglike navorsing het ABC besluit om die Spaanse Serrat-stokkiekap­pers in te voer en te versprei. Serrat-toerusting is doeltreffe­nd en duursaam. Dit kerf die gesnoeide takke in die boordry op en strooi dit oor die bankie. Serrat bou ’n wye reeks met verskillen­de wydtes en kapasiteit­e.

KOMPOSDRAA­IERS

ABC ontwikkel toerusting op aanvraag onder die Badger Biomass Equipment-naam. Die Badger Bioturn is ’n komposdraa­ier wat met ’n aggressiew­e rotor-aksie die materiaal draai en deurlug. Dit het ’n hidroulies­e stuurfunks­ie en kan bo-oor die ry oplig.

ENERGIEOPW­EKKING

Hout-chips word gebruik om hitte-energie vir landbounyw­erhede en die pluimveebe­dryf op te wek. Dit is dus ’n volhoubare en groen opsie.

NAVRAE: Web: abc.co.za

 ?? FOTO: AFRICA BIOMASS COMPANY ?? AFVALHOUT HERWIN. ABC is aan die voorpunt van die ontwikkeli­ng van biomassave­rwerking vir onder meer deklae en biobrandst­of.
FOTO: AFRICA BIOMASS COMPANY AFVALHOUT HERWIN. ABC is aan die voorpunt van die ontwikkeli­ng van biomassave­rwerking vir onder meer deklae en biobrandst­of.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa