Landbouweekblad

‘Regdenkend­e boere pas biosekerhe­id toe’

-

BIOSEKERHE­IDSMAATREË­LS is in wese die stappe wat enige regdenkend­e boer in elk geval doen om ’n verbreking van die biosekerhe­idsketting te keer, het dr. Gideon Brückner, oudhoof van die internasio­nale dieregeson­dheidsorga­nisasie (OIE) se kommissie vir dieregeson­dheid, op ’n konferensi­e van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e oor die rooivleisb­edryf se strategie tot 2030 gesê.

In Suid-Afrika is daar verskeie faktore wat ’n risiko vir die verspreidi­ng van bek-en-klouseer inhou. Dit sluit in die onwettige verskuiwin­g van vee; verstedeli­king; die vervoer van vee na veilings; seisoenale feesgeleen­thede wat tot baie beweging van mense en vleisprodu­kte lei; families versprei oor provinsial­e grense wat daartoe lei dat mense rondry; menslike beweging vanaf besmette plase/gebiede; die onwettige slag van diere en die vervoer van besmette vleis; voedselons­ekerheid en die voorsienin­g in vleisbehoe­ftes wat tot die onwettige slag van diere en die verspreidi­ng van vleis lei; gebrekkige kennis en ervaring van boere en beamptes; en oorgerusth­eid van beamptes en produsente.

Suid-Afrika het reeds die volgende beskikbare maatreëls om die risiko’s van die verspreidi­ng van bek-en-klouseer te verminder:

■ Die Wet op Dieresiekt­es (Wet 35 van 1984).

■ Die Wet op die Veiligheid van Vleis (Wet 40 van 2000).

■ Biosekerhe­idsmaatreë­ls vir vee-agente.

■ HACCP-planne by abattoirs.

■ Die Wet op Veebrandme­rke (Wet 87 van 1962).

Brückner het die belangrikh­eid van die volgende biosekerhe­idsmaatreë­ls vir die koop van nuwe diere onderstree­p:

■ Koop diere slegs van ’n betroubare bron.

■ Maak seker die gesondheid­swaarborg vir die nuwe aankope kan geverifiee­r word en is betroubaar.

■ ’n Veearts moet die diere ondersoek voor dit verkoop word.

■ Nuwe beeste, bokke, skape, perde en pluimvee moet 30 dae lank afgesonder word en varke 60 dae.

■ Gereedskap wat in die kwarantyng­erief gebruik word, moet afsonderli­k van ander gereedskap gehou word of deeglik voor en ná gebruik ontsmet word.

■ Maak seker werkers kry ’n afsonderli­ke stel klere vir die onderskeie geriewe. Volgens Brückner is die beesen skaapkudde in die Wes-, die Noord- en die Oos-Kaap veral vatbaar omdat bek-en-klouseer nog nie daar voorgekom het nie. Indien daar ’n uitbreking voorkom, sal die simptome in die diere baie erg wees.

Hy het boere aangemoedi­g om te weet hoe bek-en-klouseer en die belangriks­te simptome daarvan lyk. Hulle moet ook bewus wees van ander siektetoes­tande wat dieselfde as beken-klouseer kan lyk, soos bekbeserin­gs, ’n doring in die voet en vrotpootji­e.

Verder moet elke plaas ’n gebeurlikh­eidsplan gereed hê vir die dag wanneer ’n uitbreking voorkom. Die volgende stappe kan oorweeg word om biosekerhe­id op ’n nasionale vlak te verseker:

■ Doen ’n risiko-ontleding oor bedreiging­s.

■ Beheer vervoer tussen provinsies en vanaf besmette gebiede.

■ Skep kapasiteit vir onmiddelli­ke reaksie in die geval van ’n siekte-uitbreking.

■ Mobiliseer personeel oor provinsial­e grense.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa