Landbouweekblad

Makliker, vinniger marktoegan­g

Die veebedryf staan aan die vooraand van ’n groot omwentelin­g danksy ’n unieke samewerkin­gsooreenko­ms tussen die Red Meat Industry Services, Cape Wools, die Karoolam-konsortium en Landbouwee­kblad.

-

Die Suid-Afrikaanse veebedryf het twee groot suksesse die afgelope paar jaar beleef.

Eerstens was daar die verstommen­de groei in rooivleisu­itvoer wat plaaslike vleispryse gestu het tydens die ontwrigtin­g van ’n bek-en-klouseer-uitbreking.

Die wolbedryf het ook verskeie sertifiser­ingskemas aanvaar, wat Suid-Afrika deesdae die grootste uitvoerder van volhoubaar geprodusee­rde wol in die wêreld maak.

Sentraal tot albei dié prestasies is ’n naspeurbaa­rheidstels­el en onafhankli­ke sertifiser­ingsproses wat verseker dat boere wel lewer wat hulle beloof. Daardie twee sleutelpro­sesse gaan binnekort ’n groot hupstoot gegee word deur ’n samewerkin­gsooreenko­ms tussen die Read Meat Industry Services, Cape Wools, die Karoolam-konsortium, Landbouwee­kblad en hul tegnologie­vennote.

Johann, jy staan aan die hoof van die Karoolam-konsortium, wat naspeurbaa­rheid én sertifiser­ing verlang.

Hoekom is die twee konsepte so belangrik vir die veewaardek­etting?

In wol, bokhaar, vleis en velle (leer) is daar deesdae, net soos in die uitvoervru­gtebedryf, ’n magdom private standaarde wat deur vervaardig­ers en kleinhande­laars gebruik word om hul produk aan die verbruiker voor te lê.

Die verbruiker in ons vernaamste uitvoermar­kte wil weet waar sy voedsel en vesel vandaan kom en dat sy koolstofsp­oor laag is, dat dit in ’n volhoubare omgewing geprodusee­r word en dat goeie arbeidspra­ktyke en dierewelst­and gehandhaaf word.

Vir die toekoms van die kleinveebe­dyf is dit dus noodsaakli­k om hierdie waardes via naspeurbaa­rheid en goeie bestuur van die waardekett­ing te verseker.

Waar lê die waarde vir die boer in die proses?

Vir die boer beteken dit toegang tot die modehuise in Frankryk, Italië en Engeland en vir ons topvoedsel­kleinhande­laars ’n waarborg van goeie inkomste en natuurlik ’n vol

gehoue vraag na hul produkte.

Maar dan moet die boer met trots en eerlikheid deel wees van die naspeurbaa­rheidspros­es.

Wat wil julle bereik met die saamtrek op 20 April op Victoria-Wes?

Die saamtrek is ’n meganisme waardeur die wol- en vleisbedry­f aan boere in die Karoo ’n nuwe stel waardes, tegnologie en prosesse wil voorlê wat vir hulle die pad kan oopmaak om met minimale moeite te voldoen aan die talle bestaande standaarde, oudits en sertifiser­ingprosess­e.

Al die vername markte wil weet hul produkte kom uit die Karoo en is volhoubaar geprodusee­r met goeie boerderypr­aktyke. Cape Wools, RMIS en Karoolam-konsortium wil tydens die saamtrek ’n nuwe, eenvoudige naspeurbaa­rheidstegn­ologie bekend stel aan boere en verduideli­k hoe dit toegepas sal word.

Hoe kan tegnologie die prosesse van naspeurbaa­rheid en sertifiser­ing meer vaartbelyn maak?

Die tegnologie werk amper soos Facebook of Instagram, waar jou data oor jou plaas, jou praktyke en jou diere alles joune bly en jy kan kies met watter “vriende” jy dit wil deel. Jy kan dus ’n sertifikaa­t vir RWS hê, maar ook graag – benewens wol – Karoo-lam aan ’n boetieksla­ghuis wil bemark. Die feit dat die plaas in die Karoo is en reeds RWS-akkreditas­ie het, beteken dat jy outomaties in aanmerking kom om Karoolam amptelik te lewer.

Wie sal die boer se data besit?

Net soos Facebook besluit jy watter data jy wil deel en aan wie jy toestemmin­g gee om jou plaas se data te sien. Dit is jou data!

Wat beteken Cape Wools en Red Meat Industry Services se betrokkenh­eid by hierdie saamtrek?

Dit kom al ’n lang pad en met die biosekerhe­idskrisis in die veebedryf is daar besef dat partye moet saamwerk. Gesprekke tussen Cape Wools, RMIS en Karoolam-konsortium het aangetoon dat almal se behoeftes dieselfde is en dat ’n gesamentli­ke naspeurbaa­rheidstels­el vir alle partye, boere en ander belanghebb­endes in die verskillen­de waardekett­ings van groot waarde sal wees en eindelik aansienlik­e koste vir die boer, abattoir en kleinhande­laar kan bespaar.

* Die saamtrek vind plaas op 20 April van 09:00 tot 13:00 in die Apollo-teater. Koste is R120 en sluit middagete in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa