Landbouweekblad

M Welkom by die toekoms!

- — CHRIS BURGESS

y oupa het vir die grootste deel van sy 103 jaar getrou ’n dagboek bygehou. Elke dag het hy die wêreld om hom met groot waardering beskryf. Niks was te klein of te beskeie nie. Gedetaille­erde reënvalmet­ings, opmerkings oor die vordering met die koeie en werkverrig­ting van die bulle, en alles wat daardie dag gedoen is.

Tussen die alledaagse deur is ook ’n paar ongeërgde opmerkings oor van die grensversk­uiwendse gebeure van die twintigste eeu.

Hoe sy pa die eerste kar op Indwe gehad het in die dae toe daar nog net met osse geploeg is. Die eerste vliegtuig wat op die dorp gesien is nadat dit op die gholfbaan se eerste putjie geland het. Die Tweede Wêreldoorl­og (waarin sy broer in die woestyn baklei het), die maanlandin­g waarna op die radio geluister is en die einde van apartheid wat op TV gevolg is. Alles nougeset neergeskry­f in ’n stapel swart dagboeke wat deesdae by my oom op Bedford blyplek gevind het.

Dit is met dié diep waardering vir die verloop van tyd dat ek hier in die Kaap sit en die laaste blaaie van die heel eerste Landbouwee­kblad wat tweeweekli­ks sal verskyn, drukkers toe stuur. Van daar word die tydskrifte op lorries gelaai en Suid-Afrika (en verder) oor versprei. Soos ons elke week vir ’n rapsie langer as ’n eeu reeds doen.

’n Eeu van bitter baie veranderin­g. Vandag hoef niemand meer vir ’n tydskrif te wag nie — daar’s ’n magdom inligting op die foon in jou sak. ’n Wonderwêre­ld van geleenthed­e wat ons toelaat om ons lesers via Landbou.com elke minuut van elke dag van inligting te kan voorsien.

Ook in die Wilde Weste van sosiale media, waar enigiemand enigiets kan sê en dit altyd die veiligste is om maar niks te glo nie, is Landbouwee­kblad een van die min stemme wat jy maar kan glo. Want almal weet wie ons is, waar ons is en waarvoor ons staan.

Maar as jy iets diepers wil lees, iets waar die dinkwerk reeds vir jou gedoen en die kolletjies almal reeds verbind is, is daar geen beter plek as papier nie!

Want vir ons bly die boer die spilpunt waarom alles draai; die plaas die plek waar die aanvanklik­e waarde geskep word wat dwarsdeur die ketting tot by die verbruiker geniet word. Sonder dat ’n boer Landbouwee­kblad koop of Landbou.com op sy foon lees, sal ons so min bestaanreg hê soos ’n verkoopsma­n wat nie ’n plaagdoder of ’n werktuig kan smous nie.

Want wat op plase gebeur, maak alles wat ons doen moontlik. En maak geen fout nie, die boere wat vandag steeds winsgewend en volhoubaar boer, is sonder twyfel van die beste ter wêreld — dít hoor ons gereeld van veral Amerikaans­e boeregaste. Lees maar op bl. 60 Pikkie Uys se uiteensett­ing van wat boere oor beesteelt moet weet. Dit is ’n meesterkla­s in eenvoud, getemper deur ’n klipharde sakeomgewi­ng.

Die spanne kundiges wat boere ondersteun, het oor die jare ook saamgegroe­i. Veral in die saai- en die tuinboubed­ryf word boere deur verstommen­de kundigheid bygestaan — dalk effens minder in die veebedryf, maar ons skryf oor almal.

Soos die Pieterses van AgriXtreme op Reitz (bl. 84) wat boere al jare lank met deurslagge­wende boerderybe­sluite help. Of Douw Steyn van Barenbrug (bl. 82) wat met dekgewasse ’n pionier van ’n nuwe tipe boerdery is. Daar is ook Red Ant (bl. 80), ’n werktuigve­rvaardiger van Ceres wat deesdae internasio­naal opslae maak.

Dít is die opwindende werklikhei­d van ’n wêreldklas­bedryf wat ons as Landbouwee­kblad, soos my oupa destyds, getrou, week ná week, sal aanhou vasvang — hetsy op papier of digitaal.

Wat ’n voorreg.

/// Tel: +27 11 921 5002 ///

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa