Landbouweekblad

Kan ou bande op plase ingespan word?

-

Die baie goeie artikel “Gee jou boorgate nuwe lewe” (LBW ,16 Junie 2022) oor die aanvulling van grondwater het betrekking. Die artikel, saam met besoeke aan die Baviaanskl­oof waar vee onttrek en keerwalle gebou word om watervloei te vertraag en my eie onsuksesvo­lle pogings om bande in smeltoonde te brand (vir energie en die herwinning van staal), het my laat wonder of bande wel suksesvol gebruik kan word om waterafloo­p te beperk.

My navorsing het my gelei tot ’n artikel waarin genoem word dat die geraamde 60 miljoen bande in 2011 jaarliks met nog 11 miljoen bande groei. Dit is ’n enorme syfer. Net 4% daarvan is aanvanklik herwin, maar dit het later tot 60% verbeter. Of dit steeds die geval is en wat met bande gedoen word, kon ek nog nie vasstel nie. Ek kon wel vasstel dat die heffing op die verkoop van nuwe bande van R2,30/kg toe reeds R3,8 miljard ingebring het.

My voorstel is dat veral in die droë dele van Suid-Afrika groot matte van sê 50-250 bande in aflooparea­s aan mekaar gebout en geanker en selfs met ’n lagie sand bedek word om ’n versperrin­g te vorm. Dit sal nog grond en slik opvang en só afloopspoe­d verminder en grondwater voed. Die matte kan verhoog word soos benodig na gelang van die toestande.

Die bande word min aan sonlig blootgeste­l en behoort baie jare lank nie te verweer nie, indien enigsins. Indien dit onder slik “begrawe” word, sal dit ook nie aan brande blootgeste­l wees nie.

Hier is dit ’n kwessie van afloopwate­r vroeg voorkeer deur versperrin­gs voor water kan spoed optel. Uit die heffing van R2,30/kg moet boere voldoende vergoeding kry om bande te anker en aan mekaar te bout. Die bande moet direk op plase afgelaai kan word, met ander woorde dit moet boere niks kos nie.

Enige boere wat wil nader staan vir ’n proeflopie? Marius Fischer

Pretoria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa