Landbouweekblad

Markmeeste­r beheer betalings aan boere

-

Die nuwe stelsel van beheerde betalings aan boere wat deur die markmeeste­r van Oos-Londen se varsproduk­temark uitgedink is, kan as ’n unieke en geskiedkun­dige prestasie in die munisipale bemarkings­veld beskryf word.

Só skryf PW Venter, voorsitter van die kommissie vir varsproduk­temarkte, in ’n brief van gelukwensi­ng aan FH du Toit, direkteur van markte in Oos-Londen.

Die brief lui voorts dat die kommissie meen Oos-Londen se mark het nou die ideale stelsel en dat alles moontlik gedoen sal word om die owerhede van die ander groot varsproduk­temarkte in Suid-Afrika én die markagente wat op hierdie markte bedrywig is, oor te haal om dié mark se voorbeeld te volg.

“U stelsel van beheerde betalings aan boere is die eerste in sy soort ter wêreld wat deur ’n mark in gebruik geneem is.”

’n Waterdigte beheerstel­sel vir die uitbetalin­g van verkoopte produkte aan boere is in die verlede as heeltemal onmoontlik bestempel deur instelings wat die saak ondersoek het. Die beswaar daarteen was hoofsaakli­k dat dit te veel geld sou kos omdat ’n yslike personeel daarvoor nodig sou wees.

Dit wil dus nou voorkom of FH, as “vader” van die nuwe stelsel, die “onmoontlik­e” reggekry het. En hy het glad nie eens ’n yslike personeel daarvoor nodig nie. Met die hulp van net een klerk, ’n vrou, doen hy die werk self. Oos-Londen is, toegegee, nou nie die grootste mark in Suid-Afrika nie (dit neem die agtste plek in), maar sy omset is nogtans sowat R2,5 miljoen per jaar. Daar bestaan dus, volgens kenners, geen rede waarom die stelsel nie ook elders op ander markte sal slaag nie.

Die stelsel kom daarop neer dat die markagent verplig is om elke dag se werk finaal af te handel sodat hy die volgende dag met ’n skoon blaadjie kan begin. Hy kry 24 uur om die dag se verrigting­e af te sluit. Sewe-uur die volgende oggend moet sy state en tjeks by die markmeeste­r wees. Die markmeeste­r laat ook nie op hom wag nie en binne ’n uur het hy die agente se gegewens kant en klaar nagesienen­isdieboers­e tjek in die pos.

 ?? ?? Vernuwing. ’n Deel van die verkoopsaa­l van Oos-Londen se varsproduk­temark, waar die voortou geneem is met ’n unieke stelsel van beheerde betalings aan boere.
Vernuwing. ’n Deel van die verkoopsaa­l van Oos-Londen se varsproduk­temark, waar die voortou geneem is met ’n unieke stelsel van beheerde betalings aan boere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa