Landbouweekblad

Dié 5 dinge moet Eskom doen

-

DIE antwoord om die kragkrisis op te los, lê nie net in die bou van meer windplase en installeri­ng van sonpanele orals op geboue se dakke nie, maar in ’n hibriede stelsel wat alle beskikbare hulpbronne inspan om SuidAfrika uit hierdie krisis te lei, het Jan Oberholzer, bedryfshoo­f van Eskom, onlangs aan Landbouwee­kblad gesê.

Dié hibriede stelsel sluit nie net hernubare en groen energie in nie, maar ook steenkool, gas en hidrokrag.

“Die liewe Vader het ons land met baie steenkool en gas geseën; ons gaan nie sonder ’n basisladin­g van dié bronne af die kragkrisis kan oorkom nie. As Suid-Afrika 365 dae van die jaar, 24 uur van elke dag krag wil hê, moet ons ’n hibriede model toepas. Ons kan nie net van wind en son afhanklik wees nie, al is dit twee baie belangrike bronne.

“Beurtkrag se pyn gaan nog geruime tyd met ons wees. Dit is noodsaakli­k om nou ’n dinamiese plan te hê wat onverpoos kan bepaal watter mengsel van kapasiteit nodig is om die nodige aanpassing­s te maak om die energiebes­kikbaarhei­dsfaktor te verhoog na ons uiteindeli­ke mikpunt van 70% plus.”

Baie meer opwekkings­kapasiteit is krities, terwyl broodnodig­e instandhou­ding van sekere kragstasie­s voortduur.

“Ons kan nie nié in stand hou nie; dit is eenvoudig nie meer ’n opsie nie.”

Volgens Oberholzer weet die nutsmaatsk­appy lankal wat gedoen moet word. “Daar is vyf dinge wat nou aandag moet kry sodat die pynlikheid van beurtkrag verlig kan word. Hierdie is slegs die interne dinge waaraan Eskom moet werk. Die eksterne kwessies, soos regeringsb­eleid en sekere regulasies, is ander owerhede se verantwoor­delikheid.”

1. Geld moet betyds bewillig word sodat Eskom se planne vir instandhou­ding, distribusi­e en opwekkings­vermoë uitgevoer kan word. Dit is volgens hom nodig om hierdie geld betyds te kry sodat skedules nie agter raak nie, soos wat wel al gebeur het.

“Ons vra al vir meer as drie jaar bykomende geld om opwekking uit te brei en is teleurgest­eld dat dit so lank duur om genoeg geld hiervoor te bekom.”

2. Bykomende kapasiteit is nodig om sekere eenhede van die netwerk af te haal sodat die nodige instandhou­ding gedoen kan word.

3. Al is die vraag na elektrisit­eit baie hoër as die aanbod, kan daar nie met instandhou­ding van veral die ouer kragsentra­les gesloer word nie.

4. Hy is baie trots op die werknemers van Eskom en sê mense-kapitaal is Eskom se belangriks­te en duurste bate. “Ons moet egter dinge anders doen om mense te lok, op te lei, te ontwikkel, te behou en in ons mense te belê. Ons moet die skep en groei van ons eie talentpoel binne Eskom vestig.

“Om dit te doen, moet ons teruggaan na die basiese beginsels en een deurslagge­wende voorbeeld is ons jong gegradueer­des. Hierdie gegradueer­des beskik oor teorie, maar kort broodnodig­e praktiese ondervindi­ng.

Die enigste manier om hierdie kwessie aan te pak, is om ’n ervare mentor toe te ken aan elke jong gegradueer

de wat volle aanspreekl­ikheid aanvaar vir hierdie noodsaakli­ke opleiding en ontwikkeli­ng vir die duur van die opleidings­program – normaalweg twee jaar. Indien die mentor nie tevrede is met ’n individu se vordering nie, moet sodanige leerprogra­m vir ’n tydperk van drie tot ses maande verleng word voordat ’n permanente aanstellin­g gemaak word.”

Hy glo dit is ook belangrik dat mentors die nodige aansporing en erkenning moet ontvang vir hierdie uiters belangrike taak met die doel om ’n soliede en volhoubare talentwerw­ing vir Eskom te verseker.

“Suksesvoll­e transforma­sie is uiters belangrik, maar moet eties en sistematie­s aangepak word en nie tot nadeel van die volhoubaar­heid van die organisasi­e nie. Transforma­sie gaan nie net oor die getalle wat ons aanstel nie, en ek is bevrees dit is waar ons onsself in groot mate bevind met ’n chroniese tekort aan vaardighed­e en ervare personeel.”

5. Ondanks sy lojaliteit teenoor Eskom is hy nie blind vir sy werkgewer se foute en tekortkomi­nge nie, en draai nie doekies om oor die impak van korrupsie en misdaad in Eskom op die kragverska­ffer se vertoning nie.

“Korrupsie en misdadighe­id in Eskom-geledere strek oor die hele land; nie net in sekere provinsies nie. Dit is orals en binne Eskom word dit aangepak, maar die owerhede moet ook betrek word en hul deel doen. Eskom kan nie die rol van die polisie of Valke speel nie.”

 ?? FOTO: FAAN VAN NIEKERK ?? Die oplossing vir SuidAfrika se kragproble­me lê in ’n hibriede kragstelse­l wat alle beskikbare hulpbronne in kombinasie gebruik.
FOTO: FAAN VAN NIEKERK Die oplossing vir SuidAfrika se kragproble­me lê in ’n hibriede kragstelse­l wat alle beskikbare hulpbronne in kombinasie gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa