Landbouweekblad

‘Gebruik 2022 as riglyn vir winterprod­uksie’

- — JOANIE BERGH

BOERE in winterreën­valgebiede moet kyk wat hulle verlede jaar gedoen het en besluit hoe hulle vanjaar daarop kan verbeter.

Giel Hugo, ’n onafhankli­ke weervoorsp­eller, verwag in hierdie gebiede soortgelyk­e weerstoest­ande as in 2022, en meen boere moenie groot veranderin­ge maak as iets in die verlede gewerk het nie. “Geen ekstreme hitte of koue is op pad nie,” sê hy.

Hy sê al was die koring-, graan- en kanola-oeste verlede jaar kleiner weens oorstromin­gs op plekke, was die oesgehalte steeds goed.

Grondvog

Alles gaan oor goeie tydsbereke­ning. “Kyk gedurig na die weervoorsp­ellings. Daar was verlede jaar boere wat etlike dae voor groot reën geplant het en gevolglik hul hele oes verloor het.

“Tans is die grond reeds nat en in Mei, as die planttyd begin, sal die grondtoest­ande ideaal wees. Die oppervlak sal reeds droër wees en voldoende vog sou reeds in die grond gesak het.”

Hy glo grondtoest­ande in die Wes-Kaap is gunstig.

“Tafeldruif­boere het verlede jaar ’n terugslag beleef in die sin dat pluktyd vroeër moes begin en groot hoeveelhed­e tafeldruiw­e het in die slag gebly weens oormatige reën. Die voordeel nou is egter dat die streek meer as normale reën in Januarie en

Februarie gekry het, wat die grondvog goed aangevul het.”

Hy sê plante sal ná planttyd sterk genoeg wees om enige weerstoest­ande te trotseer en dat vanjaar se wintergewa­sse goed behoort te vaar ‒ indien nie beter as die vorige jaar nie.

Die westelike dele van Suid-Afrika kan weer eens gematigde weerstoest­ande verwag ‒ nie té koud, té warm of te veel reën nie.

La Niña

Dit lyk op die oomblik of temperatur­e gaan daal en koue fronte wel gaan oorbeweeg, maar teen druktyd was die hoogdruk verder suid as wat dit moet wees en die laagdruk verder noord.

“Dié wanbalans gaan bepaal hoeveel reën ons kan verwag, hoe koue fronte die land gaan binnekom en hoe gereeld. Dit kán ’n afwyking in reënval meebring.”

Dit wil egter voorkom of die Weskus droër as normaal gaan wees en dat die Overberg óf normale óf ondernorma­le reëntoesta­nde gaan ervaar. Boere in dié streke het oor die jare reeds aangepas en maniere gevind om desondanks steeds goeie oeste te lewer.

Hugo sê die komende La Niña-effek het nie ’n direkte impak op winterweer nie, maar versterk die Benguelase­estroom, wat dan kouer lug teen die Weskus gaan hou.

Dit is voordelig omdat die weste van Suid-Afrika dan meer koue fronte kan sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa