Landbouweekblad

Insetkoste is ‘Vyand nr. 1’

’n Groeiende gaping tussen die stedelike en platteland­se inflasieko­ers kan verreikend­e gevolge inhou.

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE inflasieko­ers in platteland­se gebiede het die afgelope paar maande aansienlik vinniger as dié in stedelike gebiede begin styg.

“Dit is kommerwekk­end, aangesien platteland­se gebiede tradisione­el uit verbruiker­s met ’n laer besteebare inkomste as in die stede bestaan,” sê prof. James Blignaut, hulpbronek­onoom aan die Universite­it Stellenbos­ch. “Wanneer inflasie dan die armer deel van die bevolking in so ’n mate raak dat voedselsek­erheid in die gedrang kom, skep dit spanning wat tot onstabilit­eit lei.”

Blignaut, ’n spreker op Landbouwee­kblad se onlangse Herlewings­landboukon­ferensie op Reitz, sê die rede vir die gaping lê hoofsaakli­k in wat op die platteland met die inflasieko­ers vir brood en graan gebeur.

“Vir die grootste gedeelte het die brood- en graan-inflasieko­ers saam met die bestaande inflasiema­ndjie beweeg, maar oor die afgelope 24 maande het die inflasieko­ers van brood en graan amper onbeheers begin styg. Ons weet ook dat in platteland­se gebiede brood en graan se bydrae tot totale inflasie baie hoër is as in die stede en dat dit dus die rede vir die ontkoppeli­ng is.”

Kommoditei­tspryse

Volgens Blignaut is die grootste rede vir die reusestygi­ng in die inflasieko­ers van brood en graan die veranderin­g in kommoditei­tspryse.

“Mielie-, koring-, sojaboneen sonneblomp­ryse het oor die afgelope drie of vier jaar met van 50% tot 100% toegeneem. Hierdie stygings het ’n groot impak op ons bevolking gehad, veral in platteland­se gebiede waar daar net eenvoudig te veel maand vir jou inkomste is.

“Dit is egter net die helfte van die storie, want saam met die styging in kommoditei­tspryse was daar ’n skerp styging in insetkoste ook. (TABEL)

“Dit is die dryfkragte wat die koste van voedsel en die bekostigba­arheid van voedsel tans in Suid-Afrika beïnvloed en skep groot spanning in die mark, tesame met groot onsekerhei­d.”

Blignaut sê slegs sonneblomm­e het min of meer tred gehou met insetkoste, terwyl mielies en sojabone se inkomste onder die insetpryse teruggesak het.

“Mielies se tekort is 27% en sojabone s’n rondom 20%. Dit het ’n groot impak op die winsgewend­heid van die gewasse en skep ’n ernstige situasie. Inflasie neem toe en huishoudin­gs voel die druk wat deur kommoditei­tspryse gedryf word. Insetkoste is dus vyand nommer een.”

Bestuur dié faktore

Boere kan hierdie ongunstige omstandigh­ede slegs oorkom deur dit wat binne hul beheer is, reg te bestuur.

“Winsgewend­heid is onder druk met stygende koste (en) grondgeson­dheid wat agteruit gaan.”

Wanneer boere belê in hul besigheid om na herlewings­landbou oor te slaan, is dit ’n belegging in toekomstig­e voordele. Die J-kurwe wat so ’n veranderin­g tot gevolg het in ’n besigheid se winsgewend­heid, wissel van plaas tot plaas, en die diepte en lengte van die kurwe hang af van bestuursfa­ktore binne die boerdery.

 ?? FOTO: KOBUS VAN TONDER ?? Stygings in kunsmis- en brandstofp­ryse het kospryse die hoogte laat inskiet, veral op die platteland.
FOTO: KOBUS VAN TONDER Stygings in kunsmis- en brandstofp­ryse het kospryse die hoogte laat inskiet, veral op die platteland.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa