Landbouweekblad

‘Ek het die skoolgeld in Afrika betaal’

-

Watter goeie raad het jy al uitgedeel? Twee weke voor Ernie Els die Britse Ope gewen het, het ek vir hom gesê hy moet ophou balle slaan en liewer langer shower as hy wil beter gholf speel. Ek het gesê: “Staan in die shower en speel die bal in jou kop. As jy nóú nog nie ’n bal kan slaan ná al die honderddui­sende balle wat jy al geslaan het nie, sal jy dit nooit aanleer nie. Maar speel met jou kop, dié het jy vergeet.” Hy sê nog altyd dit is die beste advies wat hy gekry het.

Jy is bekend vir jou beginselva­stheid. Waarom is dit belangrik?

Eerstens, ek is nie so beginselva­s soos ek graag wil wees nie. Ek moes gewoond raak aan privaat vliegtuie, goue kaarte en om net aan jouself verantwoor­delik te wees. Ek het weggebly daarvan om my persoonlik­e en beroepslew­e te meng. Daardie skeidslyne het my toegelaat om altyd met dissipline op te tree. Jy sien dikwels dat besigheids­mense nie onderskeid tref tussen hulle en die maatskappy se bates nie, en leef asof albei aan hulle behoort. Ek het net my besigheid se standaarde en my kinders se standaarde op spesifieke vlakke probeer hou. Ek het my kinders grootgemaa­k met die idee dat ons nie uitspattig mag lewe nie. Ja, ek hou van karre, maar dit is nie asof ek met ’n Ferrari ry om raakgesien te word nie. Sulke goed het nie regtig vir my waarde nie. Nou nog is die grootste fights in ons huis as ek vir my kinders sê hulle moenie optree asof hulle bederf is nie. Gelukkig is my kinders redelik stabiel wat die filosofie betref. Maar soms maak ons almal foute.

Hoe het jy jou kinders gemotiveer?

Dit is ’n ou gesegde dat die derde geslag (in ’n familiebes­igheid) vou, maar ek het altyd vir my kinders gesê dit is nie die derde geslag wat faal nie, dit is die tweede geslag wat die derde geslag verkeerd grootmaak. Die eerste geslag kry swaar, die tweede geslag het die voordeel van rykdom en sukses en dan dissipline­er hulle nie die derde geslag nie. Die derde geslag is verward en deurmekaar. Ek het dit probeer vermy en my kinders moes almal ’n werk gehad het.

Waarom bly jy ’n boer?

Dit is vir my lekker en skeppend. Ek wil graag gaan skilder, maar het nog nie die geleenthei­d gehad nie. Ek kan nie sing nie, want my stem wil dit nie meer toelaat nie. In die landbou kan ek 16 ha bloedlemoe­ne plant en dit lyk mooi, al weet jy nie of jy dit verkoop gaan kry nie. Dit is ’n exciting ding om betrokke in te wees en om my besig te hou. Ek dink ek sien geleenthed­e raak. Ek kan met ’n boer oor Afrika praat en sê waarvoor hy moet uitkyk, want ek het die skoolgeld betaal. Dít gee my ’n effense kick, meer as hierdie jong MBA’s wat vir ’n uur by my kom sit en vra wat hulle met hul lewe moet doen om so ryk soos Elon Musk te raak. Ek glo nie hulle sal ooit die boerdery betree nie.

Wat frustreer jou van die landbou?

Die hoeveelhei­d koste, energie en onnodighei­d wat die staat en korporatie­we omgewing van ons vereis. Dis my groot vrees dat die boerderybe­dryf só gereguleer gaan word dat dit die boere sal vernietig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa