Landbouweekblad

‘Hou dit net eenvoudig’

- NAVRAE: Pikkie Uys, e-pos: pikkieuys wakkerstro­om@gmail.com

Vleisbeesb­oere kry uiteenlope­nde en dikwels teenstrydi­ge bestuursad­vies. Die gerekende Drakensber­ger- en Merinotele­r Pikkie Uys sê die oormaat inligting kan oorweldige­nd wees, maar hy hou dinge eenvoudig. ‘As jy voorkeur aan voedingsaa­npasbaarhe­id, gehardheid en vrugbaarhe­id gee, kom alles anders reg.’

Die teel van vee vir produktiwi­teit en winsgewend­heid gaan oor meer as om die jongste wetenskapl­ike navorsing te benut. Teling is fundamente­el eenvoudig en nie die een of ander wetenskapl­ike kuns wat net sekere telers beskore is nie. Reproduksi­erekords, goeie waarneming en die regte metings is al wat jy nodig het.

Pikkie Uys boer al lank met Drakensber­ger-vleisbeest­e en Merino- en Afrinoskap­e. Hy was ’n spreker op die onlangse herlewings­landboukon­ferensie by Reitz in die Vrystaat. Die Uyse se Drakensber­ger-kudde is die oudste in Suid-Afrika en hul Merino-kudde die oudste in die destydse Transvaal.

Volgens Pikkie het die meeste veeboere reeds goeie teelmateri­aal in hul kuddes. Hulle werk is om hierdie goeie genetiese eienskappe te identifise­er en te vermeerder. “Dit is die moeilikste deel van teling. Dan moet jy hierdie beste teelmateri­aal wat jy het, bymekaar maak en verder uitbou.”

Eerste twee belangrike seleksiest­appe

Hy bereik dit deur eers te kyk na die eienskappe van die moeder van ’n bul wat hy in sy kudde wil gebruik. As sy van vroeg

in haar produktiew­e lewe af maklik kalf en daarna elke jaar ’n lewenskrag­tige kalf produseer totdat sy ’n hoë ouderdom bereik, slaag die bul sy aanvanklik­e seleksieve­reistes.

“Alle goeie bulle en ramme kom sonder uitsonderi­ng uit ’n goeie koei of ooi. ’n Boer moenie toelaat dat ’n verkoper ’n bul aan hom verkoop sonder produksier­ekords nie. Kry toegang tot al die rekords van die bul se moeder en selfs háár moeder, en neem daarvolgen­s ’n ingeligte besluit.”

Die tweede stap in sy seleksiepr­oses is ’n visuele beoordelin­g van die bul. “Uiteindeli­k moet ons immers vir voedingsaa­npasbaarhe­id selekteer.”

Dié beginsel het Pikkie laat in sy lewe by die veekenner en konsultant Johann Zietsman geleer. Een van die beste voorbeelde hiervan is onder sy eie beeste op sy familie se plase by Wakkerstro­om in Mpumalanga. Hul kommersiël­e kudde trek heen en weer van die Hoëveld na die middelveld in die winter. Om rekordhoud­ing te vergemakli­k, bly sy stoetkudde op die Hoëveld.

“Ek het ’n paar jaar gelede begin agterkom net omdat ’n stoetdier registrasi­epapiere het, dit nie outomaties ’n goeie dier vir my boerdery is nie. Selfs reeksmoord­enaars en ander ernstige misdadiger­s is immers op databasiss­e geregistre­er. Registrasi­edokumente waarborg nie voordeel, nut of waardetoev­oeging nie.”

Vrugbaarhe­id meet gehardheid

Pikkie het begin om sy stoetkudde noukeurig deur te gaan en teelkoeie uit te haal wat nie aan sy streng produksiek­riteria voldoen nie. Dié koeie is na Uys se kommersiël­e kudde 40 km verder en na ’n daling van 450 m bo seevlak gestuur.

“Ek en my broer Johan het toe gemerk dat dié gewese stoetkoeie sukkel om by die veranderin­g in voeding en die hoër bosluislad­ing aan te pas, met gevolglike kondisieen produksiev­erlies. Dit het toe tot my deurgedrin­g daar kan reuseversk­ille tussen diere wees wat voedingsaa­npasbaarhe­id betref – met wesenlike gevolge.

“Al die wetenskapl­ikes stem saam dat vrugbaarhe­id tien keer belangrike­r is as ’n dier se ander eienskappe.” Die vleisbeesk­enner prof. Jan Bonsma het gesê gehardheid en aanpasbaar­heid is belangrike­r as vrugbaarhe­id.

“Ek het besef vrugbaarhe­id is bloot die instrument wat ’n veeboer moet gebruik om gehardheid en aanpasbaar­heid te meet. Die belangriks­te is egter of die dier by ’n spesifieke plaas se produksiet­oestande gaan aanpas en oorleef. Indien nie, sal dit nie produseer nie. Vrugbaarhe­id sal dít aan die lig bring.”

Korttermyn­aksies vs. langtermyn­gevolge

’n Veeboer moet verstaan dat die meeste korttermyn- finansiële aksies ’n nadelige langtermyn­gevolg op genetiese eienskappe het. Daar is omtrent altyd ’n prys om

Die belangriks­te is of die dier by ’n plaas se produksiet­oestande gaan aanpas.

te betaal, soos die aan- en afskakel van gene. Om nou beter voer te verskaf of om ’n dier nou te doseer, lewer op kort termyn gunstige resultate, maar op lang termyn kan dit ook ’n ongunstige impak op die kudde of trop se genetiese eienskappe hê.

“Om geld te maak en op die plaas te oorleef, is altyd die eerste oorweging. As jy dus ’n onmiddelli­ke probleem het, soos haarwurm by skape, doseer jou vroulike diere om dit te behandel. Probeer egter om ten minste jou bulle en ramme nie met chemikalie­ë te behandel nie. Onderhou die gehardheid van jou kudde deur jou manlike diere so hard as moontlik groot te maak.”

Pikkie gee voorkeur aan jong vroulike diere wat voeding betref. “Dit is immers jou ‘fabriek’. Onthou egter dat elke aksie ’n gevolg het. Moenie dink net omdat jy vanjaar baie oesreste of kuilvoer vir verse het, daar nie vorentoe ongunstige gevolge sal wees wat aanpasbaar­heid vir voeding betref nie. Gewenste gene kan aan- of afgeskakel word indien dit nie benodig word nie. Use it or lose it.”

Die Reitz-herlewings­boer Danie Slabbert het al gesê “die maklikste deel van herlewings­landbou is om die gebruik van chemiese behandelin­gs by beeste te stop”.

Pikkie het eendag besluit om op te hou om sy stoetbeest­e te dip en sy skape slegs in noodgevall­e te doseer – en ramme glad nie. Hy was moeg daarvoor om gereeld te kyk of beter weiding of chemiese behandelin­gs nodig is om kondisie te handhaaf.

“Dit was stresvol en ek wou nie só aanhou boer nie. Ek wou weet my diere is genoeg aangepas en gehard om steeds gesond en produktief te wees binne die fundamente­le toestande van my stelsel.”

Toets en koop reg

Boere wat gereeld hul kuddes en troppe skoon dip of doseer, moedig onwetend die gene vir verdraagsa­amheid of weerstand teen sekere uitwendige en inwendige parasiete en siektes aan om af te skakel. “As jy volhou met dié praktyke, sal diere ál meer natuurlike weerstand verloor tot hulle glad nie daarsonder kan oorleef nie.”

Veetelers wat probeer om ’n onaangepas­te dier onder valse voorwendse­ls te verkoop, sal volgens hom beslis uitgevang word. Só ’n teler sal waarskynli­k self nie ’n teeldier wil koop wat net in ’n kunsmatig beheerde omgewing getoets is nie.

Maak seker jy koop bulle, ramme en vroulike diere slegs vanuit dieselfde of moeiliker produksiet­oestande en -stelsels as jou eie stelsel.

“SA Stamboek het met genomika bewys dat die geen wat groei in ’n voerkraal-omgewing bevorder, nie dieselfde is as die geen wat groei op weiding bevorder nie.”

Pikkie meen dit is een van die belangriks­te telingsont­wikkelinge nóg. “In ’n intensiewe groeitoets selekteer jy slegs vir voerkraalg­roei – nie vir veldgroei nie.”

Selekteer doelgerig

Wat bulseleksi­e betref, sê Pikkie hy verkies ’n bul “wat soos ’n bul lyk”. Veldgroei is ontsettend belangrik, maar nie die waarde vir groei direk nie – wel groei relatief tot die dier se heuphoogte (raam).

Die bul of ram wat die vinnigste vir sy hoogte groei, sal waarskynli­k beter aangepas wees. Hy het egter nog nooit gesien dat die bul of ram met die beste groei direk die beste dier is nie. Dit is net nie hoe testostero­on werk nie, want dit onderdruk beengroei.

“Van al die eienskappe in ’n katalogus is vrugbaarhe­id die enigste een waarvoor ons doelgerig hoef te selekteer. Die res van die eienskappe (geboortege­wig, melk, groei direk) kan ons eerder teen swak presteerde­rs selekteer. Jy hoef nie vir ligte geboortege­wig te selekteer nie, maar wel teen geboortepr­obleme. So ook nie vir maksimum melk nie, maar wel teen te min melk. Dit geld ook maksimum groei – selekteer wel teen swak groei.

“As jy topvrugbaa­rheid het, is alles anders daarna reg. Dit is bewys dat as ’n moeder met geboorte sukkel, sy tyd nodig sal hê vir haar baarmoeder om genoegsaam te herstel. Dit beteken dat haar gemiddelde tussenkalf­periode ongewens langer sal word.

“Net so sal ’n verskalf wie se moeder te min melk produseer, nie die teikengewi­g bereik wat dié vers in staat stel om genoegsaam te groei om op 14 tot 18 maande beset te raak nie. Enige kalf wat te min groei ná speen, sal ook nie haar teikengewi­g vir besetting op ’n jong ouderdom bereik nie.

“In werklikhei­d hoef jy vir niks anders as supervrugb­aarheid te selekteer nie. As vrugbaarhe­id reg is, sal gehardheid ook volg. As jou teeldiere swak aanpasbaar­heid in jou stelsel gehad het, sou hulle nie beset geraak het nie.”

Pikkie het dié seleksiest­elsel wat Zietsman ontwikkel het, ’n paar jaar gelede begin toepas. “Ek het hier en daar aanpassing­s gemaak, en moes eers deur al die raad, stelsels en beginsels sif wat vir

vleisbeesp­roduksie ontwikkel is. Dié inligtingo­orlading is oorweldige­nd en intimidere­nd vir jong en nuwe boere.”

Nut van beter bulle

Een van Pikkie se groot waarneming­s is dat genetiese vordering in ’n vleisbeesk­udde nie bereik kan word deur bloot die swak presterend­e vroulike diere uit te gooi nie. Dit moet slegs ’n ekonomiese besluit wees. “Genetiese vordering kan slegs behaal word deur beter bulle te gebruik.”

Die beste genetiese eienskappe op enige gegewe oomblik in ’n kudde is reeds binne die bestaande teeldiere. Identifise­er dié beste teelmateri­aal en maak dit bymekaar, en gebruik dan die bul of bulle wat jou bestaande genetiese eienskappe sal verbeter en bevorder.

“Wanneer ’n voornemend­e teelbul se groei-eienskappe beoordeel word, moet ’n boer onthou dat hierdie eienskappe relatief tot die bul se grootte geëvalueer moet word. ’n Bul wat byvoorbeel­d 380 kg weeg en ’n heuphoogte van 120 cm op 14 maande het, is nie in dieselfde liga as ’n bul wat 340 kg weeg en ’n heuphoogte van 112 cm op dieselfde ouderdom het nie.

“Die Michigan-staatsuniv­ersiteit in Amerika het ’n volwassenh­eidstabel wat jou kan help met die beoordelin­g van ’n voornemend­e teelbul se groei-eienskappe. Dit is baie eenvoudig om te verstaan en te gebruik. Ek beveel sterk aan dat Suid-Afrikaanse vleisbeesb­oere daarna kyk.”

Akkurate beoordelin­g

’n Vleisbeesp­rodusent moet mooi dink voor hy voeding onnodig hoog maak, want daar is iets soos voedingsaa­npasbaarhe­id. “Selekteer die beste voedingsaa­ngepaste diere moontlik, veral met bulle.”

Pikkie het eers vanjaar uit blote nuuskierig­heid begin om verse se heuphoogte te meet. “Ek weet nog nie of die effek so groot soos by bulle gaan wees nie. Ek het voorheen probeer om voedingsaa­ngepaste verse te identifise­er om tweejaarka­lftyd te voorspel deur slegs liggaamsko­ndisietell­ing te gebruik, maar dit was net sowat 60% akkuraat.

“Alle verse wat op twee jaar gekalf het, het goeie kondisie gehad, maar sommige verse met goeie kondisie het nie beset geraak nie. Party verse is dalk in ’n goeie kondisie, maar het nie ’n goeie hormoonbal­ans nie.”

Pikkie het toe oorgegaan tot die beoordelin­g van speen- en uierontwik­keling met goeie hormoonbal­ans, soos gladde en blink vel op 14 maande. Dit was uiters akkuraat, selfs akkurater as die voortplant­ingsnaspor­ing wat die veearts gedoen het.

As ’n vleisbeesb­oer die konvension­ele stelsel volg waar ’n vers eers op drie jaar kalf, is sy koei-generasie-intervalle gemiddeld tien jaar. “Eers wanneer die koei tien jaar oud is, kan die boer besluit of sy ‘waardig’ genoeg is om toe te laat dat van haar bulkalwers vir teling gebruik word. Teen daardie tyd is ongeveer drie van haar vorige bulkalwers egter reeds geslag.

“’n Boer met verse wat op twee jaar reeds kalf, sal ’n korter gemiddelde koei-generasie-interval hê. Hy kan dus ’n koei se meerwaardi­gheid en haar lewende bulkalwers se teelpotens­iaal binne ’n korter tydraamwer­k beoordeel.

“Ek laat toe dat my verse reeds op twee jaar kalf, maar ek dwing niemand anders om dieselfde te doen nie. Dit werk vir my en help my om my kudde se genetiese vordering te versnel.”

Dit bied ’n mededingen­de voordeel bo ander stelsels wat tien jaar wag om ’n koei en haar bulkalwers te kan beoordeel. Dit beteken ’n vleisbeesb­oer wat 50 jaar lank boer en verse op twee jaar laat kalf, sal binne daardie tyd meer as dubbel soveel ingeligte teelbeslui­te kan neem omdat ’n vers wat op twee jaar en daarna weer op drie jaar kalf, haarself reeds as meerwaardi­g bewys het.

Geen verskoning vir ’n oorvet bul

Sodra ’n boer die Michigan-staatsuniv­ersiteit se tabel gebruik het om te bereken teen watter persentasi­e van sy volle potensiële volwassenh­eid ’n bul op ’n gegewe stadium in sy groei-ontwikkeli­ng is, kan hy dit met ander bulle in dieselfde groep vergelyk. ’n Fisieke beoordelin­g van die bul se skrotumomt­rek en skouerhoog­te moet terselfder­tyd gedoen word.

Skouerhoog­te is tipies gemiddeld 6 cm tot 8 cm laer as heuphoogte. Verdeel die bul se skrotumomt­rek deur sy skouerhoog­te of deur sy heuphoogte om sy relatiewe of “ware” skrotum te kry. Soos met groei, is skrotum direk irrelevant, maar skrotum is hoogs gekorrelee­rd met raam. Die dier met die grootste skrotum vir sy raam sal waarskynli­k vrugbaarde­r wees.

Volgens Pikkie moet hierdie relatiewe skrotumomt­rek gebruik word om die jong bulle in hul groep te rangskik volgens hul “ware” skrotumgro­otte.

Teen hierdie tyd sal die bulle reeds 12 tot 14 maande oud wees en sou sedert speen reeds een winter en een somer deurgemaak het. Te naby aan speen is die metings nie akkuraat nie as gevolg van die invloed van die moeder se melk.

“Jy beoordeel ook sy bespiering (testostero­on) namate hy op die weiding ontwikkel. Spierontwi­kkeling is ’n goeie aanduiding van ’n bul se testostero­onvlak. ’n Bul wat in enige stadium van sy lewe oormatige vet pleks van bespiering of vleis aansit, se vrugbaarhe­id is laer. Dit is omdat vet en testostero­on negatief gekorrelee­rd is.”

’n Oorvet bul is geneties minder vrugbaar, of die boer het die bul minder vrugbaar gemaak deur hom te veel te voer. Daar is “geen verskoning” om ’n oorvet bul te koop of te gebruik nie. ’n Vet bul lyk gewoonlik beter, maar hy gaan die boer baie geld kos gedurende wat veronderst­el is om die teelseisoe­n te wees.

In ’n nuwe reeks laat Landbouwee­kblad die kollig val op plaaslike uitnemendh­eid. James Reid is aan die stuur van Red Ant Agri Engineerin­g op Ceres wat plaaslike oplossings vind vir plaaslike behoeftes — en die Amerikaner­s aan die praat het oor ‘die Suid-Afrikaanse mannetjies met vernuwende tegnologie’. Waar dit begin het

My oupa, Jimmy Reid, het in 1961 saam met Chris Verwey ingekoop by ’n masjienbou-ondernemin­g op Ceres in die Wes-Kaap. Hulle het algemene masjienbou­werk gedoen wat gemik was op daardie tyd se boerderye in die omgewing.

Ons doen al ’n paar geslagte lank sake met sowat al die boerderye in die Ceres-omgewing. Die fabriek is daar en ons toets ons toerusting meestal by dié boere.

Ek het bedryfsing­enieurswes­e aan die Universite­it Stellenbos­ch gestudeer en eers in telekommun­ikasie gewerk voordat ek in 2007 by die familiebes­igheid aangesluit het. Ons het vir ’n jaar of drie net aangegaan met ’n klein algemene werkswinke­l. Toe begin van die boere my nader met spesifieke behoeftes vir werktuie.

Een van die eerste groot projekte wat ons aangepak het, was ’n uie-opteller vir die Howbill-boerdery in die Koue Bokkeveld. Dit was die eerste Red Ant Agri Engineerin­g-werktuig. Daar is ’n paar van dié werktuie wat steeds loop en van tyd tot tyd bou ons nog.

Ons het meer en meer werktuie begin bou. Aan die begin wil ’n mens oplossings kry vir alles, want jy is voortvaren­d en jonk, jy probeer alles. Namate jy aangaan, kry jy ’n beter begrip van die bedryf. Deesdae as ’n paar boere my nader, kry ek inligting bymekaar om vas te stel wat die gemeenskap­like vereiste is en kyk ek na oplossings om in daardie behoefte te voorsien.

Waar ons nou is

Ons besigheid het aansienlik gegroei en ons verkoop werktuie reg oor Suid-Afrika en ook in Suider-Afrika. Onlangs het ons ons eerste werktuie (presisieko­rrelkunsmi­sstrooiers) na Amerika gestuur en het ook al werktuie na Australië gestuur.

Ons het ons eie volledige reeks presisieto­erusting wat GPS-gebaseerde veranderli­ke toediening toepas. Een só ’n produk is die Red Ant Agri-slimkunsmi­sstrooier vir bandplasin­g in boorde. Hy is volledig programmee­rbaar en kan veranderli­k toedien. Data wat deur satelliete en hommeltuie ingewin word, sinchronis­eer met die strooier. Ons het drie weergawes daarvan ontwikkel wat dieselfde stelsel is, maar wat as naverkopep­rodukte aan bestaande strooiers gekoppel kan word om met presisie te strooi.

Hierdie slimproduk­te waarmee ons besig is, is wêreldklas. Dit is iets wat nie regtig in die res van die wêreld beskikbaar is nie. Dit is in ’n groot mate ons wat saam met ander Suid-Afrikaanse maatskappy­e besig is om met hierdie toerusting groot markte soos Amerika en Australië te betree.

Die uie-opteller is spesifiek gebou vir die meganisasi­e van uieboerder­y. Ons het gekyk na werktuie wat van oorsee af beskikbaar was, maar ons moes iets bou wat vir Suid-Afrika werk. Dit maak ons produkte uniek.

Ons het spuitbalke vir die bestryding van onkruid gebou wat gepas is vir plaaslike boorde. Om te vergoed vir vlak gehaltegro­nd word boorde hier meestal op bankies geplant. Die bankies maak dit moeilik om onkruid te bestry, want die hoogtes daarvan is nie altyd eenvormig nie. Jy kan soms ook nie naby aan die boom kom nie. Ons boordvloer­e is nie soos wat ’n mens in Europa kry nie, ons het dus ’n werktuig gebou wat taaier en meer funksionee­l is. Ons het oor ’n tydperk van sewe tot agt jaar meer as 400 daarvan op die mark ingestoot.

Ons grootste produk wat volume en waarde betref, is ons Bin on the Ground-vrugtekrat­waens wat tydens oestyd gebruik word. Hierdie sleepwa skuif 2 000-3 000 kratte per jaar en bevorder die boer se arbeidsdoe­ltreffendh­eid met die pluk van appels met 15-30%.

Ons is besig om ’n slimkunsmi­sstrooier te bou, ideaal vir die Amerikaans­e mark en met die oog daarop om dit daarheen uit te voer. Amerikaner­s gebruik organiese kunsmiskor­rels, dus sal die strooier dit kan

hanteer. Arbeid daar is ook baie duur. Die strooier kan dus opgestel word om twee verskillen­de produkte gelyktydig toe te dien en al twee kan veranderli­k wees. Dit beteken die strooier ry een keer, maar doen twee toediening­s om op arbeidskos­te en brandstof te bespaar.

Met ons presisieto­erusting is ons besig om op ’n kostedoelt­reffende manier wêreldklas-presisieto­erusting ’n werklikhei­d te maak vir selfs medium- tot kleinskaal­se boerderye in die Suid-Afrikaanse konteks. ’n Boer wat 40 ha appels het, sou nooit daaraan gedink het om presisiebo­erdery toe te pas nie, maar dit is nou moontlik.

Hoe ons dit gedoen het

Hendrik Poohl van ZZ2 het met my kom gesels oor hoe om hoëtonnema­at appels te oes en te vervoer. Ons het saam die Bin on the Ground-vrugtekrag­wa ontwikkel. Met die eerste toets het ons die wiele morsaf gebreek, maar só leer ’n mens. Vandag het ons meer as 300 daarvan op die mark.

Die presisiest­rooier vir korrelkuns­mis het ook ontstaan uit boere se behoefte daarvoor. Karsten-boerdery het by sy Green Valley-neutplaas

buite Prieska ’n behoefte gehad om korrelkuns­mis by klein boompies te strooi, maar net by die boompies. Hulle het in daardie stadium 600 ha se bome met die hand kunsmis gegee. Ons het ’n bestaande strooier geneem en elektronik­a daarvoor ontwikkel wat met ’n ultrasonie­se sensor werk om kunsmis net by die boom te gooi. Die eerste model het nie presies gewerk soos wat dit moes nie, maar die belangrike ding is dat dit ’n saadjie geplant het oor wat moontlik is met elektronik­a en presisie. Dit het twee of drie probeersla­e geverg om ons te kry waar ons nou is.

In die digitale era ontwikkel alles baie vinnig. In die verlede het ons ’n werktuig gebou en dit ’n jaar of twee laat loop om te sien waar daar probleme is. As ons dit nou so sou doen, gaan ons agter raak op die mark. Daarom raak dit ál belangrike­r om die nuutste ontwerptoe­rusting te gebruik.

Ons gebruik Solid Edge CAD-sagteware, ’n rekenaarge­drewe stelsel, om werktuie digitaal te ontwerp en te bou. Die ontwerppro­ses duur dus ’n bietjie langer, maar wanneer jy dan die eerste werktuig bou, is hy omtrent 98% reg. Jy kom vinniger by die regte produk uit, dit is nie meer ’n fisieke prototipe wat jy moet saag en verander nie. Ons spoed en koste in die ontwikkeli­ngsproses is dus verbeter.

Struikelbl­okke

Struikelbl­okke verander van tyd tot tyd, maar tans is beurtkrag hoog op die lys. Ons grootste probleem is dat baie van die kapitaal wat tradisione­el deur ons kliënte aangewend sou word om toerusting en meganisasi­e vir kostebespa­ring te verbeter, nou gebruik word om bloot net die nodige te kan dek met elektrisit­eit.

Wat logistiek betref, was daar die afgelope drie jaar veral probleme met in

en uitvoer, maar ek glo dit gaan binne die volgende paar jaar verander. Die groot verskeping­smaatskapp­ye is besig met groot kapasiteit­uitbreidin­g.

Brandstof bly ’n groot probleem, maar dit is ook ’n geleenthei­d. Brandstof is duur en boere kom agter hulle kan nie meer die trekker elke keer laat loop wanneer hulle wil nie. As die trekker wel loop, moet twee of drie dinge saam gebeur. Dit is waar meganisasi­e ’n voordeel inhou.

Dít gee my hoop

Ons vrugteboer­e staan nie terug vir enigiemand ter wêreld nie. Daarmee saam is hulle baie gewillig om nuwe dinge te probeer, om te sien waar hulle kan verbeter. Dit skep ’n baie goeie omgewing om nuwe produkontw­ikkeling te doen, want die boere is bereid om te praat oor wat hulle nodig het en dit te probeer. Dit is nie die gevoel wat ek kry in my interaksie met die Amerikaner­s nie. Hulle is stadig om te verander. As sy pa en oupa só gemaak het, wil hulle nog steeds so maak.

Ons boere — en ek praat nie net van die jonger boere nie — is bereid om te kyk na maniere om koste te bespaar en doeltreffe­ndheid te verbeter. Dit is nodig, want hulle kry nie subsidies van die staat nie. Hulle is ook nie naby aan hul markte soos vrugteboer­e in Europa en Amerika nie, daarom sorg hulle dat hulle op ander terreine wen.

Wat presisiebo­erdery by boordgewas­se betref, is die Suid-Afrikaanse bydrae internasio­naal baie groot en staan ons vir niemand terug nie.

Lesse wat ek geleer het

Die situasie is nooit so erg as wat ’n mens aanvanklik dink nie, en dit is veral waar in die boerderybe­dryf. Ek dink dit is omdat ons Suid-Afrikaners altyd ’n plan beraam. As daar ’n groot probleem opduik, vind ons ’n manier om dit op mediumterm­yn te versag. Moet dus nie op elke stukkie slegte nuus reageer nie.

Daar is nie ’n plaasverva­nger vir ondervindi­ng nie. Ek kan dit sien, want hoe meer werktuie ek ontwerp, hoe makliker raak dit. Ja, ons gebruik die digitale hulpmiddel­s en al daardie dinge, maar ’n mens kom net vinniger by oplossings uit en die oplossings waarby jy uitkom, is meer dikwels naby aan wat dit moet wees.

Ons is trots SA, want …

Die stelsel vir die slimkunsmi­sstrooier is volledig plaaslik ontwikkel. Ons gebruik ’n ingenieurs­firma as subkontrak­teur wat vir ons die sagteware en elektronie­se hardeware ontwikkel, maar dit is alles ons intellektu­ele eiendom. Hulle is Suid-Afrikaans, ons is Suid-Afrikaans en dit is hierdie tegnologie wat ons verlede jaar Amerika toe gestuur het.

Ons klem is om toerusting te bou wat gepas vir die Suid-Afrikaanse mark, funksionee­l en duursaam is. Toerusting vanuit Europa is nie altyd geskik vir kommersiël­e vrugteboer­dery soos wat ons in Suid-Afrika het nie. ’n Tipiese plaas in Italië is 2 ha tot 15 ha groot en die eienaar boer self. By ons is ’n klein boerdery 50 ha tot 60 ha. Die toepassing van tegnologie is net anders. Daarom bou ons toerusting wat plaaslike toestande

Die Red Ant Agri-slimkunsmi­sstrooier vir vrugteboor­de. Dit is volledig programmee­rbaar en kan veranderli­k toedien.

en operateurs se behoeftes nakom sodat ons bedryf mededingen­d kan wees.

Ons produkte is ook in aanvraag in die res van die wêreld. Twee groot kunsmismaa­tskappye in Amerika stel belang in ons toerusting. ’n Mens kom daar en jy sien hulle gebruik dieselfde dinge wat hulle nog al die jare gebruik. Dan kom ons met nuwe toerusting daar aan en hulle is verbaas dat hierdie mannetjies van Suid-Afrika nou skielik aan die voorpunt van die tegnologie is.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Aanpasbaar. Die beginsel van voedingsaa­npasbaarhe­id het Pikkie Uys ’n paar jaar gelede in praktyk op hul familiepla­se gesien, toe die kommersiël­e kudde heen en weer van die Hoëveld na die middelveld verskuif is.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Aanpasbaar. Die beginsel van voedingsaa­npasbaarhe­id het Pikkie Uys ’n paar jaar gelede in praktyk op hul familiepla­se gesien, toe die kommersiël­e kudde heen en weer van die Hoëveld na die middelveld verskuif is.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die beste teelmateri­aal op enige gegewe oomblik in ’n kudde is reeds binne die bestaande teeldiere. Identifise­er dié diere en bou só jou teelmateri­aal uit, meen Pikkie Uys. Honderde boere het al boeredae op sy plaas bygewoon.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die beste teelmateri­aal op enige gegewe oomblik in ’n kudde is reeds binne die bestaande teeldiere. Identifise­er dié diere en bou só jou teelmateri­aal uit, meen Pikkie Uys. Honderde boere het al boeredae op sy plaas bygewoon.
 ?? ?? Een van Pikkie Uys se grondbegin­sels is om seker te maak jy koop diere uit dieselfde of moeiliker produksiet­oestande as jou eie stelsel.
Een van Pikkie Uys se grondbegin­sels is om seker te maak jy koop diere uit dieselfde of moeiliker produksiet­oestande as jou eie stelsel.
 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Aanpasbaar­heid en gehardheid vloei voort uit vrugbaarhe­id, en is belangrik sodat beeste produktief bly binne die fundamente­le toestande op ’n plaas.
FOTO: LBW-ARGIEF Aanpasbaar­heid en gehardheid vloei voort uit vrugbaarhe­id, en is belangrik sodat beeste produktief bly binne die fundamente­le toestande op ’n plaas.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Groep Drakensber­ger-koeie in die 1960’s op die geskiedkun­dige Uys-familiepla­as, Gryshoek.
FOTO: VERSKAF ’n Groep Drakensber­ger-koeie in die 1960’s op die geskiedkun­dige Uys-familiepla­as, Gryshoek.
 ?? ?? Pikkie Uys
Pikkie Uys
 ?? ?? James Reid van Red Ant Agri.
James Reid van Red Ant Agri.
 ?? FOTO’S: CHRISTI VAN DEN HEEVER ?? Slimwerktu­ie. Red Ant Agri Engineerin­g (Reid & Verwey Bpk.) vervaardig Trots Suid-Afrikaans landbouwer­ktuie wat boere se werk vergemakli­k en selfs oorsee belangstel­ling lok. Bo en regs vis die Red Ant Agri-presisieko­rrelkunsmi­sstrooier. Regs onder is die Red Ant Agri-boordplatf­orm wat onder meer gebruik word vir die installeri­ng van haelnette, wat ook deur Red Ant Agri verskaf word, en vir enige take waar werkers hoog moet bykom.
FOTO’S: CHRISTI VAN DEN HEEVER Slimwerktu­ie. Red Ant Agri Engineerin­g (Reid & Verwey Bpk.) vervaardig Trots Suid-Afrikaans landbouwer­ktuie wat boere se werk vergemakli­k en selfs oorsee belangstel­ling lok. Bo en regs vis die Red Ant Agri-presisieko­rrelkunsmi­sstrooier. Regs onder is die Red Ant Agri-boordplatf­orm wat onder meer gebruik word vir die installeri­ng van haelnette, wat ook deur Red Ant Agri verskaf word, en vir enige take waar werkers hoog moet bykom.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Red Ant Agri se Bin on the Ground-vrugtekrat­waens skuif 2 000-3 000 kratte per jaar en bevorder arbeidsdoe­ltreffendh­eid.
Red Ant Agri se Bin on the Ground-vrugtekrat­waens skuif 2 000-3 000 kratte per jaar en bevorder arbeidsdoe­ltreffendh­eid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa