Landbouweekblad

Wat is van die grootste suksesse wat jy al met dekgewasse gesien het?

- NAVRAE: E-pos: dsteyn@barenbrug.co.za

spesies net tussen die ander verdwyn.

Hoe lyk jul gewildste mengsels? Hoekom is dit só saamgestel?

Ons verskaf nie standaardm­engsels nie. Elke aanbevelin­g word volgens die boer se spesifieke behoefte en omstandigh­ede gedoen.

Watter spesies moet boere altyd by hul mengsels probeer insluit?

Daar bestaan nie só iets nie. Spesifieke spesies word vir spesifieke redes aangewend. Moet ook nie iemand anders se resep probeer dupliseer nie. Ons bied boere grasse, peulgewass­e, brassicas, bioberoker­s en bestuiwers.

Is julle bekommerd oor boere wat moontlik saad gaan begin terughou?

Boere wat na die groter prentjie kyk, verstaan dekgewasse se saadgehalt­e en kultivarke­use is belangrik vir goeie resultate, net soos by kontant- en weidingsge­wasse.

Kry boere dit reg om winterdekg­ewasse sinvol aan te wend in die somerreëng­ebied se droë winters?

Winterdekg­ewasse is een van die makliker maniere om dekgewasse deel van ’n mielie-sojaboon-rotasieste­lsel te maak, veral in die ooste van Suid-Afrika. Die geheim is om die planter direk agter die sojastrope­r te laat loop om so vroeg moontlik te plant. Sojaboonku­ltivars met ’n korter groeityd help dan dat jy vroeër met jou dekgewas kan inkom. Gebruik ook spesies en kultivars wat koueverdra­agsaam is en steeds plantmassa kan gee met ’n laat aanplantin­g. Natuurlik speel die beskikbare vog in die herfs ’n groot rol.

Wanneer en hoe plant die meeste boere hul dekgewasse, en hoe bestuur hulle dit saam met hul kontantgew­asse?

Gewoonlik is daar ’n somerdekge­was voor die normale kontantgew­as se planttyd. Met planttyd kry mielies, sojabone en sonneblomm­e voorrang. Somerdekge­wassse word gewoonlik dan weer in Desember en Januarie gevestig, ná die kontantgew­asse.

Tussenryve­rbouing (intercropp­ing )word gewoonlik in Januarie en Februarie gedoen, terwyl enige oop lande onder vroeë winterdekg­ewasse in die vroeë herfs gevestig word – soms in dieselfde land as die vroeë somerdekge­was. Dan volg die later winterdekg­ewasse ná die sojabone indien daar vog beskikbaar is.

Is daar ’n patroon aan die ontwikkel van hoe boere dekgewasse gebruik?

Dis opvallend dat boere wat die resultate raaksien, altyd op die uitkyk is vir nuwe geleenthed­e om dekgewasse in hul boerdery te gebruik.

Daar is vanjaar nogal baie dekgewasse met hommeltuie geplant. Hoe suksesvol was dit?

Met die nat toestande was hommeltuie ideaal daarvoor. Die hommeltuig se afwaartse winddrukki­ng blaas die saad deur die kontantgew­as se blaredak tot op die grond. Ons het klein, digte sade gebruik wat op die grond kan ontkiem.

Die sukses daarvan is wel baie afhanklik van opvolgreën. Resultate is ook beter in geenbewerk­ingstelsel­s waar daar ’n deklaag is.

Klante wat jaar ná jaar dekgewasse plant se grond verbeter, hul oeste lyk beter in nat én droë jare, hulle verminder hul insette aansienlik en hulle bedryf hul veekompone­nt winsgewend­er.

Wat is jou raad aan boere wat dekgewasse wil begin plant?

Bring tyd in jou lande deur, met jou hande in die grond. Vermy ander se dekgewasre­septe en probeer eerder die basiese beginsels van grondgeson­dheid verstaan. Raak opgewonde! Praat met kundiges. Dink buite die boks en probeer nuwe idees eers op klein skaal. Om tydens die oorgangsfa­se winsgewend te bly, is natuurlik uiters belangrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa