Landbouweekblad

Strewe na gehaltekor­ing met hoër opbrengste

Syngenta se saadnavors­ing, -teling en -ontwikkeli­ng is gemik op gesertifis­eerde saad wat die bedryf se gehaltever­eistes oortref, tot voordeel van die produsent en die verbruiker.

- NAVRAE: Web: sensako.co.za

In Syngenta se koringprog­ram is die hoofklem om die opbrengspo­tensiaal van koringprod­uksie in Suid-Afrika te verhoog, terwyl dit steeds graan van uitstekend­e gehalte aan die verwerker bied.

“Die dryfveer is om saam met ons klante te groei. Die planne wat ons in ons teelprogra­mme beraam en uitvoer, moet uiteindeli­k gestalte kry in gesonde plante en goeie opbrengste op die produsent se plaas. Die produsent se verwagting­e bepaal ons klem en ons moet daaraan voldoen tot bevredigin­g van die produsent,” sê Andries Wessels, verkoops-en-produkontw­ikkelingsb­estuurder vir saad by Syngenta.

“Nuwe genetiese materiaal word in die teelprogra­mme ingebou vir die ontwikkeli­ng van kultivars met ’n hoër opbrengs en beter siekteweer­stand. ’n Koringprod­usent wil binne die beskikbare produksier­aamwerk probeer om sy risiko’s te verlaag en insetkoste besnoei, terwyl hy na maksimum opbrengs streef. Binne ons navorsings- en teelprogra­mme probeer ons hieraan voldoen. Die belangriks­te aspek van enige teelprogra­m is om te voorspel wat ons klante se verwagting­e en behoeftes gaan wees, en dan betyds nuwe produkte te lewer wat nie net daaraan voldoen nie, maar ook stabiel en aangepas is vir die klant se omgewing,” sê Wessels.

Volgens Stephan de Groot, koringtele­r by Syngenta, konsentree­r die maatskappy op die plaaslike ontwikkeli­ng en verbeterin­g van die gewas omdat dit uiters belangrik vir die graanbedry­f is.

“Met die diverse klimaatsom­standighed­e waarbinne koring in Suid-Afrika verbou word, is plaaslike teelprogra­mme baie belangrik. Syngenta het drie teelprogra­mme vir Suid-Afrika wat daarop toegespits is om voortduren­d beter koringkult­ivars bekend te stel.”

De Groot sê die hoofklem is om opbrengs te verhoog, terwyl die plante weerstand bied teen veranderen­de omgewingst­oestande, wat biotiese en abiotiese stremming insluit. Met klimaatsve­randering verander teeldoelwi­tte voortduren­d omdat dit nie net meer of minder vog kan beteken nie, maar ook ’n verskuiwin­g in seisoene en die voorkoms van siektes.

“Ons het twee droëland-teelprogra­mme wat op die WesKaap en Vrystaat konsentree­r, asook ’n teelprogra­m wat koringkult­ivars vir besproeiin­gsgebiede ontwikkel.

“Die Wes-Kaapse koringteel­materiaal beskik oor goeie weerstand teen kroonvrot en baie goeie uitloopwee­rstand. Omdat roesweerst­and ook uiters belangrik is, konsentree­r ons daarop om kultivars te ontwikkel wat al drie hierdie aspekte aanpak. In die besproeiin­gsteelprog­ram is ons op die punt om produkte wat weerstand teen Fusarium toon, bekend te stel.

“In die drie programme selekteer ons ’n groot verskeiden­heid karakterei­enskappe om kultivars te ontwikkel wat goed aangepas is vir die spesifieke gebiede. Die belangriks­te eienskappe is goeie opbrengs wat stabiel is, en goeie graangehal­te. Die kultivars moet ook beskik oor eienskappe soos goeie staanvermo­ë en siekteweer­stand, pitvasthei­d, weerstand teen uitloop, en goeie maal- en bakeienska­ppe.

“Ons plant navorsings-, strook-, blok- en kommersiël­e proewe. In hierdie proewe word die produkte in die Sensakohan­delsmerk teen Syngenta se eie, ander maatskappy­e en die markleier in die segment getoets,” sê De Groot.

“Omdat omgewingst­oestande van een jaar tot ’n volgende wissel, word meerjarige proewe gedoen om die kultivars se aanpassing en stabilitei­t te bepaal. Die inligting wat uit hierdie proewe ingesamel word, is van onskatbare waarde vir die verkoopspa­n, asook vir telers en navorsers met die oog op toekomstig­e produkontw­ikkeling,” sluit De Groot af.

 ?? FOTO: SYNGENTA ?? Hier val die klem op opbrengspo­tensiaal.
Syngenta het drie teelprogra­mme vir koring waarin die maatskappy vir ’n verskeiden­heid eienskappe selekteer om kultivars te ontwikkel wat goed aangepas is vir die spesifieke plantgebie­de.
FOTO: SYNGENTA Hier val die klem op opbrengspo­tensiaal. Syngenta het drie teelprogra­mme vir koring waarin die maatskappy vir ’n verskeiden­heid eienskappe selekteer om kultivars te ontwikkel wat goed aangepas is vir die spesifieke plantgebie­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa