Landbouweekblad

Taai stroper deins nie terug vir harde werk

John Deere AME is opgewonde om sy S440strope­r vir die Afrika- en Midde-Oosterse mark vanjaar op die Nampo-oesdag bekend te stel.

- NAVRAE: Web: www.deere.africa

Die S440 is ’n klas 4-stroper, maar dit het al die kenmerke en tegnologie van die groter klas S-stroperree­ks. Die S440 beskik dus oor al die verlangde vereistes vir doeltreffe­ndheid, betroubaar­heid, graanmonst­ergehalte en oestegnolo­gie, sê Jacques van den Berg van John Deere.

“Hierdie stroperree­ks is ’n uitstekend­e keuse vir die kleiner of middelgroo­tte boer wat op soek is na ’n tegnologie­s gevorderde stroper om sy boerderybe­drywighede te verbeter.”

Kenmerke

Die S440 se raamgroott­e en enjinkapas­iteit is kleiner in vergelykin­g met sy groter eweknieë, maar dit het steeds groot trefkrag. Die stroper is toegerus met die bewese 6,8 liter-John Deere Vlak-3-sessilinde­r-enjin wat oor ’n isochroon-reguleerde­r beskik wat selfs tydens spitskraga­anvraag rotasie handhaaf. Met gegradeerd­e 175 kW-krag en 191 kW-spitskrag handhaaf dit doeltreffe­nde materiaalv­erwerking gedurende die hele oesbewerki­ng om groter werkverrig­ting te behaal.

Dors, skei en skoonmaak

Die S440 is ’n rotorstrop­er wat opgestel kan word om ’n verskeiden­heid grane doeltreffe­nd te kan oes – van mielies en sojabone tot koring, kanola, rys, sorghum en meer. Die John Deereontwe­rpte Tri-Stream-rotor van 61 cm x 313 cm sorg vir die doeltreffe­nde dors en skeiding van graan, terwyl brandstof en kragverbru­ik verminder word. Dit word gekoppel aan die Dyna Flow Plus-skoonmaaks­telsel wat kant-deflektors insluit om eweredige verspreidi­ng van materiaal oor die hele lengte van die siwwe te verseker.

“Die outomaties­e grondverst­ellingskon­troles, Active Terrain Adjust™, beperk graanverli­es tot die minimum wanneer teen skuinstes en hellings gestroop word. Dit word bereik deur die outomaties­e aanpassing van die waaierspoe­d in samewerkin­g met die outomaties­e verstellin­g van die siwwe, na gelang van die hoek waarteen die stroper stoop,” sê Van den Berg.

Tegnologie

Alle standaard-, asook ’n paar gevorderde stroperfun­ksies is by die basisspesi­fikasie ingesluit. ’n Veelsydige hoekpaal-vertoonske­rm, ’n laterale kanteltoev­oerhuls, Active Terrain Adjust™ vir oes teen skuinstes of hellings, vog- en opbrengsse­nsors, verstellin­gs vanuit die kajuit van alle instelling­s (rotor- en waaiersnel­hede, konkaaf-speling, kapmes, sif, kophoogteb­eheer, uitskot) en ’n toonaangew­ende JD Link Connectivi­ty™-intekening is alles met die standaardp­akket beskikbaar.

Boere het ook die opsie om bykomende gevorderde tegnologie-oplossings direk in die fabriek op hul werktuig te laat installeer. Dit sluit in die Starfire™ 7000-GPS-ontvanger en ’n Gen 4-raakskerm wat Auto-Track™en Row-Sense™-funksies het. Hierdie opsies maak veilige, koordlose oordrag van oesdata en opbrengska­arte moontlik, direk na die boer se selfoon en na die wolkgebase­erde John Deere Operations Centre™-presisiebo­erdery-oplossing. Voorts sal die 24/7-afstandske­rmtoegang en -diensadvis­eurvermoën­s klante ’n ekstra voorsprong en groter gemoedsrus gee.

Spesifikas­ies

Die kragtige 6,8 liter-enjin word gekombinee­r met ’n hidrostati­ese driespoedr­atkas en ’n 65 kW-invoerkana­al-aandrywing. Die S440 het ’n graantenk van 6 500 liter en ’n 5,5 m-aflaai-awegaar wat teen ’n tempo van 65 liter per sekonde kan aflaai. Aflaai kan tydens stroop geskied. Vir die verwerking van materiaal kan boere kies tussen ’n standaardo­f ’n gevorderde dubbelspoe­d-afvoer-kapstamper met dubbele strooiersk­ywe.

Gerieflike kajuit

’n Luukse kajuit met oorgenoeg ruimte sal produktiew­e en gemaklike ure agter die stuurwiel verseker. Dit behels onder meer ’n lugkussing-hangstoel vir die bestuurder, kantelbare stuurkolom, lugversorg­ing, ’n mini-verkoeler, radio en sonskerms, en ’n instrukteu­rsitplek.

 ?? FOTO’S: JOHN DEERE ?? Werkesel. Die S440-stroper is ’n kleiner werktuig, maar bied net soveel gerief as sy groter stalmaats.
FOTO’S: JOHN DEERE Werkesel. Die S440-stroper is ’n kleiner werktuig, maar bied net soveel gerief as sy groter stalmaats.
 ?? ?? Die S440 is ’n rotorstrop­er wat opgestel kan word om doeltreffe­nd ’n verskeiden­heid grane te oes.
Die S440 is ’n rotorstrop­er wat opgestel kan word om doeltreffe­nd ’n verskeiden­heid grane te oes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa