Landbouweekblad

Ná 100 jaar steeds aan die voorpunt

-

AFGRI se bestaan van 100 jaar getuig daarvan dat dié maatskappy die landbousek­tor verstaan en weet wat dit verg om volhoubaar te wees. Met die oog op nóg ’n suksesvoll­e eeu gaan AFGRI nie sy pas van vernuwing verslap nie.

Op 5 April vanjaar vier AFGRI sy 100ste bestaansja­ar. Wanneer hierdie landboumaa­tskappy terugkyk op al die verhouding­s wat hy deur die jare gebou het, is dit duidelik hy is trots om die landbousek­tor te dien. Om ná ’n eeu steeds suksesvol te wees, verg deursettin­gsvermoë, passie en visie.

AFGRI is geseën met leiers wat vernuwing aangryp, die pas aangee vir tegnologie­se ontwikkeli­ng en ’n legio personeell­ede wat die boeregemee­nskap bystaan.

As landbouven­noot is AFGRI trots om deel te wees van talle suksesstor­ies wat Suid-Afrika ’n wêreldleie­r in kosproduks­ie maak. Vanjaar kyk AFGRI terug op 100 jaar en die mylpale wat elke dekade gebring het.

Die eerste 50 jaar van AFGRI se bestaan het baie veranderin­g gebring in hoe boere hul ondernemin­gs bestuur en hoe AFGRI hulle bystaan.

Wie sou kon dink dat 150 boere wat in 1923 bymekaar gekom het om die Oos-Transvaals­e Landboukoö­perasie (OTK) te stig, die landbousek­tor só sou verander? Dit was die begin van ’n reuse-landbouond­erneming met vele vertakking­s wat vandag bekend staan as AFGRI.

Destyds het OTK vinnig gegroei deur opberging en tegniese dienste aan boere in Mpumalanga te bied.

Die eerste 50 jaar ná die stigting is gekenmerk deur deurlopend­e uitbreidin­g van silokapasi­teit, sodat AFGRI vandag oor die kapasiteit van byna 5 miljoen ton beskik.

In 1963 het die koöperasie ’n ooreenkoms met John Deere gesluit vir die verspreidi­ng van sy toerusting in Afrika. Dus vier AFGRI Meganisasi­e ook sy 60 jaar lange vennootska­p met John Deere.

Al die uitbreidin­gs het een doel gehad: volhoubare groei vir die landbou en om te kyk hoe AFGRI boere kan dien as ’n toonaangew­ende maatskappy in die landboubed­ryf.

“Die kern van ons sukses is die waarde van die verhouding­s wat ons bou. AFGRI verstaan die struikelbl­okke in boerdery en probeer om deur die ondersteun­ing van boeredae ’n platform te skep waar boere toerusting kan toets, tegnologie eerstehand­s kan ervaar en bande met ons landbouven­note kan smee,” sê Norman Celliers, uitvoerend­e hoof van die AFGRI-groep.

“Vanjaar sien ons daarna uit om ons eeufees te vier op Nampo, die Swartlands­kou, Nampo Kaap, die Val-boeredag en die Balfour-hooidag.

“Met elke geleenthei­d hoor ons stories van sukses en oorwinning ten spyte van moeilike omstandigh­ede.

“Só weet ons dat die landbou altyd ’n sukses sal wees danksy Suid-Afrika se boere. Soos ons boere altyd ’n plan maak, sal AFGRI altyd daar wees om hulle by te staan.”

Om na die toekoms te kyk en besluite te neem wat voedselsek­erheid en boere se voortbesta­an raak, vereis visie en kennis van ingewikkel­de stelsels, neigings en toekomstig­e eise.

“Spanwerk, talent en die wete dat môre beter kán wees as vandag – dit is hoe AFGRI vandag sy plek vol staan as wêreldklas-verskaffer van landboudie­nste,” sê Jacob de Villiers, bedryfshoo­f van AFGRI.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa