Landbouweekblad

Grootste Bonsmara-kudde blink uit

Vir die tweede agtereenvo­lgende jaar lewer dié kudde van 42 000 diere Paraguay se Bonsmara-eliteplati­numkoei op. Dit span die kroon op 23 jaar se intensiewe seleksie vir die beste koeie, wat ’n spogteelku­dde van 700 opgebou het.

- NAVRAE: gabrielvet@hotmail.com

Die groot afstand tussen Paraguay en Suid-Afrika is nie te ver vir Rubens Forbes Alves de Lima om hom voluit vir die teel van topgehalte Bonsmara-beeste te beywer en sy data met die ras se telersgeno­otskap aan die suidpunt van Afrika uit te ruil nie.

Bella Alianza Bonsmara is deel van ’n massiewe beesboerde­ry by Capitán Bado in die noorde van Paraguay. Daar boer die 76-jarige Rubens met 16 000 koeie wat deur kunsmatige inseminasi­e bevrug en deur 250 SP-bulle gedek word. Sy hele beesboerde­ry bestaan uit 42 000 diere waarvan 80% jaarliks in sy voerkrale afgerond en geslag word.

Ruim 70% van die slagbeeste het minstens 50% Bonsmara-gene.

Dit is waarskynli­k die grootste kommersiël­e Bonsmara-projek ter wêreld.

Driemanska­p

Die stoetery het vanjaar se Bonsmara-eliteplati­numkoei vir dié Suid-Amerikaans­e land opgelewer. SA Stamboek kies elke jaar een koei per ras (in die geval van die Bonsmara ook Elitekoeie in Namibië en Paraguay) vanuit die Logix-databasis om tydens sy galageleen­theid op 1 Mei in Bloemfonte­in vereer te word. Die koeie word volgens uitsonderl­ike produksie, reproduksi­e en genetiese merietesta­ndaarde aangewys.

Die stoetery word bestuur deur Rubens (eienaar), dr. Gabriel Pelissari de Rodrigues (hoofbestuu­rder en veearts) en dr. José Roberto Puoli, herkouervo­edingkundi­ge.

Intensiewe teling

Rubens het eers met Nelore-beeste in Brasilië geboer. In 1999 het hy Bonsmaras aangekoop en die stoetery na Paraguay verskuif. Ná 23 jaar van intensiewe teling het hy nou 700 teelkoeie en verkoop 150 SP-bulle per jaar. Data oor die beeste word na SA Stamboek gestuur waar die beraamde teelwaarde­s saamgestel word.

Hy het die Elitekoei BBA 13-0084 self geteel. Sy is op 7 Maart 2013 gebore en was 31,5 maande oud toe sy self die eerste keer gekalf het. Sy het reeds agt kalwers gespeen, waarvan sewe geregistre­er is, en is weer dragtig. Verlede jaar het die stoetery ook ’n Elitekoei, BBA 11-0159, opgelewer.

Hy vertel die Bonsmara is in 1994 deur Brasilië as nie-seboeras gekies om met ’n plaaslike ras gekruis te word omdat hierdie Suid-Afrikaans geteelde ras in die trope aangepas is. Argentinië het ook Bonsmaraem­brio’s van Suid-Afrika ingevoer. Brasiliaan­se boere kon van daardie bulle se saad aanskaf. Later het ’n protokol met Suid-Afrika die boere in staat gestel om teelmateri­aal van Suid-Afrika in te voer. Hulle het oor jare sowat 20 000 embrio’s ingevoer.

Rubens en José is van plan om hul eerbewys self te ontvang.

“Ons is baie tevrede met die resultate wat ons met die Bonsmara en die gehalte van Bonsmara-vleis behaal.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa