Landbouweekblad

Eenvoud en wins dra gewig

Hou ’n boerdery so eenvoudig moontlik en selekteer deurgaans vir vrugbaarhe­id. Die eienaar van die Romagnola-elitekoei pas hierdie eenvoudige – maar beproefde – bestuursre­sep in sy stoetery én voervloeip­rogram toe.

- CHARL VAN ROOYEN cvanrooy@landbou.com NAVRAE: E-pos: dail@cluesnet.co.za, 082 809 8841.

As ’n beesboer keer op keer die Elitekoei vir drie beesrasse oplewer, moet iets in sy seleksie- en bestuurspr­ogram vir ander telers waardevol kan wees.

Dail van Rensburg van Delareyvil­le het eenvoudige raad vir sy medeboere: Moenie jou bestuurspr­ogram met te veel fieterjasi­es vul nie, maar moet ook nie van vrugbaarhe­id vergeet nie.

Hy boer sedert 1983 op die plaas Kalkpan by Delareyvil­le en besit ook plase in aangrensen­de distrikte. Vanjaar het hy vir die soveelste keer die Elitekoei vir die Romagnola opgelewer. Die Santa Gertrudis-elitekoei vir 2023 behoort ook aan hom en het hy ook al die Ankole-elitekoei opgelewer. Sy stoetdiere word onder die naam Rensbou bemark.

Danksy Dail se streng seleksie vir vrugbaarhe­id het talle koeie in sy kuddes ’n puik tussenkalf­periode. DT 12-0072, die Romagnola-elitekoei vir 2023, getuig van die waardes wat vir hom so belangrik is. Sy vertoon vroulikhei­d en het ’n goeie toplyn en goeie balans – ’n goeie voorbeeld van die moderne Romagnola-koei.

Buiten tydens ’n ernstige droogte word koeie wat nie elke jaar kalf nie, uitgeskot.

“Ek slag selfs stoetkalwe­rs as hulle nie aan die vereistes vir vrugbaarhe­id en groei voldoen nie.”

Gebruik topbulle

Hy gebruik slegs teelbulle waarvan die semen minstens 75% normale sperms bevat, maar verkieslik 90%, en wie se moeders ’n goeie TKP het. Dail bestudeer beskikbare topbulle op die internet en voer dan semen uit Italië en Australië in om genetiese variasie te handhaaf.

Hy het twee kalftye – vanaf Augustus en vanaf Maart.

In groter troppe gebruik hy meer as een bul en doen DNS-ontledings van die beste kalwers om hul vaderskap te bepaal. In kleiner troppe pas hy enkelbulpa­rings toe.

Sy vernaamste bulmark is kommersiël­e beesboere wat kruistelin­g ter wille van basterkrag doen.

Goeie voervloeip­rogram

Dail se uitgangspu­nt van eenvoud en wins word ook op sy voervloeib­estuur toegepas. “Ek bestuur my weiveld op die hoogste vlak om te verseker die beeste produseer optimaal. Hulle word op natuurlike veld en aangeplant­e weiding aangehou, maar party kuddes wei slegs op die veld.”

Sy beeste kry somer- en winterlekk­e om optimale voeding en gesondheid te verseker. Die beweidings­tydperk van die veldkampe (soetveld bestaande uit hoofsaakli­k vinger-, borseltjie-, swartvoetj­ie- en sandkweekg­ras) is so kort moontlik (twee tot drie weke) en dan rus die kamp so lank moontlik (tien tot twaalf maande).

Die boerdery het ook aangeplant­e weiding (bloubuffel- en smutsvinge­rgras) wat elke twee jaar bemes word teen ongeveer 150 kg KAN/ha. Hierdie weiding word meer gereeld bewei na gelang van die beskikbare plantmater­iaal.

 ?? FOTO: DAIL VAN RENSBURG ?? Romagnola-elitekoei, DT 12-0072, spog ná agt kalwers met ’n tussenkalf­periode van 365 dae.
FOTO: DAIL VAN RENSBURG Romagnola-elitekoei, DT 12-0072, spog ná agt kalwers met ’n tussenkalf­periode van 365 dae.
 ?? ??
 ?? ?? Dail van Rensburg FOTO: CHARL VAN ROOYEN
Dail van Rensburg FOTO: CHARL VAN ROOYEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa