Landbouweekblad

Nóg ’n wenner uit vrugbare kudde

Vlotvlei-Senepols se tweede Elite-toekenning vir dié ras bevestig aan die deurwinter­de Theuns Vlotman dat sy teelbenade­ring die teiken tref.

- NAVRAE: E-pos: vlotvlei@yahoo.com, 083 899 7977

Die prestasie van die topkoei uit die Vlotvlei-kudde is nou gekoppel aan haar aanpasbaar­heid. “Daarsonder sou sy nie dié goeie indekssyfe­rs kon behaal nie. Sy is ook die toonbeeld van vroulikhei­d en die soort dier waarna ons streef.” Theuns Vlotman is baie trots op sy “tipiese Senepol” wat haarself in die trop onder normale omstandigh­ede bewys het.

VL 13-0026 is die nageslag van die stoetvaar, VL 10-0001, die stoetery se eerste bul wat hy op ’n veiling aangebied het. Hy vertel die opwinding om sy eerste bul teen R80 000 op die genootskap se nasionale veiling te verkoop, kan vergelyk word met die twee Elitekoeie op sy kerfstok. Verskeie van dié bul se dogters is steeds produktief in die kudde.

Die Elitekoei was 26 maande oud met die geboorte van haar eerste kalf, waarna sy jaarliks gekalf het. Die bekroonde koei is deel van sy kudde se opteelprog­ram vanuit die rooi Angus en is as aanhangsel B met ’n rasegtheid van 75% by SA Stamboek aangeteken. Hy ondervind nog soms probleme met die harige bedekking van die Angus-voorgeslag­te, maar diere wat nie aan die gladde haarkleed van die Senepol vir insekweers­tandigheid voldoen nie, word uitgeskot.

Identifise­er vroegryp diere

Dit strook met die benadering om verse op 15 maande te laat dek. Indien hulle dan nie dragtig raak nie, kry hulle ’n tweede kans om die daaropvolg­ende jaar te kalf. Verse wat nie voor die ouderdom van 39 maande kalf nie, word uitgeskot. “Só identifise­er ons vrugbare, vroegryp vroulike diere.”

Theuns het sowat 17 jaar gelede met die ras begin boer, maar sedert sy aftrede uit die onderwys wy hy ál sy aandag aan die beeste.

Weidingsbe­nadering

Die teeltrop van 100 koeie en verstrop van sowat 60 word op die plaas se rant- en vlakteveld, spruite en vleie aangehou. Die grasbedekk­ing is 90% soetgras, met rooigras (Themeda triandra) as die dominante bedekking. Theuns sê die grassamest­elling is baie smaaklik en hy laat dit oordeelkun­dig bewei.

Hy gebruik ’n aanpasbare beweidings­telsel wat hoëdrukbew­eiding insluit waar dit prakties moontlik is, met die doel om meer diere per hektaar aan te hou. En hy probeer om minstens een derde van die beskikbare weiding ’n volle groeiseiso­en te laat rus.

“Ons lekprogram vir die koeikuddes behels ’n fosfaatlek vir die somer en ’n ureumgebas­eerde proteïenle­k vir die winter.”

Vlotvlei-Senepols is deel van die Grasveld-groep van drie telers wat daarna streef om winsgewend op die Sentraal-Vrystaat se natuurlike weiding te boer.

Die Grasveld-telers verkoop hul bulle jaarliks op die nasionale veiling van die Senepol-beestelers­genootskap, wat vanjaar op 19 Augustus by Circle C, Verkeerdev­lei, aangebied word.

Die Senepol-ras word nog in Suid-Afrika gevestig nadat enkele beeste van 2003 tot 2005 ingevoer is, waarna die meeste telers met opteelprog­ramme begin het. Daar is tans sowat 40 telers landwyd.

Volgens Vlotman word goeie vordering met die teel en gehalte van diere gemaak en die vraag na bulle, veral vir die erfdwang van kruistelin­g, is hoog.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS: Die Senepoleli­tekoei, VL 13-0026, met haar jongste kalf, ’n vers.
FOTO’S: VERSKAF LINKS: Die Senepoleli­tekoei, VL 13-0026, met haar jongste kalf, ’n vers.
 ?? ??
 ?? ?? Theuns Vlotman
Theuns Vlotman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa