Landbouweekblad

Stories wat in die landbou saak maak

-

Zuma-spook herrys

’n Aantal omstrede beleidsbes­luite oor grondhervo­rming wat tydens oudpres. Jacob Zuma se termyn die lig gesien het, maak na verwagting eersdaags hul verskyning in ’n wetsontwer­p oor die herverdeli­ng van grond. Volgens Agbiz sal dié wetsontwer­p waarskynli­k bepalings bevat oor onder meer onteiening, grondplafo­nne en perke op buitelands­e grondbesit. ’n Tweede wetsontwer­p, oor verblyfsek­erheid op kommunale grond, word ook verwag. Agbiz sê in sy nuusbrief dié wetsontwer­pe word tans gefinalise­er en sal waarskynli­k in Mei vir openbare kommentaar gepublisee­r word. Daarna sal hulle na Nedlac gestuur word. Die plan is om die wetsontwer­pe in Augustus of September in die parlement voor te lê.

Stop dié BTW!

BTW moet afgeskaf word op sekere plaaslik geprodusee­rde hoendersni­tte, en dié doelwitte moet ingesluit word in die pluimveeme­esterplan. Francois Baird, stigter van die teenstorti­ngsbewegin­g FairPlay, sê die plan in geheel moet hersien word, “omdat dit tans lyk asof die pluimveebe­dryf gedwing word om sy verbinteni­sse na te kom, maar niemand anders nie”. FairPlay reken deur die snitte wat arm en middelklas­mense die meeste koop, van BTW kwyt te skeld, kan ’n groter impak gemaak word as om alle hoendervle­is BTW-vry te maak, omdat rykes kan kies tussen verskillen­de proteïenbr­onne, terwyl “armer mense se keuse lê tussen proteïen of geen proteïen”. Sien ook bit.ly/3K5mn4n en bl. 20.

Waghond pak dié kosse

Appels, sitrus, piesangs, pere, tafeldruiw­e, aartappels, uie, wortels, kool, tamaties en spinasie word uitgesonde­r in die mededingin­gskommissi­e se ondersoek na mededingin­g in die waardekett­ing vir vars produkte. Hardin Ratshisusu, adjunkkomm­issaris en voorsitter van die ondersoekp­aneel, sê die bedryf se produkreek­s is te groot om alles te ondersoek. Dié produkte verteenwoo­rdig minstens 70% van die produksie en verkope van vars produkte. Die ondersoek moet binne 18 maande vanaf 31 Maart voltooi wees. Lees meer by bit.ly/42BM6bX.

Koring kry nog ’n kans

Syngenta gaan oor ’n jaar sy eerste kommersiël­e hibriede koringsaad in Amerika bekend stel, wat volgens die maatskappy opbrengste met 10-12% kan verhoog. Dié nuus kom kort ná BASF laat blyk het hy gaan ’n soortgelyk­e projek daar beëindig. Paul Morano, Syngenta se hoof vir grane in Noord-Amerika, het aan Successful Farming gesê daar sal genoeg van dié saad beskikbaar wees vir sowat 400 ha in die 2024-plantseiso­en. Syngenta verwag om in 2025 twee kultivars beskikbaar te hê, en dan albei kultivars in 2026 amptelik bekend te stel. Syngenta se projek het in 2010 afgeskop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa