Landbouweekblad

Wat mense op Landbou.com lees

-

In memoriam

Die afsterwe van landbouper­soonlikhed­e kry groot aftrek onder Landbou.com-lesers die afgelope weke. Prof. FJ van der Merwe (91), hoogleraar in veeteelt aan die Universite­it Stellenbos­ch, is op 3 Maart oorlede. Hy was allerweë bekend as Prof. Frans en het onder meer rigtinggew­ende studies in die mineraalbe­hoeftes van plaasdiere en ruvoerbenu­tting gelei (bit.ly/3FT5Ca6).

Jan van der Wath (76), geliefde Boerperdte­ler en stigter van die SA Boerperd Telersgeno­otskap, is op 10 Maart oorlede. Die perde uit sy Lang Carelstoet­ery by Lüneburg het ’n belangrike bydrae gelewer tot die bloedlyn (bit.ly/40F2PcK).

Die ontydige afsterwe van

Willem de Beer (45), van die suksesvoll­e en invloedryk­e Beerseun-boerdery op Ofcalaco naby Tzaneen op 17 Maart, was ’n reuseslag vir dié gemeenskap (bit.ly/3ZjRz4b).

Boere pak misdaad

Boere langs die Vaalrivier by Orkney, Vierfontei­n en Viljoenskr­oon ly miljoene rande se skade weens koperdiefs­tal by hul pompstasie­s, maar in drie gevalle waar boere diewe op heter daad betrap en gesprekke met die polisie en landdroste gevoer het sodat die diewe aan die kaak gestel kan word, het die saakdossie­re verdwyn (bit.ly/3z5pao1).

TLU SA het ’n klag van haatspraak teen Cosatu gelê ná die vakverbond gesê het boere is moordenaar­s, rassiste en verkragter­s (bit.ly/3nkrzse).

Gure weer

Die weerstoest­ande wek altyd groot belangstel­ling op Landbou.com. Vir een Suid-Afrikaanse boerefamil­ie in Mosambiek het sikloon Freddy

670 mm reën gebring

(bit.ly/42Ku1Z6 ),en Matjiesfon­tein in die Karoo het binne 90 minute omtrent 100 mm reën gekry

(bit.ly/40DQqWo). Die vooruitsig­te vir reën in die Wes-Kaap, wat regstaan om te plant, het ook groot aandag getrek, asook vooruitsig­te van ’n komende El Niño-weerversky­nsel (bit.ly/3ZlgPXI).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa