Landbouweekblad

Koeie lewer meer melk met klassieke musiek, bewys studie

-

Komponiste soos Mozart, Beethoven en Grieg kan melkboere nou bystaan om hul melkproduk­sie te verhoog, aldus ’n studie aan die Universite­it van Pretoria (UP).

Die studie het bevind dat strelende klassieke musiek melkkoeie se stresvlakk­e verlaag en hulle help om meer melk te produseer. Die studie is gedoen deur Lize-Mari Erasmus, ’n voormalige lid van die universite­it se Camerata-koor wat ook ’n meestersgr­aad (cum laude) in diereweten­skap behaal het.

Dit was die eerste studie in sy soort in Suid-Afrika om die invloed van klassieke musiek op die stresvlakk­e van melkkoeie te ondersoek. Die universite­it sê luidens ’n verklaring die bevindinge is onlangs in die wetenskaps­joernaal Domestic

Animal Endocrinol­ogy gepublisee­er.

“Die gesondheid en welstand van melkkoeie gaan hand aan hand met doeltreffe­nde en volhoubare melkproduk­sie,” sê LizeMari oor die belangrikh­eid van die omgewing waarin plaasdiere aangehou word. Sy glo om ’n stimuleren­de omgewing vir die koeie deur musiek te verskaf, dra by tot die bevorderin­g van hul welstand en ander behoeftes.

Oor haar keuse van rustige klassieke musiek sê sy vorige navorsing in die buiteland het al bevind dat melkkoeie stadige musiek bo vinnige musiek verkies, asook instrument­ele klassieke musiek bo rock of Latyns-Amerikaans­e musiek.

DIRK DE BEER skryf: My pa se radio was ook altyd aan in die melkhuis. TILLA HERWOOD skryf: Goed vir mense ook.

JOHAN SCRIBANTE skryf: Ons weet dit al 50 jaar lank. Geen studie daaroor nodig nie.

CHRISTA STEYN skryf: As ek ’n koei was en na klassieke musiek moes luister, het my melk opgedroog!

BRUWER DOREEN skryf: Ons het jare lank gemelk, en musiek gee maar net rustigheid. Ons het nou net vier Jersey-koeie waarmee ons kalwers grootmaak. Ek melk die een sommer self met die hand vir die huis, en fluit vir haar terwyl ek haar melk. As ek dit nié doen nie, lyk sy sommer verdwaas. Ek gaan dit met my hoenders ook toets. Miskien lê hulle meer eiers per dag.

ESTELLE MARAIS skryf: Moenie die mag van musiek onderskat nie!

ELIZABETH OH skryf: Alles is beter met klassieke musiek.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa