Landbouweekblad

Sorg dat jou sake in orde is

Dit is noodsaakli­k dat jou boedel in orde moet wees, soos uiteengesi­t in jou testament. Hier is raad oor wat om in ag te neem.

- NAVRAE: andre@buslegal.co.za

Jou boedel sluit alles in wat jy besit, dus wat op jou naam is. Vaste eiendom of onroerende dinge, soos huise en plase, en roerende besittings, soos meubels, juwele, vuurwapens, kontant, beleggings, lewende hawe en aandele in maatskappy­e, moet vererf as jy sterf. Jou besittings vererf na iemand anders of na instelling­s.

Jy het ’n testament nodig om self te besluit wie jou bates erf, anders bepaal die wet wie jou besittings gaan kry. Ná jou dood word jou bates bymekaar gekry en jou skuld betaal, en die oorblywend­e besittings word uitgedeel. Dit word beredderin­g genoem. Die eksekuteur behartig die proses. Jy kan self ’n eksekuteur kies in jou testament, anders kies die meester van die hooggeregs­hof een.

Gedurende die beredderin­g word ’n likwidasie-en-distribusi­erekening opgestel, wat ’n opsomming van jou bates en laste is en wie wat volgens die testament erf. Daar moet genoeg kontant wees om die boedelkost­e te dek. Verdere kontant is ook nodig vir die versorging van die naasbestaa­ndes wat agterbly.

Beplanning vir individue

Dit gaan oor die struktuur van hoe die boedel se bates saamgestel is en waar die eienaarska­p van die bates lê. Sekere bates kleef aan die persoon en ander bates lê in maatskappy­e, beslote korporasie­s (BK’s) en in trusts. Sekere mense dryf handel en boer in hul eie naam (eenmansaak) en ander gebruik maatskappy­e, BK’s en trusts.

Boedelstru­kture moet belastingg­unstig wees. Om sekere strukture te verander, is soms nie kostedoelt­reffend nie. Elke mens se boedeluitl­eg verskil van ’n ander. Hoe jy getroud is en of kinders later besighede oorneem, het ook ’n invloed.

Nadat al die relevante besonderhe­de, dokumentas­ie en inligting van die kliënt verkry is, is deurdagte planne en scenario’s van kundiges nodig om die kliënt se persoonlik­e en sakerisiko’s te identifise­er en oplossings daarvoor te bied.

Boedelbepl­anning moet holisties gedoen word, waartydens ’n kliënt se bates en laste, sy testament, besighede en trusts moet sinchronis­eer. Jy moet presies weet wat die toedrag van sake gaan wees as ’n persoon of sy gade sterf.

Alle risiko’s moet ondervang wees ten tye van afsterwe, wat beteken dat daar genoeg kontant is vir boedelkost­e en vir borgskappe wat onderteken is, en vir die versorging van die gade en kinders. Testamente moet geoudit en gewysig word waar nodig om dit uitvoerbaa­r te maak. Trusts word ook geoudit en verander, waar nodig, en moet reg geadminist­reer word.

Belasting het ’n groot invloed tydens die beplanning­sfase. Daar word gekonsentr­eer op die vermyding van verskeie soorte belastings sover moontlik, soos inkomstebe­lasting (met spesifieke verwysing na artikel 7C, artikel 9HA en artikel 25 van die Inkomstebe­lastingwet [Wet 58 van 1962]), skenkingsb­elasting, belasting op toegevoegd­e waarde (BTW), kapitaalwi­nsbelastin­g (KWB), hereregte en boedelbela­sting.

Koste word ook in ag geneem, soos eksekuteur­s- en begrafnisk­oste en meestersge­ld.

’n Geldige testament

’n Testament is die skriftelik­e dokument waarin jy jou wense uiteensit oor hoe jou bates ná jou dood verdeel moet word. Dit moet skriftelik en duidelik vrywillig wees, met die duidelike bedoeling dat die dokument ’n testament is. Dit moet onderteken word deur die testateur of testatrise (of albei as dit ’n gesamentli­ke testament is) in die teenwoordi­gheid van twee of meer getuies (van 14 jaar of ouer) wat ook gelyktydig moet teken. Die testateur of testatrise moet aan die einde van die testament ook teken.

Deesdae word die getuies se persoonlik­e besonderhe­de ook agter in die testament opgeteken. Elektronie­se handtekeni­nge is nie toelaatbaa­r op testamente nie. Waar iemand met ’n merk teken, moet dit deur ’n kommissari­s van ede op elke bladsy gesertifis­eer word. Die kommissari­s kan die testament ook ná die tyd sertifisee­r, maar hy moet teenwoordi­g wees tydens onderteken­ing. Getuies en die opsteller van die testament mag nie erf nie.

Intestate erfreg

As die oorledene nie ’n testament het nie, geld die intestate erfreg. Dit beteken die gade en kinders erf in kindsdele (gelyke dele), maar die gade moet minstens R250 000 erf. Wetlik aangenome kinders erf ook intestaat. As daar nie ’n gade of kinders is nie, erf die ouers van die oorledene om die helfte. As hulle nie meer lewe nie, erf hul ander kinders of die afstammeli­nge van daardie kinders.

’n Erfgenaam kan afstand doen van sy erfporsie. Erfgename kan ook ’n herverdeli­ngsooreenk­oms sluit oor die bates wat vererf word.

Die eksekuteur se magte word in die testament uiteengesi­t. Saamblyers (soos ’n man en vrou) sonder ’n kontrak kan nie intestaat van mekaar erf nie. Indien daar ’n universele vennootska­p tussen saamblyers is, kan die oorlewende se bates in die testament beskerm word dat dit nie binne die oorledene se boedel val nie.

Elke mens wat ouer as 16 jaar en by sy of haar volle positiewe is, kan ’n testament maak en het testeervry­heid, maar die bemakings mag nie ongrondwet­lik of onwettig wees nie. ’n Testament moet ook alle vorige testamente herroep.

André Eloff (CFP®), lid van Fisa, en AJ du Plooy is verbonde aan Business and Legal Consultant­s.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa