Landbouweekblad

‘Daar is géén nadele aan naspeurbaa­rheid’

Hoër speenkalfp­ryse en minder skuiwergat­e vir veediewe is maar enkele voordele wat ’n naspeurbaa­rheidstels­el inhou. Tog sloer ’n paar broodnodig­e stappe om dié bal aan die rol te kry.

- Za). www.lits.csir.co.

DIE toetsfase van die Livestock Identifica­tion and Traceabili­ty System (Lits SA) is suksesvol afgehandel in sewe provinsies. Daaronder tel gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word.

Willie Clack, medevoorsi­tter van Lits SA, sê die toetse het bewys dat die Lits SA-stelsel die potensiaal het om die beheer van dieregeson­dheid en veehandel in Suid-Afrika deur doeltreffe­nde identifika­sie en naspeurbaa­rheid te verbeter. Die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng maak egter nie die inwerkings­telling daarvan ’n voorrangsa­ak nie.

Watter voordele sal Lits SA vir boere en Suid-Afrika inhou? Suid-Afrika se mededinger­s op die internasio­nale mark vir diereprodu­kte, waaronder buurlande, het goed gevestigde stelsels vir vee-identifika­sie en naspeurbaa­rheid en het as sodanig ’n mededingen­de voordeel bo Suid-Afrika. Die internasio­nale vraag na diereprodu­kte neem wêreldwyd toe, wat potensiële groei vir die Suid-Afrikaanse veebedryf bied.

Ons produseer te veel hoëwaardes­nitte vir ’n bevolking wat nie ons produk kan bekostig nie. Die rooivleisb­edryf het wêreldkope­rs vir ons hoëwaardes­nitte nodig.

Lits SA sal uiteindeli­k ook tot gevolg hê dat ons hoër pryse kry vir ons vleis, want die produk is naspeurbaa­r. Dit is een rede hoekom boere in Namibië tans baie beter pryse kry as in Suid-Afrika.

Hoe werk die stelsel?

Alle deelnemers (boere, afslaers, voerkrale, abattoirs en ander) registreer op die Lits SAdatabasi­s (dit kan nou reeds gedoen word by

Ná registrasi­e sal beeste op die stelsel geregistre­er kan word.

Daar is onderneem dat die stelsel met ander databasiss­e, soos Intergis en Breedplan, kan integreer. Sodra jy diere verhandel, gaan jy na ’n platform wat die diere na die nuwe eienaar oordra, en by aanvaardin­g van die transaksie sal die nodige wettige dokumente, voorsien deur die stelsel, geskep word. Dieselfde geld as jy diere van een plaas na ’n ander verskuif.

Die stelsel maak ook voorsienin­g dat jy dieregeson­dheidsaksi­es, soos inentings en siektetoes­tande, op die stelsel aanbring, wat vir jou ’n dieregeson­dheidsverk­laring aan die koper sal uitreik.

Beeste word gemerk met ’n Lits-oorplaatji­e wat by verskaffer­s beskikbaar sal wees. Wanneer jy ’n nuwe bees koop, moet die dier ’n nuwe oorplaatji­e kry.

Binne die bek-en-klouseer-beheergebi­ede is daar reeds meer as 16 000 vee-eienaars op die stelsel geregistre­er en ongeveer 600 000 stuks beeste. Lede van een telersgeno­otskap het ook geregistre­er en lewer ’n waardevoll­e bydrae.

Wat moet nou gebeur sodat dit ingestel kan word?

Sekere staatsampt­enare moet nou die groen lig gee en dan die nodige wetgewing deur die parlement kry. Die grootste werk is die verwyderin­g van ’n sinnetjie in die Wet op Diere-identifika­sie (Wet 6 van 2002) dat ’n oorplaatji­e nie ’n identifika­siemerk is nie.

Die bedryf moet ook die nodige druk begin plaas op die staat om sy mandaat uit te voer.

Kan dit help om veediefsta­l te bekamp?

Wanneer Lits SA in wetgewing vervat is, sal jy nie diere kan verhandel sonder dat hulle behoorlik geregistre­er is nie.

Wat gaan Lits SA kos?

Vir die boer gaan dit die koste van die oorplaatji­e (RFID) vir elke dier wees. (Die geraamde koste is R30 per oorplaatji­e.) Jy gaan nie vir die databasis betaal nie. Die databasiss­telsel word gefinansie­r deur die staat (tesourie) en met geld wat die Europese Unie aan Suid-Afrika bewillig het. Watter nadele het Lits SA?

Dit is soos om op te hou rook – daar is geen nadele nie. Die enigste “nadeel” is dat dit die wêreld onaangenaa­m gaan maak vir sekeres in die waardekett­ing wat kommissie verdien of spekuleer, aangesien hulle moeilik biosekerhe­id sal kan omseil.

Veediefsta­l in Suid-Soedan het met 95% afgeneem nadat daar ’n naspeurbaa­rheidstels­el ingestel is.

Daar is boere wat glo dit is nie goed om soveel inligting met die staat te deel nie.

In die huidige moderne omgewing is alles, onwillekeu­rig, reeds in die staat se besit, deur jou identiteit­snommer. Geen aksie kan uitgevoer word sonder ’n identiteit­sdokument nie. Indien jy ’n kredietkaa­rt het en op Takealot bestel, is die inligting beskikbaar indien jy ’n misdaad gepleeg het. Alle voertuie is geregistre­er. Jou geregistre­erde veebrandme­rk is aan jou identiteit­snommer gekoppel.

Die Lits SA-stelsel sal net jou identiteit­snommer vereis en die ligging waar die diere aangehou word. Niemand sal jou inligting gebruik nie, behalwe vir die doelstelli­ngs van Lits SA. Niemand gaan jou vra vir jou BTW- en belastingn­ommer nie.

Indien jy ’n misdaad pleeg en die nodige wetlike prosesse word gevolg, sal die inligting soos alle ander inligting aan die staat gegee moet word ingevolge die Strafprose­swet (Wet 51 van 1977).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa