Landbouweekblad

Kan ’n plaashuis modern én gerieflik wees?

- Uit: Die Landbouwee­kblad, 10 Junie 1953

’n Plaashuis wat volgens die moderne rigting gebou is, kan slegs ’n volmaakte tuiste wees as dit — soos in die geval van die outydse huis — beplan is om die gesin bymekaar te hou en as die tradisione­le gesellighe­id nie oorboord gegooi word nie. Dit is veral die jonger mense wat hul huise laat ontwerp om by hul moderne leefwyse aan te pas.

Dit is wel moontlik om ’n moderne plaashuis só te bou dat dit ál die lede van die gesin tevrede hou. Wanneer voldoende aandag aan die ontwerp bestee word sodat die huis inpas by sy omgewing, en die rigting van die son, reën en hael alles in aanmerking geneem word om dit so gesellig en gerieflik moontlik te maak, behoort almal immers tevrede te wees. Dit spreek vanself dat die meubels wat in so ’n moderne huis gebruik word en die algemene wyse waarop die huis ingerig word, in ’n mate van dié van ’n outydse huis sal verskil.

Dit is egter gebiedend noodsaakli­k dat ’n dergelike, moderne plaashuis deur ’n bekwame argitek ontwerp word. Wil u die huis self bou sonder vakkundige leiding, sal u hoogs waarskynli­k later vind dat daar heelwat plekke is wat anders kon gewees het. Selfs ’n prentjie of diagram uit ’n boek sal nie help nie omdat persoonlik­e wense in verband met die indeling van die huis en die grootte van die verskillen­de vertrekke altyd verskil.

Boonop het die soort landskap waarin u die huis wil bou, ook heelwat met die saak te make. Die huis wat mooi op ’n koppie of teen ’n rantjie lyk, sal glad nie dieselfde gunstige indruk op gelyk wêreld maak nie. Natuurlike ongelykhei­d van die grond kan dikwels nuttig gebruik word om interessan­te lyne aan die huis te gee.

Moet tog nie dink dat dit oninteress­ant is om ’n huisplan deur ’n argitek te laat opstel nie, want daar bly ’n klomp besonderhe­de oor waar u oordeel nodig is en waardeur u die geleenthed­e kry om u eie smaak te toon.

 ?? ?? Prakties. ’n Huis met ’n interessan­te boustyl. Hoewel dit nie ’n groot oppervlakt­e beslaan nie, is daar oorgenoeg ruimte. Die huis is beplan om heelwat werk te bespaar. Dit is nie ’n duur huis nie en daar is heelwat moontlikhe­de om later aan te bou.
Prakties. ’n Huis met ’n interessan­te boustyl. Hoewel dit nie ’n groot oppervlakt­e beslaan nie, is daar oorgenoeg ruimte. Die huis is beplan om heelwat werk te bespaar. Dit is nie ’n duur huis nie en daar is heelwat moontlikhe­de om later aan te bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa