Sal SA tussen krag en kos moet kies?
Mpumalanga het byna die helfte van Suid-Afrika se bewerkbare hoëpotensiaalgrond, maar na raming is meer as 60% van sy grondoppervlak onderworpe aan myn- of prospekteerregte.
SUID-AFRIKA se naaskleinste provinsie is ’n landbou-Mekka en waterbron vir miljoene. Daar word beraam dat vanaf 1987 tot 2011 altesaam 7,5 miljard ton steenkool uit die Mpumalanga-steenkoolvelde ontgin is.
Na raming het Suid-Afrika ’n steenkoolreserwe van 66,7 miljard ton. Druk van veral die junior mynsektor om dié reserwes te ontgin, was reeds vóór die huidige energiekrisis bykans onhoudbaar.
Sedert ’n energiekrisis wêreldwyd ontvou het vanweë die Russiese inval in Oekraïne en steenkoolpryse die hoogte ingeskiet het (GRAFIEK), is daar al hoe meer aansoeke.
Dit lyk trouens nie of daar lig aan die einde van die tonnel vir die opwekking van energie uit fossielbrandstof is nie. Op grond van langtermyn kontrakte wat verskeie steenkoolmyne verbind om steenkool aan Eskom te verskaf, sal Suid-Afrika waarskynlik die volgende 30-50 jaar lank op steenkool kragsentrales staatmaak.
“Die druk op grond en waterreserwes in ons provinsie neem nie af nie,” sê Tommie Ferreira, voorsitter van Mpumalanga Landbou. Die aanslag op grond deur myne neem die afgelope jaar toe en nuwe myne op die provinsie se Hoëveld skiet op soos paddastoele, ondanks wetgewing. Robert Davel, uitvoerende hoof van Mpumalanga Landbou, sê daar is meer as 100 my nl i sien sie-en omgewings toestemming s aansoeke waarvoor die organisasie tans as belanghebbende party geregistreer is.
“Die oomblik wat ons van ’n nuwe aansoek hoor, registreer ons daar as belangegroep. Ons lewer dan algemene kommentaar en waarsku teen die risiko’s wat steenkoolmyne vir die landbou inhou. Ons weet byvoorbeeld daar is nie ’n enkele voorbeeld van ’n steenkoolmyn wat suksesvol gerehabiliteer is sodat die grond en water weer so optimaal vir die landbou benut kan word as voor daar gemyn is nie.”
Davel sê sulke kommentaar val dikwels op dowe ore omdat geen provinsiale of nasionale landbou-unie nie die stryd voluit teen elke mynaansoek kan voer nie.
Gróót geld
Van die mineraleraad se 77 lede is 38 junior myners. Hul inkomste het vanaf 2018 tot 2022 byna verdubbel – van R54 miljard tot R88 miljard. Dit is onbekend watter mynbedryf die grootste aandeel daarin het, maar steenkool speel ’n beduidende rol.
Internasionaal word junior myners gedefinieer as prospekteer maatskappye betrokke by die vroeë stadium van mynontwikkeling. In Suid-Afrika sluit dié term klein tot middelslag myners in en is junior myners in die meeste gevalle ook opkomende myners.
Sedert die Wet op Mineraleen Petroleum hulpbron ontwikkeling( Wet 28 van 2002) in 2004 die staat die voog van minerale gemaak het, was daar ’n skerp toename in klein mynmaatskappye. Navorsing van die raad wys dat die meeste myn- en prospekteerregte in Suid-Afrika tans aan junior maatskappye behoort.
Om dié myners breër toegang tot die uitvoermark te gee, het die Richardsbaai-steenkool terminaal verlede jaar’ n rabat van
20% op uitvoerkoste aangebied as dié groep dit kon regkry om meer as 3 miljoen ton deur die terminaal uit te voer.
Met die internasionale vraag na steenkool op ’n hoogtepunt vanweë die energiekrisis in Europa verhandel steenkool tans teen R2 500-R3 000/t, maar junior myners sukkel om daaruit munt te slaan omdat hulle, anders as groot mynmaatskappye soos Thungela, Exxaro, Seriti Resources en Glencore, nie die kapitaal het om probleme, soos beurtkrag en swak infrastruktuur, te oorbrug nie.
Die meeste (49%) steenkool word na Indië uitgevoer. In 2022 het die uitvoer van steenkool wêreldwyd volgens die webwerf Mining Technology met 11% tot 73 miljoen ton gestyg. Ander uitvoermarkte sluit in Europa, Pakistan, China, Suid-Korea, Taiwan en Japan.
Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van 2023 sowat 3 miljoen ton steenkool na Europa uitgevoer, 5,5 miljoen ton na Indië en 3,7 miljoen ton na die lande in die noordooste van Asië. Daardie Asiatiese markte het gehelp om die prysdruk van ’n swakker vraag uit Europa te verlig. Die meeste junior myners verskaf steenkool aan Eskom omdat logistieke probleme met ’n wanfunksionele spoorwegstelsel en gebrekkige toegang tot hawens dit baie duur en moeilik maak vir kleiner maatskappye om uit te voer.
’n Lang skaduwee
Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) waarsku dat huidige en toekomstige mynbou ’n beduidende ongunstige impak op landbouproduksie sal hê, asook langtermyn-implikasies vir voedselpryse en voedselsekerheid. Selfs ná die rehabilitasie van ’n oopgroefmyn in ooreenstemming met beste praktyk standaarde, sal die grond se produksievermoë aansienlik minder wees aangesien grondverlies vanweë erosie ’n paar jaar ná rehabilitasie kan voortduur, sê die maatskappy Limpitlaw Consulting in ’n verslag oor die rehabilitasie van steenkoolmyne in Suid-Afrika.
Des Muller, ’n energie konsultant, sê dit is bykans onmoontlik om oopgroefmyne heeltemal te rehabiliteer omdat die mynbedrywighede so baie materiaal uit die grond verwyder. “In die ou dae is daar ondergronds gemyn en die oppervlak is nie versteur nie. Landbougrond kon dus behoue bly – afgesien waar daar spontane ontbranding plaasgevind het en gifgasse uit die grond gekom het.”
Myne is veronderstel om die bogrond te bêre en dan weer te gebruik as bogrond in die rehabilitasieproses, maar hy sê dit is te betwyfel of dit ooit weer tot vrugbare landbougrond gerehabiliteer kan word. “Ek twyfel ook of daar ooit genoegsame begroting is vir myne om daardie grond te rehabiliteer – veral waar junior myners betrokke is.”
Rehabilitasie ’n mite
Dr. Mark A ken ,’ n onafhanklike omgewings konsultant, sê oopgroef-steenkoolmyne word eintlik na lae vlakke van biodiversiteit gerehabiliteer omdat rehabilitasie programme op kommersieel beskikbare saad met hoë voedingstof-en waterbehoeftes en min omgewings voordele steun.
Boonop sê die sentrum vir omgewingsreg (CER), wat talle myne se aansoeke om omgewings goedkeuring en myn lisensies in Mpumalanga teenstaan, dat die departement van minerale hulpbronne mynregte toeken “sonder om die kumulatiewe impakte op waterbronne, biodiversiteit, luggehalte en voedselsekerheid, (of) die gesondheid of welstand van geaffekteerde gemeenskappe in ag te neem,” al word dit deur die wet vereis.
Die wêreldfonds vir natuurerfenis (WWF) voeg by dat die departement nie belangrike natuurlike bates, soos biodiversiteit en die water wat uit hooggeleë opvangsgebiede aan die landbou en stedelike gebiede verskaf word, in ag neem wanneer lisensies uitgereik word nie.
’n Paneel kundiges wat in 2010 deur’ n interministeriële komitee aangestel i som die bedreiging van suur mynwater dreinering te ondersoek, het beraam dat dit $770 miljoen (R5,9 miljard teen die 2010-wisselkoers) sou kos om dié voortslepende besoedeling in die provinsie hok te slaan en waarsku dat koste sal aanhou styg solank as wat daar nie ingegryp word nie.
Gelukkig vir boere balanseer groot damme, soos die Loskopdam, hulself baie goed en bly besproeiingswater se sout vlakke a s’ n reël in toelaatbare vlakke. Boere doen egter gereeld waterontledings en pas hul kunsmis toedienings aan om nie onnodige hoë natrium (soutvlakke) in die grond te plaas nie.